1 2 3 4 5 6 7 9 10 11 12 13 14.1 14 15

Hallo daar!

So vanaand sê ons totsiens aan jou. Liewe magie wat gergroei het tot ‘n MAAG! Jy het my soveel vreugde verskaf. Ek het elke oomblik geniet om na jou te staar en te sien hoe ons dogtertjie jou in knoppe laat skeeftrek en rolbewegings uitvoer soos die see se golwe. Jy het my baba gekoester en veilig gehou in hierdie 38weke en 4 dae. Daar was vir my niks lekkerder as om oor jou te streel en te weet dat jy hier is om my te help met die groei en broei van ons dogtertjie nie.

Ek het aan die begin elke dag voor die spieël gestaan en gevra: “Lyk dit al of my maag groei?” Tot ek op 11weke gesien het dat ek darm nou al lyk asof ek ‘n groterige ete inhet. Opgewondenheid oor my groot maag het my beetgepak en ek het geweet, uiteindelik sal ek binnekort lekker kan speel met ons pop hier binne jou.

Hier teen 26 weke het ek jou op die meeste geniet! Jy was nie te groot nie, maar ook nie te klein nie. Mense kon van die oog af sien ek verwag en ek kon darm nog gemaklik sit by die tafel.

Daarna was dit maar “downhill”. LETTERLIK! Sovêr soos wat jy gegroei het, het ons roosknoppie al hoe meer vorentoe gelê en het ek vinnig mense gehad wat my gevra het of daar nie dalk TWEE wegkruip nie. Hahaha! Ek het dit maar afgelag… Soms… 😉 Ek het ongemaklik geraak wanneer mense sommer so aan jou gevat het sonder om my te vra. Bietjie respek vir ‘n swanger vrou se privaatheid kan jou vêr bring. Dalk was dit maar die hormone wat gepla het… Hahaha!

Soos jy gegroei het, het my naeltjie verander na ‘n “outie” en is nou op die einde ‘n “Widey”… My naeltjie is seker nou so wyd soos ‘n R5 muntstuk, of dalk wyer, maar weet jy, ek mind nie, jy sal weer terugkeer na normaal. Ek het ‘n hele nuwe padkaart op jou ontwikkel. Die rekmerke sit reg rondom my naeltjie soos wat ons dogtertjie vooruit gegroei het en lyk dit of ek die son met sy strale op my maag dra, maar ons dogtertjie is die sonskyn in ons lewens en is ek trots op jou nuwe “look”.

Ek het nou hier op die einde baie ongemaklik geraak met jou. Jy is swaar en met die gewig het dit my rugspiere en ribbes verswak, met die gevolg dat ek van ‘n gehoes ‘n rib beseer het, maar dit is ok, jy is deur en deur die moeitewerd. Wanneer ek omdraai in die nag voel dit of my lyf eerste draai en dan kom jy so rukkie agterna eers oor na die “ander kant”. Wanneer ek sit lê jy my skoot vol, toe ek nog kon bestuur was die spasie maar baie “limited” tussen jou en die stuurwiel. Ons seuntjie het sommer bo-op jou gesit wanneer ek hom opgetel het en kan hy nie werklik nou meer op my skoot pas nie. Wanneer ek my nagklere aan het, koekeloer jy van onderdeur my top.

Ag liewe maag, ek gaan jou mis, ek gaan nie die ongemak of ongewenste kyke en kommentaar van vreemdelinge mis nie, maar ek gaan dit mis om te sien hoe jy gegroei het en beweeg het en dit alles deur ons liefling dogtertjie wat binne jou gegroei het. Ek wou jou vir die res van my lewe onthou, en daarom het ek ‘n “belly cast” gemaak van jou. “n aandenking van een van die wonderlikste tye in my lewe. Nou sal my kinders ook kan sien min of meer hoe jy gelyk het. 😉

Dankie vir ‘n wonderlike 38 weke en 4dae se saamwerk om hierdie dogtertjie te broei. Ek mag jou dalk nooit weer in my lewe teëkom nie, maar ek het vele herrineringe. Ek gaan hard werk om jou weer so plat en ferm as moontlik te kry, maar ek sal so effense “tjoopie” oorhou om my te herriner dat ek ‘n mamma is en nie meer ‘n meisie nie.

Jy my liewe maag ‘vriendin’ gaan ek mis, maar ek sal jou nooit vergeet nie.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s