10jaar! Not much has changed….

image

Ons het nou Saterdag wat verby is ons 10jaar hoërskool reünie gehad. Ek weet nie of ek dalk effens teleurgesteld was en of ek dit netso verwag het nie. Ek sit maar nog op die draad wat dit aanbetref…. Dalk gaan dit wat ek in hierdie blog gaan sê so paar mense ontstel, maar ek was not not bang om op tone te trap nie.

Die opkoms was vir my nogal hartseer. Almal wie ek graag wou sien was nie daar nie. Meeste van hul het ek 10jaar laas gesien en sou graag wou weet wat hul vandag doen, is hul waar hul nou wou wees of dalk verder, ens. 90% van ons is op Facebook, maar wie weet of ‘n persoon werklik eerlik is op hul blad?

Die wat wel daar was, was vir my geen verrassing nie, maar ons het lekker saamgekuier. Ek was nooit populêr in my skooljare nie, (en dit steur my nie in die minste nie). Maar die wat wel was het nie veel verander nie. Same old same old. Dieselfde persoonlikhede, dieselfde grappe, dieselfde mense.

Ek weet nie of ek my verwagtinge te hoog gestel het nie. Ek dink so…. Meskien grotendeels omdat ek as persoon so baie verander het. Die skaam, teruggetrokke meisie het LOUD AND PROUD geword!!! Ek het ook so bietjie ekstra kennis opgedoen van mense en hul geite, dus het ek die vermoë om iemand binne minute van ‘n gesprek akkuraat op te som. Liggaamstaal spreek soveel meer as woorde….

Kyk, ek het myself terdeë geniet op die dansvloer!! As daar ‘n lekker losdans ritme was, was ek daar!! Ek het lekker “gemingle” met talle verskillende mense en diep gesprekke begin voer en observeer na 23:00. 😉 Dit was heerlik, maar ek kon nie anders as om te dink dat die wat so dieselfde gebly het op soveel van die lewe uitmis nie!!!!

Ek was by twee gesprekke betrokke waar ‘n persoon bespreek is deur mense wat die persoon nie verstaan nie. Natuurlik duld ek nie so iets nie en het ek op ‘n diplomatiese manier probeer opkom vir die persoon. Grotendeels omdat die herinneringe wat ek van die persoon het net goed is en dat ek nog altyd net goeie gesprekke gehad het met die persoon. Ek hou daarvan as iemand iets tussen die ore het. Ek hou daarvan as iemand hul kennis met my kan deel en ek met hul. Ek glo as jy ‘n gesprek met iemand kan voer sonder om iemand anders te bespreek het jy volwassenheid bereik, daarom weier ek om ander te bespreek, tensy daardie persoon daar is om hulself te verdedig of hul standpunt te stel. So maklik soos dit!!!

Die wat die reünie gereel het, het hul taak goed uitgevoer en ek was beïndruk met die venue.

Ek sou so paar goed anders gedoen het, maar dis my persoonlike opinie en ek dink steeds dat die wat dit gereel het ‘n goeie “job” gedoen het.

Dit was heerlik om na 10jaar weer almal saam te kuier. Kom ons hoop ons kry binnekort weer die geleentheid en dat dit gouer as 10jaar sal wees.
Ek hoop dat die wat daar was dit soveel soos ek geniet het!!

Tot wedersiens!

Toodles!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s