Wat pak ek vir die hospitaal?

Blog4 copy

Hallo daar!!

Het julle ‘n lekker langnaweek gehad? Ek het ‘n lekker besige naweek gehad. Ek was onverwags bederf met ‘n babatee vir ons dogtertjie en glo my, nadat ek gedink het ek gaan nie genoeg hê vir ons pop nie was sy SO bederf, dat haar kaste nou oorloop van seëninge! Weereens baie dankie aan elke liewe een!

Nou ja, ons is in ons laaste week van deurslaap voordat ons roosknoppie arriveer!! (Altans, pappa is…) Haar kamer is uiteindelik gereed en die tasse pak ding is ook so te sê agter die rug. Ek sê “So te sê” omdat ek tien teen een die tas nog so twee of drie maal gaan in en uit pak voordat ek tevrede is met die uitrustings… Hahaha! Die opskrif van hierdie “blog” sê “Wat pak EK vir die hospitaal?” Daar staan EK met ‘n rede… Dit is wat ek vir myself pak. Omdat ek alreeds ‘n baba gehad het en die vorige keer die lys van die hospitaal woord vir woord gevolg het, het ek gesien dat ek nie werklik als gebruik het die vorige keer nie. So hier is MY lysie. As jy nog kopkrap oor wat om te pak hoop ek dat hierdie jou sal help.

(Verskoon tog asb die swak kwaliteit foto’s. Dit was 10uur laasnag geneem met my foon in swak lig, omdat ek net eenvoudig nie wou wag vir vandag nie…)

Blog1 Exibit. A.

In Exibit A. sien ons die toiletware. Vir haar EN vir my. Hierdie lysie kan vir ‘n seun OF dogter werk, die kleurskema sal net verander.

Exibit. A. Lys:

Vir baba:

  • Poeier
  • Sjampoo
  • Lyfroom
  • Petroleumjellie
  • Boudsalf
  • Borsel
  • Naelknipper
  • “Wetwipes”
  • “Handsanitiser”

Vir My:

  • Sponsie
  • Lyfwasmiddel
  • Lyfroom
  • Rekmerkroom
  • “Bellybutter”
  • Tepelsalf
  • Tandepaste
  • Tandeborsel
  • Sjampoo en Conditioner (Nie op die foto)
  • Haar rêkkie
  • Grimering.

Hier volg die redes vir so paar snaakse goedjies…

“Handsanitiser” – Wanneer mens ‘n nuwe baba het en jou familie en vriende kom kuier in die hospitaal vir jou is jy in ‘n steriele area. Jy wil nie hê almal se groot kieme moet op jou klein baba gaan sit nie. You don’t know where those hands have been! Hahaha! En nee, ek probeer nie ‘n OCD mamma wees i.t.v kieme nie, my kind word aan baie blootgestel en dit bou sy immuun, maar ander se kieme is net te groot vir jou pasgebore baba.

Petroleumjellie EN boudsalf –  As jy al ‘n baba gehad het sal jy daardie eerste babapoef genoemd “Meconium” baie goed ken… Dit is so dik Marmite/Teer mengsel wat jy nie eens met seep en water afkry nie. Gelukkig het iemand my voor die tyd gewaarsku met my eerste een. So hier is wat ek doen, sodra ons in die kamer is en rustig is smeer ek EERS petroleumjellie aan die boudjies en met elke doekruiling voordat daardie doek aan die boude gaan. Jy sal my ewig dankbaar wees as jy dit so doen, want sodra daardie eerste poefdoek gemaak is sal die “Meconium” sommer vinniger as seep afvee. Jy gaan ‘n paar sulke doeke kry, so hou maar by die petroleumjellie tot jy sien dit is nou ‘n melkies doek. Selfs daarna kan jy aangaan met dit, maar as jy boudsalf verkies, gooi hom bokkie!

Rekmerkroom en Belly Butter –  Hierdie was bederfies wat ek in ‘n geskenkie gekry het by die babatee en sien nogal uit om dit te probeer. Elke mamma voel maar oes na ‘n keiser of normale geboorte en enige lyfbederf maak als amper beter.

Grimering –  Dit is vanselfsprekend…. Ja jy het sopas ‘n baba gehad, maar dit is geen verskoning om jou besoekers met ‘n bleek gesig te ontvang nie. Sê nou jou nuwe baba dink jy is banaal en vervelig met so bleek gewaad??!! HAHAHA! SMEER DAAI LIPPE BLOEDROOI!!

