Wanneer jou lewensmaat gaan vir ‘n operasie.

blog

Hallo daar.

Was jy al ooit aan die anderkant van die operasiebed? Moes jy ook al langs jou lewensmaat teater toe stap? Vir die laaste 6jaar het ek dit 5 keer gedoen. 5 keer omdat daar een uitsondering was en ek nie kon saamgaan nie… Maar hierdie keer was die LAASTE keer.

My lewensmaat moes gaan vir ‘n brein operasie. Die Dokter het die kabels van sy DBS masjientjie verwyder uit sy brein omdat sy liggaam dit heeltyd verwerp het en dit ook heeltyd agter sy oor erodeer het. Nou ja, dit is nou uit en verby. Dankie tog!!

Maar ek wil so bietjie vandag met jul “chat” oor hoe dit voel om aan die anderkant van die bed te staan. Ek het hierdie keer vir die 6de maal my man se lewe in die Dokter se hande oorgegee. Natuurlik is hy baie goed en kon ek dit met vrede in my hart doen. Maar wat gebeur met jou daar langs die bed? Al die vorige kere was ek baie gespanne en bekommerd en BAIE huilerig… hierdie keer? Niks. Geen trane. Geen fronse. Geen spanning.

Of so het ek gedink.

Ons het die aand voor die operasie alreeds stad toe gery omdat hy al die volgende oggend om 6am moes inboek. Ons het ingeboek en toe ons in die saal aankom is ons ingelig dat hy eers vir die aand om 18:30pm op die teaterlys is. Hy het al die vorige aand opgehou om iets te eet of te drink, maar toe kry ons vir hom toast en tee omdat hy nie so gaan hongerly as ek daar is nie!! Die hele dag het ons in die kamer ontspan. Ons het gesels. Tyd saam spandeer en grappe gemaak. Ons het die beste van die tyd gemaak omdat ons geweet het dat daar ‘n groot risiko aan die operasie was.

Toe die tyd aanbreek vir hom om in te gaan het ek met ons dogtertjie langs sy bed gestap en 100x vir hom gesê dat ek hom lief het. Dit is in daardie oomblik wat jy besef dat hierdie operasie kan twee kante toe gaan. Ek het ‘n koeldrank gaan drink en al die familie en vriende laat weet dat hy in is. Deur dit als was ek so kalm soos ‘n dagga walm. Ek kon nie bekostig om gespanne te wees nie omdat dit ons baba se gemoed sou beïnvloed.

Ek het saam ‘n paar ander mense in die wagkamer gesit en gesels en die tyd probeer omkry. Ons het almal vir iemand in teater gewag. En gebid. Ek was steeds kalm, want ek het geweet in wie my geloof lê. Daar was ‘n oom en sy seun wat gewag het vir die oom se vrou wat gegaan het vir ‘n skouer operasie. Die oom het my vertel hoe hy als vir haar moes doen die afgelope paar maande. Dan was daar ook ‘n vroutjie van my ouderdom wie se man die oggend in ‘n motorfietsongeluk betrokke was en hy het net sy enkel gebreek en sy ligament geskeur. Nadat al die geselsies verby is en ek die enigste een was wat oorgebly het, het ek besef dat ek my man 2ure terug laas gesien het….

Ek het begin bang word…

Die vyand het vrees by my probeer saai, maar ek het geweier. Daar het derduisende gedagtes deur my kop gegaan en ek het besef dat as ek nie kalm raak nie gaan dinge skeef loop. Nadat ek twee hospitaal personeel ingestuur het teater toe om te kyk of my man al uit is en albei met leë antwoorde na my toe teruggekom het, het ek gebid. Dit was al wat ek oor gehad het…

Skaars ‘n paar minute  later ontvang ek toe ‘n oproep van ‘n suster uit ICU. Ek het geweet dat hy daarheen sou gaan vir observasie, maar toe ek hoor dis ‘n suster het ek my onmiddelik vir die ergste voorberei. Hoewel ek weet ‘n suster sou nie die nuus oorgedra het nie, maar my wel laat roep het. Sy laat weet my toe dat my lewensmaat veilig en in ICU is en dat ek hom kon gaan sien. Ek het reguit verby sy kamer geloop toe hy my roep! Ek was so verlig om sy stem te hoor!!!

Hy het goed gelyk en was rustig en vol geselsies. 🙂

Die volgende aand toe ek by die woonstel terug is, toe kom die spanning uit!! Ek raak SIEK! Die koors tref my soos ‘n ystervuis en ek bibber van die koue. Koue koors is nie grappies nie. Ek is verbaas dat die bure nie my tande gehoor klap het nie!! Haha! My spiere trek op een en ek sukkel om te loop.

Die volgende oggend was my keel seer, maar verder was daar niks verkeerd nie. Dit was die heel eerste maal wat ek gesien het wat kan gebeur as jy, jou spanning onderdruk.

So paar dae in die hospitaal het ek my man probeer “entertain” met allerhande grappe en snaakse voorstelle. Die Sondag is ons huistoe en hy is nou ook alweer op die been en aan die gang. More word sy “Staples” uitgehaal en kan hy met die res van sy lewe aangaan.

Ek is dankbaar vir my lewensmaat. Hoewel hy my die mure kan uitdryf en baie boos maak, bly hy my bolletjie blom vir wie ek baie lief is!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s