10 dinge wat ek my seun gaan leer.

image

Hallo daar!

Die voorreg om ‘n seun tot ‘n volwasse man groot te maak is nie vir almal bedoel nie. Hoewel ek dink om ‘n dogter tot volwasse vrou groot te maak kan moontlik moeiliker wees. Ek sien alreeds die verskil in manier van opvoed tussen my seun en dogter. Om ‘n seun te hê is ‘n baie groot voorreg, maar jy het ook ‘n baie sterk hart nodig daarvoor, omdat seuns geneig is om alle limiete en liggaamsdele op die spel te sit vir geen goeie rede. Haha! ‘N seun word ‘n waaghals gebore.

Dinge wat ek my seun gaan leer om hom voor te berei vir my toekomstige (skoon)dogter.

1. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele verstand en jou hele siel. Dan moet jy ook jou naaste liefhê soos jouself. Ek is nie bereid om ‘n selfgesentreerde man groot te maak nie. Hy moet God eerste stel in ALLES wat hy doen.

2. Jou hande is nie krom nie en sal nie afval van skottelgoed water nie. Hoewel ons ‘n skottelgoedwasmasjien in die huis het sal my seun weet hoe om skottelgoed te was. Hy sal ook weet om sy vuil skottelgoed kombuis toe te vat en nie net daar te los nie.

3. Wasgoed is nie daar om net te lê nie. My seun sal weet hoe om wasgoed te was, te sorteer, te stryk en op te vou. Hoewel dit nie die lekkerste taak is nie, sal hy dit kan doen. Dit sal hom dissipline leer.

4. Jou vrou is nie ‘n voorwerp wat jy sommer net kan gebruik vir jou plesier nie. My seun sal weet dat sy vrou ‘n geskenk is aan hom en daarom sal hy haar respekteer, asook haar gevoelens. Daardeur sal hy, haar respek teenoor hom ook verdien.

5. Jy vra niemand om vir jou drank aan te dra tensy jy hul vra om die Bybel ook vir jou te bring nie. My seun sal ‘n voorbeeld stel deur sy vrou en kinders eerder te vra om die Bybel vir hom te bring as om ‘n bier vir hom oop te maak.

6. Jou tuin en jou motorhuis is ‘n refleksie van jou as man se binneste. Hy sal altyd met sorg na sy tuin omsien en alle gemors in die motorhuis uitgooi.
7. Jy sal in alle behoeftes van jou vrou voorsien sonder ‘n gekla. My seun sal verstaan dat sy vrou se liefdes tenk en fisiese behoeftes tenk se vlakke van hom afhang. Hy sal sy vrou met liefde hanteer en in alles voorsien wat sy sou nodig kry.

8. Jy mag ander vroue se skoonheid waardeer, maar jou eie vrou sal jy geniet.

9. Om kos te maak is nie net jou vrou se werk nie. Jy mag ook die potte nadertrek.

10. Jou gesin kom eerste. Jy moet eerstens in jou gesin tyd belê voordat jy tyd kan onttrek. Betrokkenheid met die opvoeding van jou kinders is heel bo aan die lys. Maak seker dat jy en jou vrou die eerstes is waarheen jou kinders sal gaan vir raad en wees ‘n voorbeeld om God in alle besluite te raadpleeg.

Hoekom wil ek hê my seun moet “housely duties” kan verrig? Want dit leer hom dissipline. Hy sal ook weet dat respek gegee moet word om verdien te kan word. Sy vrou glo ek sal hierdie dinge eendag waardeer en dan dit ook vir hom doen.

Om ‘n seun tot Godvresende man groot te maak is nie ‘n maklike taak nie, maar as jy van vroeg af die boompie buig sal hy geen hangups hê nie.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s