So die dokter wou nie byt nie…

Dr Eloff

Hier’s ek weer!

Hallo daar!

Vandag was ons laaste afspraak by die ginekoloog en soos ek gesê het, gaan ek hom vra oor “operasie pasiënt-assistent”. Wel, ek het, maar nee, die dokter wou nie byt nie… Ek verstaan natuurlik sy redes en vir higiëne ens ens ens is dit maar beter dat ek agter my skermpie lê soos ‘n soet mamma en rustig die eerste huil van ons baba afwag. Ek het tog getry… Hahahaha!

Ons roosknoppie weeg min of meer 3,2kg en is so te sê klaar gabak in hierdie oondjie. Kyk, ek geniet swangerskap flippen baie, maar ek is nou moeg… vanaand is my voete geswel en voel die spier wat ek seergemaak het van al die hoes soos ‘n gekraakte ribbebeen. My seuntjie lyk my kry nou weer verkoue, so nog ‘n week se by die huis bly sal dit wees… Sy pampoene is darm nou gesond. Lyk my ons betaal maar hierdie maand ons getroue GP se salaris, want as dit nie my seun is by die dokter nie is dit my man, waarna ek dan medisyne kry vir my sinus… OJA!! Laat ek nou eers weer so bietjie vertel…

Nog nooit het ek besef hoe bang ‘n man eintlik vir ‘n dokter kan wees nie… Ek neem mos my man dokter toe sodat hy weer ‘n gedeelte van die kabel wat aan die elektrodes in sy brein vas is kan laat afknip. Sy liggaam verwerp die kabel, dus moet ons nou elke 6maande of so ‘n stuk laat afknip, maar ons gaan nou weer ‘n spesialis sien om te hoor wat ons daaromtrent kan doen. IN ELKGEVAL… So sit ons en wag vir die dokter in die spreekkamer en my man is bleek… Kyk, ek dink nie dit is die coolste gevoel op hierdie aarde nie en om te dink dat die dokter aan ‘n kabel gaan trek wat in my brein ingaan is ook nie ‘n vooruitsig wat ek wil hê nie, maar hoe kan so sterk man so bang wees? Shame, ek het hom maar probeer rustig maak… Dit het nie veel gehelp nie, maar hy is daardeur soos ‘n man en het oorleef.

Maar toe laat dit my dink…

Ons vroue is ook maar sterk wesens… Ons is fyner gebou as ‘n man en tog sal ons vinger alleen ‘n weermag aanvat. Ons is wakker terwyl ‘n dokter ons swanger buik oopsny net sodat ons, ons kind se eerste huil kan beleef, ons bloei maandeliks vir ‘n hele week en gaan nie dood nie, ons kan van 6uur die oggend tot 12uur vanaand in ‘n paar hakskoene baljaar, sonder om te kla, (nie ek nie, maar daar is sulke magic unicorn vroue wat kan), ons kan dood wees op ons voete na ‘n lang dag se werk en steeds deur die nag vir ons kinders opstaan en deur die volgende dag gaan asof ons 12ure geslaap het!! Ek bedoel… genugtig!! Wys my ‘n man wat dit kan doen? Kyk, ek “diss” nie nou mans nie en ek skeer ook nie almal oor dieselfde kam nie, daar is talle daar buite wat egte juwele is, my man is een van hul, maar dan kry jy van hul wat vinniger op die tafel spring oor ‘n muis, maar ‘n kar se olie check hy soos ‘n baas! Hehehe!

So ons mans en vroue verskil maar, ek gee elkeen hul krediet wat hul toekom, maar ek dink tOg dat vroue die sterker geslag is as dit kom by dinge “handle”. Wat dink jy?

Gister sê my seuntjie vir my: “Mamma, jy my liefie.” Ek sê vir jou, my hart het NET DAAR gesmelt en ek was van voor af verlief op my kind. Vanoggend by die haarkapper nadat my hare geblaas is sê hy vir my: “Mamma hare mooi.” Sommer so, net uit die bloute uit. Ai, moet ek hom eendag afstaan aan iemand wat hom ook gaan liefhê? Ek weet darm dat hy iemand sal kies met dieselfde waardes en standaarde. Altans, ek vertrou so. Ek maak hom groot in ‘n manier waarop dit vir sy vrou sal maklik wees om hom te eer en te waardeer. Ek leer hom dat respek verdien word en om dit te kry, moet hy dit eers gee. In return vir dit bid ek ook dat my toekomstige skoondogter se ouers haar ook met dieselfde respek en waardes grootmaak. Dit maak alles net makliker..

Nou ja, ons sal gou weer gesels.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s