Hou bene hou…. Two weeks to go!

36weeks

Hello daar,

Hier sit ons, 36weke na die DEED, (sal ek sê “opmaak deed) OK OK, TMI!! But you know what I mean. 36weke van swangerskap amper agter die rug en ek gaan dit mis. Ek gaan dit so bitterlik mis. Weet jy waarvoor is ek bang? Meeste sal dalk sê vir die keiser, maar nee, ek is nie bang vir die keiser nie, inteendeel, ek gaan Dinsdag my dokter vra of ek hom kan assisteer in die keiser geboorte. (More about that later). Ek is bang vir daardie leë gevoel na die tyd. Daardie gemis van baba wat so lekker beweeg hier binne my, die wete dat net my kind weet hoe my hartklop klink van binne my, daardie gevoel na die tyd waar jy besef, maar hier is nou niemand meer hier binne wie ek nou net vir myself kan hê nie… Dit is een van die aakligste gevoelens in hierdie lewe en tog word die gemis gevul met die onvoorwaardelike liefde vir jou kind wat nou in jou arms is.

Maar die gemis… O… die gemis…

Dalk is dit juis DIT wat ons vroue aanmoedig om meer en meer en meer kinders te hê? Ja, gister by my prinses se babatee verklaar ek weereens hard en duidelik dat ek oor dit is, ek is oor die seer lyf, ek is oor die naarheid en ek is oor die moegheid, goeie heng!! Ek is oor die hele swangerskap ding en ek het nou my deel vir die nasie bou gedoen… uhm… yeah right… soos ek myself ken, oor ‘n jaar of wat begin ek weer smeek vir nog een. Ag die ou pienk voetjies is so pragtig! Hulle is so cute! Ag my liefie, net nog EEN!!!?? Hmmm, sien hoe vinnig hardloop MY man dr toe vir sy “snip-snip”….  Voel alle vroue so?

Nou ja, genoeg oor die gemis waarvoor ek bang is….

Waarvoor is ek nie bang nie? Ek is nie bang vir die kateter nie. Ja, daardie dikkerige pypie wat hul in jou what-what opdruk tot who knows where… Nope, ek is nie bang daarvoor nie. Nee, ek is nie bang vir daardie hengse naald wat hul tussen jou rugwerwels indruk om die spinaal se medikasie in te spuit sodat jy tenminste jou kind se eerste – van vele – skreeu kan hoor nie. En nee, ek is beslis nie bang OF squeemish oor die idee dat ek gaan wakker wees wanneer die dr my OPEREER NIE. INTEENDEEL, EN HIER KOM DIE ASSISTEER IDEE, SO AS JY GRILLERIG IS VIR SO IETS, SKIP HIERDIE GEDEELTE.

Ek wil self my babadogtertjie uitlig… Yep, jy het reg gelees… Nou ja, verbeel jou hierdie waar die dr my sny – deur AL die nodige lae – dan help hy baba se kop, skouers en arms uit en dan help hy my om my hande onder haar armpies te sit en haar uit my buik uit te lig. Kan jy jou verbeel hoe ongelooflik dit moet wees!!?? Ek het al gesien hoe dit gedoen word en dit maak die ma baie meer deel van die geboorte as wat sy net daar lê en semi-deel is van die geboorte. Wanneer jy op die tafel lê en die laken is op voor jou kan jy NIKS sien nie. Dit is asof jou onderlyf van jou bo-lyf afgesny is en dan na die geboorte werk hul dit weer aanmekaar. Altans, dit is hoe dit vir my voel… so ek hoop my dr is game vir iets anders…

36weke. Daar het soveel gebeur en my lyf het SO baie verander. Ons is deur die naarheid en dit is weer terug, die sooibrand het my amper oor die rand van die krans gestamp, die slapelose nagte en bekkenbeen pyn is so amper, amper op ‘n einde en ek het ‘n hele paar nuwe padkaart lyne bygekry oor my maag. Vanaand is ek 120,5cm in omtrek en BAIE trots daarop. Ons verwag ‘n pragtige gesonde dogtertjie en dit was al die harde werk die moeitewerd. Ouboet kan nie wag om sy babasus te ontmoet nie en het self onlangs weer ‘n baba geword, maar ek embrace elke oomblik wat hy my aandag soek, binnekort sal pappa al die aandag moet gee, want mamma sal weer amper 24/7 ‘n baba aan die bors hê.

