Hier steek ‘n lelike ding nou sy kop uit.

valsheid

Hallo daar!

Ek weet nie of julle dit gesien het nie, maar lately op Facebook share meeste girls ‘n link van ‘n vrou wat wys hoe grimering jou kan verander en laat anders lyk. Nou ja, moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, ek is ALL FOR make-up, maar wat het geword van net jou “features enhance”? Wat het geword van “Be real in a fake world”? In die video demonstreer die vrou die grimering d.m.v net die een kant van haar gesig te grimeer. Sy sit lae en lae onderlaag en verbloemer op, omlyn haar oë om groter of kleiner te lyk, skep ‘n valse hoekie aan die binnehoekie van haar oog, maak haar wangbene meer prominent deur “Contouring”, neem haar effe dubbel ken weg met “Contouring”, sit vals oogwimpers aan en gee haarself die “sunkissed look” met “Bronzer”. “Sunkissed without the damage.” Soos sy dit stel.

Ek sê weer, moet my nie verkeerd verstaan nie, ek grimeer self daagliks.

Teen die einde van die video lyk sy soos ‘n pop in vergelyking met die kant wat nie ge-grimeer is nie. En dit is waar my vraag inkom. As hierdie vrou nou moet verdwyn, hoe gaan hul haar uitken as sy so ge-grimeer is op al haar fotos? Sekerlik sal die wat haar ontvoer nie vir haar kans gee om elke dag te grimeer dat sy soos haar fotos lyk nie??!! Nog ‘n vraag, ek verstaan as jy lief is vir grimeer, maar wanneer jy so baie grimmering opsit, wat probeer jy wegsteek??

Waarom voel jy dit is so nodig om soveel grimering op te sit? Is jy nie tevrede met hoe jy van nature lyk nie? You are too beautiful for make-up.

Ek het laaaaank voor my man se tyd met ‘n ou uitgegaan wat eendag vir my gesê het: “Mami, you do not need make-up. You are too beautiful.” Wow! Dit het my altyd bygebly.

Maar dan neem die grimering masker my na ‘n ander masker,

jou glimlag.

Waarom voel jy dit is so nodig om altyd ‘n glimlag te hê? Kry jou tande warm? Hiehie hiehie! Nee, ernstig nou. Soms het mens net iemand nodig vir wie jy daardie glimlag masker kan afhaal en die ware seer jy kan wys. Ek het my hele lewe lank agter ‘n glimlag geskuil, tot ek die dag besef het, dit is ok om hartseer te word en dit te wys, dit is ok om depressief te voel en dit te wys. Nee, jy moenie ‘n hele ween partytjie hou nie, gee jouself ‘n dag waar jy net wil VOEL! Voel jou seer, voel jou teneergedruktheid, voel jou kwaad, eet chocolates en drink ‘n bottel rooiwyn, maar môre word jy wakker, al jou seer uitgehuil en by Jesus se voete gelos en jy beweeg aan. Jy gaan sit nie vir weke of jare by daardie plek nie, jy maak nie jouself siek oor dit nie, jy beweeg die volgende dag aan en jy doen dit met grasie. Jy vergeet dit wat agter jou is en strek jou uit na wat voor is.

Daar is soveel valsheid alreeds in ons wêreld. Wil jy werklik so graag daarby bydra? Why not be yourself? Daar is alreeds soveel ander wat iemand anders wil wees, wees jouself en ontdek en ontgin jou eie unieke talente. Ek het baie dinge waarvan ek hou om te doen, maar ek is net werklik goed in sekere van hulle. Soos bv om te skryf. Ek hou baie daarvan en ek doen dit gereeld, maar ek is nie werklik goed daarin nie…. Maar ek doen dit op my eie unieke manier, want ek weet daar is niemand wat so sleg soos ek kan skryf nie. HAHAHAHA!

Wat ek probeer sê is, “Ek is nie so mooi soos jy nie, ek is so mooi soos ek.” – Nicolette Steel

Jy moet jou eie uniekheid omarm en dit geniet! Uit die miljoene spermselle was JY die een wat die eiersel eerste bereik het en niemand kan dus op jou neerkyk omdat jy anders is of anders lyk nie. Dink net hoe sleg sou ‘n kaas en wyn aand gewees het as die kaas vervals was? Of hoe sleg sou ‘n koek geproe het as die botter ook nie egte botter was nie.

Wees die sout van die aarde en gee die lewe smaak!!

Toodles!

4 thoughts on “Hier steek ‘n lelike ding nou sy kop uit.

  1. Marlize sê:

    Haar video het my geïnspireer om weer gereeld te grimeer. Haar boodskap is juis, “Have fun.” Ek kan egter dink dat partye manne die kosmetiese ouens wil hof toe vat. Want die doedie die volgende oggend is nie die pop van gisteraand nie!
    Jy is reg, ons het nodig om die maskers af te haal.
    En eerlik te wees oor wie ons is.
    Hoop jy speel nog lekker pop😄

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s