Boobs en boude, hier gaat ons!

Belly cast

Hallo daar!

Daar is nou nog net 10 slapies oor voordat ek ons roosknoppie kan vashou en ek begin uiteindelik voel soos ‘n kind voor krismis! Daardie gevoel van opwagting waar ek weet dat ek vir die nuutste en duurste en beste pop gevra het en ek WEET ek gaan haar kry!! Ek word oor 10 slapies bederf met spookasem, pienkmelkskommel en cupcakes… altans, so voel dit. I am favoured by an almighty God whom I can call Father. Ek voel bederf en geniet elke oomblik daarvan!

Vandag het my “skoonsus” my so bietjie kom hand bysit met ons poppelop se kamer en sy het my sommer ook gehelp om die “Bellycast” te maak van my enorme, maar pragtige, maag. Kyk, ek weet nie van jou nie, maar ek het in my lewe nooit gedink mens kan SO dom word met jou tweede swangerskap nie. Porridge brain to the max! Met jou eerste swangerskap kom jy agter daar is ‘n verandering in jou onthou vermoë en jy moet begin lysies maak van als, maar met jou TWEEDE een… Nou daar is vir jou ‘n ander storie. Altans, vir my… Met my eerste swangerskap het ek graad gevang, my MA-GRAAD. Ek het regdeur die swangerskap elke moontlike baba tydskrif verslind, my swangerskap boek het ek week tot week gevolg tot op die letter, ek het presies geweet wanneer wat groei, vorm en beweeg. Ek was so intelligent dat ek my eie baba sou kon vang indien dit sou nodig wees, maar NOU?! Hierdie keer het ek net niks gedoen nie, ek het nie geswot nie, ek het die minimum gelees en ek het die kamer vandag eers klaargemaak… Ek dink nie ek is lui of iets nie, mens is maar net besig, veral as jy reeds ‘n kleuter in die huis het. maar DOM!!?? Dit het ek nooit in my lewe verwag nie… Ek kan nie basiese woorde onthou nie, ek vergeet om my onthou lysies te maak en ek vergeet sommer die nuwe gewasde baba kleertjies in die wasmasjien… Vandag bum ek ‘n lift saam my “skoonsus” dorp toe, want na die rib situasie mag ek nie bestuur nie, dis anyway te vrek seer, ek het vanoggend probeer… Anyway, ek ry saam dorp toe en ons stop by my ma se werk. In die parkering sê ek vir my skoonsus, “Haai kyk! My ma se kar is ook hier!”

WHAT???!!!

Duh Sonèll, sy werk hier… uhm ja. Moving on… HAHAHAHAHA!!!

OK, so dalk was dit nie werklik dom nie, maar ek het beslis soos ‘n dommie gevoel… HAHAHA!

Nou ja, na die dorp besluit ons toe mos nou dit is tyd om hierdie “casting” te doen. Ek pluk die vaseline, skêr, lap en gips uit, gooi die ou laken bo-oor ‘n kussing met twee ou handoeke en strip…. Yep, boobs en boude op die kussing, hier gaat ons!! Ons meng die gips en begin pak, lagie vir lagie en gips op gips bou ons toe nou maar ‘n mooi paar vriendinne vir my, aangesien hul maar so bietjie aan die skamele kant is hierdie keer, behalwe my pens was toe nie so skaam nie… Anyway, so sit ek toe met die talle lae gips op my maag en borste en dit begin hard word, soos dit begin hard word kom ek agter, maar dit trek so bietjie aan my vel. Ek is nie ‘n kleinserige mens nie, maar wanneer iets aan jou tepels vasplak en jou liggaamshare oor jou maag begin trek, raak dit gevoelig. Net daar besef ek dat ons NOOIT die Vaseline gesmeer het nie!!! O my goeie dinges!! Nou ja, lang storie kort het ons so tussendeur alles die “cast” losgekry. Daar was nie genoeg gips nie, so die onderkant van die maag het basies losgekom, maar ons sal dit in die week regmaak. Tenminste het my “cast” nou ‘n pragtige paar vriendinne…

Dit is iets wat ek vir ewig sal cherish. Hierdie twee maal in my lewe wat ek die kans gehad het om twee lewende mensies binne my liggaam te groei. Al die naarheid en seer en warmkry die moeitewerd. As my lyf dit sou toelaat, (en al voel ek dalk nie nou so nie), sal ek dit nog 100x weer doen.

Oor twee weke hierdie tyd ly ek aan slapelose nagte, seer en oorvol borste en het ek dalk die “mombie” (dit is nou die mamma zombie) look as my nuwe mode aangeneem, maar die reward daarvan en die liefde en band met jou kind wat jy daaruit kry is absoluut ongelooflik! Ek sal dit oor en oor en oor doen.

Nou ja, ek sê ta-ta for now. Ek is op ‘n langnaweek strike en sal weer Dinsdag gesels. Dalk het ek iets meer interessant om oor te skryf. Haha! Maar ek waardeer julle wie dit lees en jul terugvoering is my kos!!

Sê my eers bietjie, waarvan sal jy meer wil lees? Drop ‘n comment of stuur ‘n boodskap op Facebook, nuwe materiaal en idees is baie welkom.

Toodles!

2 thoughts on “Boobs en boude, hier gaat ons!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s