Ontbyt in die bed!!

Ontbyt in die bed

Hallo daar!

Nog nooit in my lewe was ek so dankbaar vir ‘n naald in my hand soos gisteraand nie. Hier’s die storie:

Ek was van plan om vroeg in die bed te klim en sommer lekker te rus aangesien my seuntjie besluit het om vroeg te gaan slaap. Hy het nie te wel gevoel nie. Ek het my vorige blog getik en was oppad bed toe, toe ek ‘n hoesbui kry. Ek het van my vorige verkoue so irriterende hoesie oorgehou. Nou ja, ek dog ek hoes nog so lekker toe klap daar iets in my sy/rug. So tussen my ruggraat en sy. ONMIDDELIK was dit soos ‘n messteek en kon ek nie asem haal, hoes, sit, staan of lê nie. Dit is die seerste seer wat ek nog in my lewe beleef het!! Ja, erger as my ysbene wat vashaak… ek sê toe vir my uiters bekommerde man daar is GROOT fout en ek kry nie asem nie!! Bel my ma sodat sy ons kind kan kom haal en reguit hospitaal toe is ons.

6km was nog nooit vir my vêr nie, maar laasnag was dit so goed ons ry Kaap toe! Daar gekom het die dokter reeds die verpleegsters in kennis gestel dat ek oppad is en binne 10min was ek ingeboek met ‘n drup in die arm om die pyn te verlig. Dokter het vermoed dat ek moontlik ‘n gewriggie in my rug kon seergemaak het en so het ek toe oorgeslaap. Met vanoggend se ondersoek het ons vasgestel dat ek toe al die tyd net ‘n spier seergemaak het en het hul my op die pyn meds gehou tot die physio opgedaag het. Met haar ondersoek het sy bevestig dat ek WEL ‘n spier ernstig beseer het. Omdat ek net voor dra met ons poppie is my maag baie swaar en plaas dit baie stremming op my rugspiere, dus is daar nie baie ondersteuning nie. Soos ek toe nou hoes het die spier in my rug ernstig seergekry en in ‘n spasma ingegaan en inflamasie gekry.

Het jy geweet jy kan jouself in die hospitaal in hoes?

Nou ja, dit was ‘n vrek lang en vervelige dag, ‘n mens kan ook net soveel keer op jou foon rondspeel en vra ek toe die suster vir bietjie leesstof. Al wat daar was, was ‘n brosjure oor hoe om te voorkom dat jou kinders HIV kry tydens jou swangerskap met ‘n prentjie van ‘n Zoeloe wat die HIV virus verjaag… Dit was ‘n baie goeie en insiggewende artikel en al wat daar was om te lees so… Ek het dit maar gelees.

Maar ek is nou weer uit en tuis, by die huis en very very happy! Vir iemand wat gewoond is aan oggend en aand stort het ek my stort weer BAIE waardeer vanaand.

Baie dankie aan elkeen wat my bygestaan het, VERAL my man, moeder en skoonma met julle hulp met ons seuntjie. Dankie aan elkeen wat chocolates en vars klere aangedra het. Ek sal my morsdood skaam as die dokter my moet ondersoek en ek ruik na sweet…

En net soos elke donker wolk, het hierdie donker wolk vir my ook ‘n goue randjie gehad.

Ek het darm ontbyt in die bed gekry!!

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s