Blog3Exibit B.

In Exibit B sien ons Baba se goedjies. Jy kan nooit teveel pak nie. Die hospitaal sê vir jou hoeveel van elk jy moet pak, maar ek pak altyd ekstra. Babas is onvoorspelbaar en al is sy/hy pasgebore keer dit hul nie om melk of vrugwater wat agtergebly het op te bring nie. Ek het die volgende gepak. (Ek is nie seker of jy ‘n hospitaalsak as geskenk kry by die staatshospitaal nie, maar ek weet jy kry een by die “Medi-Clinic” waar ek gaan, so ek neem aan by enige privaat hosppitaal sal jy een ontvang.) (Moenie my woord daarvoor vat nie…)

  • 3x warm kombêrse.
  • 3x “receiver blankets”
  • 4 pare kouse
  • 3 stelle booties
  • 1x mussie (Jy kry nog een in jou hospitaal sak vir baba)
  • 2x handoeke
  • 1x waslap
  • 4x spoegdoeke (Jy begin na die eerste voeding al winde uitvryf)
  • 5x “Babygrows”
  • 5x vessies
  • 1 stel klere vir huistoe gaan
  • Doeke (Jy kry ook ‘n pak in die sak wat jy by die hospitaal kry)
  • “Feeding cover” (So min as wat ek nie skaam is om in die publiek te voed nie, is daar sommige mense wat nie gemaklik is daarmee nie.)
  • 3x plain wit lapdoeke. (Hier is ‘n “tip” wat my ma my geleer het en dit werk elke keer: Voordat jy baba se lyfie in die water sit nadat jy seep gesmeer het en hare gewas het, draai hom/haar daarin styf toe en laat sak baba in die water. Baba sal nie so vreeslik skrik en benoud wees nie. Hul geniet die veiligheid van die doek en bly kalm in die water. Dit maak die badproses STRESSVRY!”

Blog5Exibit C.

In Exibit C. Sien ons my goodies. Heelwat minder as vir baba, maar my skatlam kan vir my iets bring as ek iets nodig het. My lys is as volg.

  • Japon
  • 1 stel warm nagklere
  • 2 stelle somer nagklere. (Die kraamsaal is baie warm en na ‘n geboorte, hetsy normaal of keiser, laat die hormone jou liggaams temperatuur redelik styg.)
  • “Disposable Breastpads” (Sommer baie!)
  • Sanitêre doekies. (Nie in die foto nie, maar ek verkies Dr. Whites)
  • Slippers
  • 1 Stel huistoe gaan klere (Lekker los)
  • Huistoe gaan skoene. (Gemaklik)
  • Donker handoek
  • KOUSE (Want so warm soos wat jy kan kry, so koud kan jy ook kry. Jou kamermaat besluit dalk sy kry warm en stel die kamer temperatuur tot vriespunt)

Blog6Exibit D.

In Exibit D sien ons die volgende.

  • Borsvoedingskussing (Dit red jou rug!)
  • Selfoonlaaier MET sy twee punt prop.
  • Kamera
  • Ekstra batterye vir jou kamera
  • Onthou ook ‘n swart pen vir forms invul, asook afskrifte van jou huweliksertifikaat en jou en manlief se ID boekies. Dit is vir baba se registrasie. Jy kan dit nou in die hospitaal doen.

Blog4Exibit E.

Hierdie is maar net AS JY WOU. Ek verkies om nie ‘n fopspeen van die eerste uur af vir baba te gee nie, maar gaan dit saam vat vir ingeval. Die poppie is haar eerste pop wat haar ouma gekoop het en sal haar bedjie ophelder.

Blog7Exibit F.

Daarsy, in Exibit F sal jy die eindresultaat sien. Ek pak “redelik” lig. Jy sal natuurlik ook die dra stoeltjie moet saamvat, omdat jy jou baba in die beste veiligste manier wil huistoe neem.

Daarsy, nou het julle dit. Weereens, hierdie is wat EK gepak het om dinge vir myself makliker te maak. Ek hoop dit help jou ook om te besluit wat jy gaan neem.

Toodles!

One thought on “Wat pak ek vir die hospitaal?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s