Hierdie keer is ek baie meer gedetermineerd op die borsvoeding en dit is tien teen een al waarmee ek gaan besig wees die eerste 3maande, maar dit gaan die moeitewerd wees. Hierdie swangerskap was goed vir my en het ek nie veel opgetel, gewig gewys, nie. Al die gesond eet en oefeninge het vrug gedra. Alhoewel ek maar die laaste ruk bietjie ingegee het met die lekker alles eet, tot die naarheid nou teruggekeer het… nou is ek maar weer op die waterkan.

Ons is ongelooflik trots op ons pragtige dogtertjie wat so mooi gegroei het in hierdie 36weke en sy het nog 2weke oor van lekker snoesig wees hier by mamma. Ek kan nie wag om haar toe te draai in spookasem pienk en haar naels en tone te verf nie. Haarbande, kop bande,pêrels en kristalle is ons voorland en ek het ontdek,

EK IS ‘N DOGTERTJIE MAMMA!!

Netsoveel soos wat ek ‘n seuntjiemamma is kan ek nie wag om hierdie pienkmelkskommelbederf te geniet nie. Ons tassie is gepak vir die hospitaal en ek bid dat ek ‘n privaatkamer sal kan kry. Daar is niks so erg soos om in die middel van die nag wakker gemaak te word deur ‘n vrou wat gekraam het se hele familie wat in die kamer instroom nie. Indien ek nie die voorreg het op ‘n privaatkamer nie, sal ek seker maak die verpleegsters staan wag. Daar is ‘n rede vir besoektye….

Anyhoo, ek hou julle op hoogte van wat die dr sê oor ‘n pasiënt-assistent. Hehehe! Ek is soms maar bietjie in my eie wêreld, maar dis ok, hulle ken my daar. Normaal en voorspelbaar is nie werklik my “cup of tea” nie. So weet die wat my persoonlik ken.

Toodles!!

6 thoughts on “Hou bene hou…. Two weeks to go!

  1. Marlize sê:

    Jy lyk pragtig, en sterkte vir die hele ervaring. Ek het ook keisersnitte beleef in twee verskillende lande:) Met my eerste het ek vir ‘n jaar uitgepomp! En die tweede het ek vir drie en ‘n half jaar geborsvoed. Hoop julle het ‘lactation’ spesialiste daar – hulle is hul gewig in goud werd. VASBYT, VASBYT, VASBYT… tog op die ou end is die groter prentjie ‘n gelukkige baba en ‘n gelukkige mamma.
    Geniet die laaste weke, en die nuwe kleine lyfie. Mag julle ‘n voor die wind bevalling hê.

    • sonell sê:

      Baie dankie Marlize.

      Jip, ek is 100% voorberei vir hierdie geboorte. Ons het nie ‘n lactation specialist naby ons nie, maar ek is darm op La Leche League se facebook page en kry baie info daar. En jy is reg, solank baba en mamma gesond en gelukkig is, maak niks anders saak nie.

      Groete!

  2. Daniel Bezuidenhout sê:

    Mmmm dit is nou ‘n ougat vooruitsig. Klink my jy gaan ‘n stunning Mammie maak! Baie geluk, jy lyk pragtig. Neem tog maar baie fotos van die boep-magie, hulle wil later jare tog te graag weet waar hulle vandaan kom. Sien is glo. Sterkte, ek glo als sal mooi uitwerk – gesssisteerde geboorte en als. Jou baba, jou besluit. Basta met die res.

    • sonell sê:

      Hi daar Daniel.

      Baie dankie! Jip, ek het elke twee weke ‘n foto al geneem van die groeiende boep en twee swangerskap shoots gedoen. Ek beoog om oor die naweek ‘n belly cast te maak! Baie opwindend!

      Groete!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s