Dankbaarheid.

Dankbaarheid

Hallo daar!

“Nie net geluk maak ons dankbaar, maar dankbaarheid maak ons gelukkig.”

Om dankbaar te wees vir dit wat ons het is so belangrik in ons daaglikse geluk en soms kan iemand anders se ondankbaarheid ons ook ongelukkig maak wanneer ons te gereeld met daardie persoon te doen het. Ek het al self die laas genoemde ervaar en daarom is dit so belangrik dat ons gereeld ons “sosiale sirkels” detoks van ondankbaarheid.

Ek het agtergekom hoe baie ek daaglikse dinge so baie as vanselfsprekend begin aanvaar het. Ek het nie noodwendig snobbish begin raak en gedink dat als in die lewe my toekom nie… nee… inteendeel, ek het so opgevang geraak in moederskap en ouerskap dat die klein dingetjies soos koffie in die bed elke oggend of die feit dat my kinders saam met ons wakker word elke oggend net ‘n alledaagse vanselfsprekendheid geword het.

Ek het die feit dat my man net in my rigting kyk dan is ek swanger OOK as vanselfsprekend aanvaar…. en gister het ek op ‘n stadium besef, maar ek is so geseënd, hoe kan ek al hierdie dinge wat in ‘n oogwink weggeneem kan word sommer net aanvaar asof dit alledaags is en veraltyd daar gaan wees?

Ek mag nie!!

Ek mag nie in dieselfde slaggaat as vele ander mense trap en dink die baba glimlaggies en my seuntjie se biljoene vrae of selfs my man wat langs my slaap gaan virewig hou nie! Dit gaan nie!

Daarom het ek besluit dat ‘N DANKBAARHEIDS JOERNAAL (Gratitude journal) die inding sal wees by my van nou af. Ek begin môre. Ek gaan my joernaal helder versier en myself vrye teuels gee om te speel! Elke dag wil ek daarin skryf waarvoor ek dankbaar is, asook my vrese sodat ek dit kan oorkom en dan dankbaar wees daarvoor. 😉

Die hele doel van ‘n dankbaarheids joernaal is om jou te help om jou seëninge te tel en te laat besef dat terwyl jy bid vir iets beter, moet jy dankbaar wees vir dit wat jy reeds het, want daar is iemand wat bid vir dit wat jy nou as vanselfsprekend aanvaar.

‘n Houding van dankbaarheid skep ook innerlike geluk en dit straal na buite en steek weer ander aan. Dis soos ‘n gaap wat aansteeklik is.

As jy bietjie gaan ondersoek instel oor suksesvolle mense sal jy vind dat 90% of meer van hul ‘n tipe van ‘n joernaal hou. Hetsy dit ‘n “goal” joernaal is, of “affirmations” joernaal of soos die een wat ek wil maak ‘n “gratitude” joernaal. Dit hou jou voete op die aarde en besef waar jou hulp werklik vandaan kom. ‘n Gebedsjoernaal is natuurlik ook binnekort op my lys, maar eers wil ek net die dankbaarheid onder die knie kry. Ek voel dit is belangriker om DANKIE te sê eerstens, voordat ek VRA… Ek glo jy sien dit ook so.

Dan wil ek JOU ook uitdaag. Begin jy ook ‘n dankbaarheids joernaal en sien hoe jou siening teenoor vele dinge verander. Jou hele siening oor die lewe gaan verander en dinge wat ons so maklik as vanselfsprekend aanwaar sal dan nie meer so alledaags word nie, jy sal meer geluk vind in die klein dingetjies as in die groot materiële dinge.

Voel vry om vir my ‘n boodskap te stuur van hoe dit jou lewe verander. Ek is mal daaroor om ander se sukses stories te hoor en te sien hoe hul lewens verander vir die beter.

Baie dankie dat jul so getrou hierdie blog lees. As dit nie vir julle, my lesers, was nie het ek nie die moed gehad om aan te hou skryf en te leer skryf nie. Meskien sal daar nog eendag ‘n motiverings boek uit my pen loop of selfs ‘n Roman!

Toodles!

2 thoughts on “Dankbaarheid.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s