En toe is ons vier!

Eerste foto as gesin

Hallo daar!

Nou ja, ek weet julle almal brand om te weet hoe dit hier by die Van Niekerks gaan met die nuwe asempie in die huis! (Hahahaha – Ai, I should be so lucky dat jul in anticipation wag…) Toemaar, ek weet jul het beter dinge om julself mee besig te hou. Maar dog ek update jul net so klein bietjie.

Maandag – 4 Mei 2015 – was ‘n baie groot dag in ons gesin se lewe. Ons het expand van een na vier! (As if you didn’t know already…) ;D Anyhoo, dit was ‘n baie lang dag met ‘n baie lang wag. Die details van die geboorte sal ek in die volgende blog deel, maar laat ek jou net inlig, hierdie geboorte was nie so maklik soos die vorige een nie… Ja, albei was keisers, maar goeie wetter! Wie het gedink dit kan so baie verskil!!

Anyhoo, Ons is toe Woensdag oggend vroeg alreeds ontslaan, maar het eers teen middagete by die huis gekom omdat ons moes wag vir madampie se geboortesertifikaat. 🙂 Gekom by die huis het ek en sy sommer dadelik gaan skuinslê op die dubbelbed. Ons was albei vreeslik uitgeput. Ek, omdat ek niks geslaap het in die hospitaal nie, en sy…. want dis wat sy doen…. sy slaap… vir nou. LoL!

So laatmiddag het ouma ons seunie huistoe gebring van die skool af en was hy in ekstase om SY sussie by die huis te sien. Hy is so mal oor haar en enigiemand wat net wil noem dat hul haar gaan vat stuur hom amper in ‘n paniek in, want dit is SY sussie en sy bly by hOm. Hy is so besorgd oor haar en wil haar heeltyd soen en vashou. Hy is die heel beste ouboet wat sy kon kry en kan ek sien dat hulle tweetjies nog groot maats gaan wees. Wanneer sy, sy stem hoor soek sy hom. Dit is so dierbaar.

Sy drink, poef en slaap net heeltyd, maar dit gee my ook darm weer kans om self ook gesond en sterk te word weer. Ek is nie ‘n pissie as dit kom by pyn nie. Met die vorige keiser het ek my pyn meds vir my man gegee vir hoofpyn, hierdie keer tel ek die meds om seker te maak ek het nog genoeg!! Hahaha! Ek sukkel om te hoes, ja ek het nogsteeds daardie irriterende hoes wat my so paar weke terug in die hospitaal laat beland het… Alles trek daar waar ek gesny is wanneer ek hoes, opstaan, loop of selfs “loo” toe gaan. Ek kom soos ‘n oumens regop, werwel vir werwel…Ek is terug in my “ouma pantès”…. My belly button lyk soos ou uitgerekte vel en my maag is nog geswel, maar tenminste kan ek wen teen Pamela Anderson in ‘n “Best Boobies” kompetisie!! Dis nou as hulle nie warm en seer is nie…

Vir die laaste twee dae het ek amper heeldag en heelnag gesit en masseer en “handexpress” omdat my melk inkom en dit nou eers weer moet settle. Sussie het my darm laasnag baie gehelp, sy wou elke uur aan die bors wees en het so darm heelwat verligting gebring vir my baie seer en baie oorvol borste. Vandag voel dit effens beter en is nie meer so ekstra styf en seer nie, dis steeds effe seer wanneer sy “Latch” (Ok, ek wil huil wanneer sy latch) maar dis net omdat ek bietjie rou en teer is, ek weet dat as ek vasbyt en deurdruk sal dit beter raak! Hierdie boobie juice is maar ‘n nuwe ding vir my en haar albei, maar ons sal wen. Sy latch darm nou baie mooi, dit moet net gesond word.

Ons pop is ‘n engel uit die hemel en is ek, pappa en ouboet, al drie ewe verlief op haar! Ons het vanoggend haar newborn shoot gehad met Why-pink Creations-

https://www.facebook.com/pages/WhyPink-Creations/176778352431241?fref=ts

Sy was ‘n regte model en is ek seker dat al die foto’s pragtig gaan wees! Moenie dink dit was sonder hiccups nie… ek moes maar so paar keer tussendeur voed en rustig maak en het ons maar kalm gebly sodat sy kon rustig wees. So newbornshoot vat maar baie geduld en tyd. Na dit was sy en ek albei weer so uitgeput dat ons sommer dadelik weer gaan slaap het! Sy slaap nou, twee ure later, nogsteeds… 😉

Nou ja, ouboet is nogsteeds in sy roetine gehou van elke dag en help dit baie om die huishouding se gevoel so normaal as moontlik te hou. Hy is so rustig met haar en het die “tantrums” ook op ‘n einde gekom. Ek dink hy het baie “insecure” gevoel voor haar koms omdat hy nie geweet het wat om te verwag nie, maar nou dat sy hier is, probeer ek nogsteeds tyd alleen met hom spandeer wanneer sy slaap. Al is dit net om hom bietjie op my skoot te laat sit of te gesels oor sy dag by die skool. Ek probeer steeds vir hom wys dat hy my Nr. 1 Bul is.

More sal ek julle bietjie in detail vertel van die geboorte. Dit was ongelooflik en het ek elke sekonde ingeneem. Net jammer vir die seer na die tyd…

Het ek genoem dat dit seer was!!!??? HAHAHAHAHA!!!

TOODLES!!

2 thoughts on “En toe is ons vier!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s