Breast is best!!!

Borsvoeding

Hallo daar!

Het jy al ooit geborsvoed? Het jy al ooit jou borste gebruik om jou kind aan die lewe te hou? Dis waarvoor hulle daar is! En daar is twee, net om seker te maak jou baba kry net die regte hoeveelheid. Soms drink hulle net van die een kant af en word jy “lobsided” gelaat… En soms is hul vraatjies, drink van albei kante af en gaan in vir seconds en word jy met papsakkies gelaat…

Nou ja, as jy ‘n man is wat hierdie lees, wil ek jou net waarsku… Ek gaan die volgende terme gebruik: Tepel,  Bors, Borsvoeding. So indien jy “offended gaan voel oor hierdie terme, gaan ek aanraai dat jy nie verder lees nie… Indien nie, HIGH FIVE! Jou vrou is ‘n lucky lady.

Nou die aand sit ek in die bed en voed ons dogtertjie. My man kyk so na my oop bors en tepel en sê: “Dit lyk of hulle ‘n beating vat.” Uhm JAAAA! Het jy al ooit van die term boobnastics gehor? Goeie gom! Dit is omtrent waardeur mens gaan tydens borsvoeding. In die eerste paar weke is dit waar jou baba haar/sy koppie verby die tepel draai en dink die tepel sit teen jou arm, dan is daar die suig en trek en suig en trek aksie… Don’t ask… Dan is daar die suig en stamp met my neus 100x tot die melk uitspuit en ek verstik aksie… Kan jy jou indink waardeur ons borsvoedings mammas gaan? En dit alles net sodat ons babas die beste en gesondste voeding kan kry.

Ja, daar is mammas vir wie borsvoeding nie moontlik was nie, so asseblief, moenie dink ek praat bottelvoeding sleg nie. Dit is ‘n goeie alternatief as jou liggaam nie saamwerk nie.

Nou ja, waardeur gaan mens in die eerste week van voeding? Ek sê die eerste week van voeding, want ek is pas deur die eerste week…

Die eerste 3dae of so, drink jou baba net colostrum. Dit is ‘n natuurlike antibiotika wat jou baba se ingewande smeer en beskerm en ook sy/haar immuun sisteem ‘n fantastiese hupstoot gee. Teen die aand van dag 3 begin jou borste te swel.

Hier kom die pret in!

Jou borste swel so groot dat jy vir Dolly Parton ‘n go kan gee. Jou tepels raak rou van al die suig en as jy nie ‘n goeie tepelsalf het nie dan bloei jou tepels ook… Dankie tog vir laser behandelings!!! Om die swel en seer beter te maak sit jy en masseer jou borste in sirkels vanaf die bokant van jou borskas tot by die tepel. Die melk wat dan inkom (Die rede vir die geswolle borste) loop dan uit en bring verligting. Jy kan ook jou baba meer gereeld aan jou laat drink vir verligting. Ek het vir bietjie meer as 48uur verlede week gesit met warm waslappe, vaseline, tepelsalf en handoeke sodat die “engorgement” van my melk wat inkom verlig kan word. Ek sou beslis kon wen in ‘n kompetisie teen Dolly…

Ek was beslis baie naby aan opgee verlede week. My tepels was rou en gebars, my borste was vuurwarm en oorvol, kliphard ook, maar ek het deurgedruk. Ek het wonderlike mense wat my ondersteun in hierdie journey en my aanmoedig.

As jy van plan is om te borsvoed stel ek voor dat jy vir jou ‘n baie goeie ondersteuningspan kry wat jou sal aanmoedig en rede gee om aan te gaan en wat jou sal moed inpraat wanneer jy moeg is en wil opgee. Die middernag voedings is die ergste. Jy is half wakker en half aan die slaap en regtig nie lus vir boobnastics daardie tyd van die aand nie, maar as dit verby 2uur in die nag kom raak dit makliker.

Ek onthou, ek het met my seuntjie in die nag terwyl ek hom gevoed het aan die slaap geraak. Dan verloor hy sy latch en moet ons van voor af begin. Ek het hom AMPER so een of twee maal laat val, maar gelukkig gou genoeg wakker geskrik. Mens doen snaakse dinge wanneer jy deur die slaap is… soms kry hul ‘n tepel in die oor! Hahaha!

As jy graag wil borsvoed, of jy wil hê jou baba moet net borsmelk drink, maar wil nie deur die seer gaan nie en eerder pomp… Sal ek dit nie aanraai nie. “n borspomp, hetsy elektronies of manual, het nie dieselfde suigaksie as ‘n newborn baba nie, dus sal dit jou produksie beinvloed en jou melk dalk opdroog. Byt vas vir die eerste twee maande, daar is goed soos nipple shields en Lansinoh tepelsalf wat tot jou redding kan kom. Druk deur, byt vas, jy gaan somtyds nodig hê om letterlik op jou tande te byt, mar dit sal als die moeitewerd wees. Ek is nou eers maar deur die eerste week en hou steeds my asem op wanneer ons pop moet latch, want dit steek soos vuur, maar as sy eers drink is dit beslis die lekkerste lekker en besef jy eintlik hoe groot voorreg dit is en hoe groot guns jy vir jou kind doen.

Sterkte aan al die borsvoedings mammas!! En die soon to be mammas. Borsmelk het soveel positiewe aspekte, dit is so gesond en dit bou jou kind se immuunstelsel ongelooflik!!!

Toodles!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s