Die morhone!!!

2015-04-29 19.53.43

Hallo daar!

Vanaand tik ek maar in die bed aangesien ons “loadshedding” veronderstel was om 20:00pm te begin. Dit is nou 20:05 en als is nog aan en ok.

Nou ja, vandag was weer een van DAAI dae… Jy weet, daardie dae wat jy eintlik net heeldag in jou kas wil klim en wegkruip vir die wêreld en tjoklits eet. Ugh, ek het moeg opgestaan, my boeppens hang al op my knieë en ek ly aan “Lamgattia”. Lamgatgeid. Nietemin, dit sou nie help om eers in my kas weg te kruip nie, want my kas sal ten to one breek as hierdie beached whale besluit om in te klim…. Ag, dalk oordryf ek maar so bietjie…

Anyhoo, so dog ek toe nou maar ek sal  tenminste skoon klere aantrek vir die dag en hare vasmaak, maar moenie vandag van my verwag om grimering te dra nie, ek wil nie en ek sal nie, EK HET TOE! Lol! Mens voel eintlik bietjie beter nadat jy bietjie ogies en lippe mooi hemaak het. Skoonsus (aanstaande) het kom help om my Belly Cast klaar te maak en sy het haarself baie goed van haar taak gekwyt. In ons “media” hier heel bo kan jy sien hoe mooi het dit uitgekom. My maag het so vêr gesak dat ek haar op my skoot sit wanneer ek gaan sit.

Dit was weer baie pret en het ek dit geniet om net weer te sit, maar die lamgattia knaag mos toe nou so aan my. In die geselsery vertel ek vir skoonsus (aanstaande) dat my liewe man my nou die aand vra hoe voel dit nadat baba uitgehaal is. My antwoord: ” Leeg, heeltemal dol leeg. Daar is niemand meer binne jou wat skop en druk en draai nie.” Ek sê toe vir haar die volgende: “Dit is asof jou maag vermoor word met die keiser sodat jou baba kan lewe.” (Nie omdat hul so rof met jou werk nie, maar omdat jou maag wat jou baba se life source en “huis” was moet weggevat word sodat jou baba kan lewe.)

EN DAAR GRÊNS EK!!!!

Ek grêns toe so wraggies oor my boep wat moet weggaan sodat ons roosknoppie in die lewe kan wees saam ons. Daar sit ek en skaam my dood, lag en huil terselfde tyd… Lag omdat ek grêns oor my maag en grêns, want my maag moet weggaan en ook omdat ek so simpel is met die morhone. (Hormone). Nou ja, Maandag sal hierdie boep verdwyn, ek verstaan hul gee jou glo ‘n mini tummy tuck. Bonus! Maar ek sal maar nogsteeds werk om haar weer mooi ferm te kry. Die rekmerke mag ook maar bly, ek het hard gewerk aan ons twee prag kinders, so iewers moet ek seker IETS kan wys vir al die harde werk. Haha! Buitendien, hoe gaan ek aan my kinders verduidelik waar kom babas vandaan as ek hul nie kan wys waar hul vandaan kom nie? Ek sê nie mammas wat nie rekmerke het kan dit nie doen nie, natuurlik kan jy! Ek sê net my rekmerke maak my talk oor die bye en blomme effe makliker en vinniger…

My 2 en 1/2 jarige het nou begin redeneer… Volgens hom kan hy niks doen nie  want hy is “bietjie siek”… uhm, ja my kind. Of as ek wil hê hy moet sy kos eet, moet ons hom net sê dit is slaaptyd. Haha! Hy kry vinnig ‘n rede om nie vroeg te gaan slaap nie… Maar ek kom agter dat ek vergeet dat hy maar net 2 en 1/2 jaartjies is. Hy is nog so bitter klein, maar hy verstaan ALLES!! Hy redeneer homself uit die moeilikheid uit, hy praat sinne en herhaal baie groot woorde agter my aan EN gebruik hul weer op sy eie en regte manier. Ek het geweet daar is ‘n rede vir sy groot kop, dit is om al daardie breins in plek te hou!

Hahaha! Nou toe nou, slaaptyd vir my. Ek is vodde en my boep hang nou amper op my enkels.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s