‘n Pa se hart, ‘n dogter se droom.

Hallo daar!

pa se hart vir 'n dogter

Kyk, ek het nou so lanklaas geskryf dat my vingers vergeet het hoe om te tik, maar verskoon tog asseblief, ek het ‘n “Newborn” wat BAIE van my tyd vra…

Nou ja, het jy al gesien hoe kyk ‘n pa vir sy dogter? Ek het nooit werklik in my lewe geglo in die pa en dogter band nie… Ek het nie werklik daardie voorreg gehad om my pa elke dag deel te hê van my lewe nie… Nie ons keuse nie, maar dis maar hoe omstandighede dit gemaak het. Ek het natuurlik ‘n BAIE goeie “stiefpa” (Ek verkies grootmaak pa, want hy het my grootgemaak en gesorg dat ek kos op die tafel, klere aan my lyf en ‘n dak oor my kop het.) gehad wat my baie goed en streng grootgemaak het. Wel… Ek het hom nie net gehad nie, ek het hom nogsteeds en kan hom met vrymoedigheid “pa” noem.

My oorle ouma Ans, (Grootmaak pa se ma), het dit eendag vir my baie mooi verduidelik. Die een wat jou grootmaak, waardes leer en sorg dat jou maag vol is en jy warm is, is jou pa.

Ek moet ook net by las dat my eie pa ook deel is van my lewe. Hy is nou deel van my lewe op ‘n gereelde basis, maar as jong meisie was dit nie moontlik nie a.g.v omstandighede.

Nou ja, die punt wat ek eintlik wil maak is dat die vaderfiguur in ‘n kind se lewe van uiterste belang is!! Voor ons dogtertjie se geboorte het my man ‘n baie goeie verhouding met ons seun gehad, (hy het nogsteeds), maar ek kon sien daar was iets missing….Die middag van ons dogtertjie se geboorte het daar iets in hom verander. Met ons seun se geboorte was hy baie trots om ‘n erfgenaam te  hê, maar met ons dogter se geboorte het hy ‘n sagtheid aan hom gekry. Hy het die voorreg gehad om haar vir my te kon inbring kamer toe en die uitdrukking op sy gesig sal ek nooit vergeet nie.

Hierdie harde macho man het eweskielik ‘n teerheid aan hom gehad waar ek kon sien, as die wêreld om hom sou vergaan sou dit nie saak maak nie, solank hy sy dogtertjie in sy arms het. Net daar het ek die band tussen ‘n pa en dogter sien vorm. Waar hy voorheen huiwerig was om ons seun as baba op te tel, sal hy ons dogter sonder om twee maal te dink optel.

‘n Pa is ‘n dogter se eerste liefde. ‘n Pa is die “mould” waarvolgens ‘n dogter haar man kies. ‘n Pa is haar koning.

Wanneer dit nie moontlik is vir jou eie pa om deel te wees van jou lewe op ‘n daaglikse wyse nie is dit maar ‘n bitter pil om te sluk wanneer jy hoor van pa en dogter ontbyte of uitstappies ens. Maar dan is daar EEN “pa” waarnatoe jy kan draai en Hy belowe in Sy woord dat Hy jou nooit sal verlaat nie! Dit is die woorde wat my laat gryp het na my Hemelse Pa. In die Amplified Bybel sê dit: I wil not, I will not I will not, leave you nor forsake you.

God belowe daagliks aan ons, in Sy woord, dat ons nooit alleen, koud of honger sal wees nie. Soos Hy vir die voëls van die lug sorg, so sal Hy vir Sy kinders sorg. Daar was nog nooit ‘n tyd in my lewe waar ek gevoel het die Here het my gelos nie. Ja, ek het Hom baie gelos, maar soos die pa van die verlore seun het Hy my nog altyd met ope arms terug verwelkom wanneer ek my eie koers ingeslaan het.

Die wat my ken sal weet dat ek so gewoond is om als in my lewe self te moes doen en regkry, dat ek nooit vir hulp vra nie. Die Here ken hierdie dogter van Hom netso goed, maar elke keer loop ek my vas en gaan ek maar weer terug, net omdat ek weet dat ek NIKS sonder Hom kan doen nie.

Die rol wat ‘n pa se liefde en teenwoordigheid in ‘n seun of dogter se lewe speel kan nie gevul word deur ‘n ma nie. Hoewel ek weet dat daar vroue van staal daar buite is, wat hul kinders alleen grootmaak en die rolle van ma en pa vul op ‘n daaglikse basis.

Die liefde van ‘n pa is anders as ‘n ma s’n. “n pa se liefde vul die leemte wat verwerping veroorsaak. Dit is net ‘n liefde wat die kind ontvang en besef dat sy/haar pa aanvaar hom/haar en hul hoef nêrens anders daardie liefde te gaan soek nie.

My gebed vir jou is dat jy God se Vaderhart vir jou as Sy seun of Sy dogter sal sien en ervaar en besef dat jy is aanvaar deur die Een wat die meeste saakmaak.

Toodles!

3 thoughts on “‘n Pa se hart, ‘n dogter se droom.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s