Alles IS mal!!!

Hoe ironies is dit nie… Oor die naweek kyk ek ‘n film met die titel “Alles wat mal is”. Dit gaan oor ‘n ma wat haarself verloor het tussen trou en ma word ens ens ens. Ek het die film ongelooflik baie geniet, want dit het my so baie herrinner oor hoe maklik dit vir ons vroue is om ons ALLES in alles en almal  om ons in te gooi en onsself te verloor in die proses.

Baie dankie liewe oom Murphy, jy het my vandag weereens herrinner aan werklik hoe mal dinge KAN raak!!! Alles is mal by my vandag…

Die wasgoed se 5 bondels lê nog netso nat in die wasgoedmandjie, die skottelgoed lyk of ek ‘n week laas enigiets probeer het, ek loop in al wat ‘n deurkosyn is vas, my 2jarige seun soek AL die aandag, plus kos, plus water, plus koeldrank, plus die potjie opleiding… maar ek het darm die eerste bondel wasgoed vanoggend opgehang… my hare is in ‘n toestand, dus het ek dit net weer eenvoudig in ‘n semi-bolla vasgemaak met ‘n ‘cheap’ rêkkie, maar ek het darm mascara en blush aan….

Elke tuisbly vrou het waaragtig my innigste simpatie….. Eintlik die wat nie ‘n huishulp het nie… Ek weet nie hoe doen jy dit nie… Ek mis my huishulp sO baie, dink ek gaan haar soen wanneer sy terug is van haar 2 WEKE se verlof!!!! Kyk, ek is nie net ‘n tuisbly mamma nie… Ek het ‘n skoonheid salon van die huis af, en nee, ek doen nie net eenvoudig naels elke dag nie (Niks teen vroue wat net naels doen nie, dit is harde werk op sy eie), ek doen talle ander skoonheidsbehandelings ook, dan help ek ook elke dag uit by ‘n makelaarsmaatskappy, dus het ek nie net een werk nie, ek het twee... Dan natuurlik is my seun op skoolvakansie en moet ek steeds nou nou gaan aandete voorberei en wanneer almal gebad en in die bed is en ek op my moegste is gaan sit die student agter haar boeke…

Hierdie klink seker soos ‘n “pitty party”, maar dalk het hierdie mamma ‘n KERSFEES nodig??? ‘n dag of twee, waar geen man, geen kind en geen werk OF studies my aandag verg nie… Alles is mal by my en dit is nie net vandag nie, dit is elke dag… Ek dien uit daarna om binnekort ‘n afspraak by die haarsalon te maak en dan vir ‘n naweek saam my skoonsus weg te gaan. ‘n naweek waar sy en ek NET GAAN DOEN WAT ONS WIL!! Loop waar ons wil, eet wat ons wil en kyk wat ons wil, op ons eie tyd. Geen kinders wat rondhardloop en vat aan als wat hul ogies sien nie en geen mans wat ongeduldig raak in die winkels nie. Ugh… Dit klink hemels en kan nie gou genoeg kom nie…

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is so baie lief vir my seun en ek waardeer hom so baie, sy onverwagse drukkies, bokkie oë en aanskroef handjies maak als die moeitewerd, jinne, ek is so lief vir hom ek het besluit om nog een te hê!! Hahaha! Maar nietemin, hierdie mamma het nou werklik ‘n breuk nodig, daardie 1% wat ‘n mamma kry om so bietjie selfsugtig te wees en na haar eie sielkundige gesondheid om te sien, wat ek nie gebruik het in die laaste 2jaar nie, gaan ek beslis oor so paar weke gebruik en ek sien uit daarna!!

Nou ja, VENT OVER!!

Dink maar aan my vir die volgende 3dae voor my huishulp terugkom, ek gaan tien teen een verdrink onder die huiswerk…

Alles wat mal is groete!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s