Wat wil jy uit die lewe hê?

what women want

Hallo daar!

Ag, ek gaan sommer met die deur in die huis val vanaand. Ek hou niks van besluiteloosheid nie…. My pa het my geleer: “If you hesitate, los dit uit.” En dit was nog altyd een van die frases wat my al uit menigte moeilike besluite gehelp het.

Ek is op ‘n kruispad in my lewe, weereens, maar ons kom op baie sulke plekke in die lewe, want dit is hoe jy groei in jou menswees. Ek moet besluit wat wil ek uit die res van my lewe hê? Nou dat ek ‘n ma is van ‘n seun EN ‘n dogter moet ek ‘n voorbeeld van albei geslagte aan hul albei kan wees. Ja, my man is die vaderfiguur, maar ek moet my seun leer hoe om ‘n vrou te behandel en hoe nie, ek moet my dogter laat verstaan dat haar waarde is vêr bo die van korale en dat sy nie vir tweede beste moet settle nie. Sy moet ook nie baasspelerig wees nie… Maar hoe gaan ek dit aan hul leer? Ek sal dit net op een manier kan doen en dit is deur ‘n voorbeeld te stel. My seun sal moet sien dat ek vroulik is, maar vir niks terugstaan nie en my dogter sal moet sien hoe ek myself versorg en my waarde in hierdie lewe erken en eien.

Ek het ‘n baie sterk persoonlikheid… Dit was nie altyd so nie. Ek moes dit ontdek. My persoonlikheid is al talle kere as dominerend en baasspelerig beskou, deur my man… Ander seker ook, maar hy erken dit tenminste teenoor my. Baie keer is ek ook as snobisties beskou. Gewoonlik deur mense wat my nie werklik ken nie, maar dit was nog altyd my manier om seerkry te voorkom. Bloot vir die feit dat ek uit ‘n geskeide ouerhuis kom. (Asseblief, ek is nie ‘n victim van egskeiding nie, ek is ‘n VICTOR, want dit het my ruggraat gegee om by alle situasies aan te pas.) Maar ek het so invisible wall om my wat mense laat dink dat ek snobisties is, maar as hul my leer ken sal hul sien ek huil eintlik nogal te maklik. 😉

Dan besef ek, ek moet bietjie afskaal, maar die grootste rede vir my sterk persoonlikheid is, omdat ek weet wat ek wil hê uit die lewe. Ek wil ‘n goeie vrou wees. Ek wil finansieël onafhanklik wees. (Daar is vir my NIKS so erg soos om in my man se oë te moet kyk vir iets eenvoudig soos brood en melk nie. Dit grens aan vernederend, omdat hy reeds so baie doen en ek nou gewoond was aan ‘n inkomste.) Ek wil ‘n goeie ma wees vir my kinders. Ek wil vir hulle ‘n voorbeeld wees en ek wil net die beste vir hul hê.

Ek is op ‘n punt in my lewe waar ek die minimum inkomste genereer in ‘n maand…

Maar wat wil ek hê?

Ja ek wil gesondheid hê. Vir myself en my hele gesin, en ek wil finansiële vryheid hê, wat ek vertrou binnekort gaan wees! Maar dit gaan werk verg. Gelukkig was ek nog nooit in my lewe bang vir werk nie. 😉

Ek is ‘n go getter. As ek iets graag genoeg wil hê gaan ek vir dit!

Dit is tyd dat vroue hul waarde besef en begin opstaan vir dit wat hul in die lewe wil hê. Moenie net agteroor sit en sê maar my man wil nie hê ek moet werk nie, of my man wil nie hê ek moet my hare sny nie, of hy hou nie daarvan as ek broeke dra nie!!

Basta met dit!!!

Jy is jou eie mens en jy het jou eie reg ook om te wees wie jy wil wees, om te doen wat jy wil doen en om te dra wat jy wil dra. Jy is nie sy skoothondjie nie. Jy is sy vrou, ja, hy MOET vir jou sorg. Hy het daardie belofte voor die kansel gemaak, maar jy MAG wees wie jy wil wees. Jy was seker jouself toe jul bymekaar gekom het nie waar nie?

Toe my man my ontmoet het, het ek nog nie werklik geweet wie ek wou wees nie. Ek was ‘n ekstrovert, maar ek het nognie my stem ontdek nie. Tot eendag…. Toe sê my man vir my: “Sjoe, jy is bossy!” En net daar het ek besef ek het my stem ontdek en ek het nognie weer teruggekyk nie. Ek laat my nie onder kry nie en ek laat my ook nie domineer nie. Ek domineer ook nie ander nie. Ek gee almal kans en hul eie reg op hul eie stem.

Wie wil jy wees?

Wat wil jy uit die lewe hê?

Toodles!

One thought on “Wat wil jy uit die lewe hê?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s