Moeg is nou eenvoudig deel van my persoonlikheid.

Hallo daar!

 

Ek is moeg. Ek is sielsdodend moeg. Ek is so moeg; dat my moeg, moeg is.

Hierdie moegheid is ook nie meer net deel van my nie, maar dit is nou deel van my persoonlikheid. Was jy al so moeg? Die dame wat my help in my huis was die afgelope ruk in die hospitaal, dus het ek elke aand na ‘n voldag se werk by die huis gekom en begin skoonmaak. Elke keer tot maklik 11pm. Daarna het ek tenminste elke uur opgestaan vir ons dogtertjie; wat besluit het om haarself van my bors af te speen, met die gevolg dat sy nou minimum elke uur gedurende die nag wakker word. Sy kry ook nou haar tandjies en dra dit ook grotendeels by.

 

Ek doen alles self….

 

My man is nie ‘n slegte man nie, ek dink net nie hy weet wat presies om te doen nie. Dit is OF die laasgenoemde OF hy het net eenvoudig besluit om dit nie te doen nie. So tussen al die skottelgoed elke aand, die hope wasgoed en die “trap in die poefdoek” kaskenades die afgelope week is my huis steeds nie soos wat ek dit wil hê nie. Die strykwerk hoop op, die bottels hoop op, die wasgoed hoop op en ek is moeg… Dit is gladnie asof ek NIE probeer nie… Ek werk my arms stomp elke aand omdat ek direk van die werk af die kinders oplaai, hul dadelik bad, begin met die kos maak en teen 7uur die kids in die bed sit. Teen daardie tyd is ek so uitgeput dat my arms loodswaar is en my voete sleep, maar wat gaan dit help om te kla?

 

Sê ek, die een wat ‘n hele nuwe klaaglied hier tik.

Meskien as ek bietjie mooier was, of bietjie maerder, of wat as my maag weer plat kon wees? Sou my man dan kans gesien het om my te help met die huistake sodat ek in die aand of oggend meer energie sou hê? Dalk? Dalk nie? Meskien sou dit gewerk het as ek nie nodig gehad het om te werk nie en heeldag die kinders self kon grootmaak en die huis daagliks spring clean? Dalk….

Maar ek is nie mooier nie, ek is nie veel maerder nie, my maag is effe platter, maar sal nooit weer dieselfde wees nie. Dus is daar geen ander plek waar ek kan rus kry as by die voete van my Koning nie.

Hy herrinner my dat Hy gesê het: Almal wat moeg is kan na Hom gaan en sal weer nuwe rus by Hom vind. Ek roep Hom aan in my uur van benoudheid en ek WEET Hy sal my uithelp. Op Arendsvlerke sal ek sweef, ek sal hardloop, maar nie moeg word nie.

 

Hoe ongelooflik wonderlik is dit om sulke beloftes te hê om op terug te val. Beloftes wat die vangnet onder jou vorm en jou toevou in veiligheid wanneer jy val, SODAT jy nie jou voet stamp nie. Die woord sê dat Hy gee Sy engele aangaande ons opdrag om ons te beskerm.

Vanaand wanneer ek my kop op die kussing neerlê sal ek oombliklik aan die slaap raak en ‘n geseënde nagrus hê.

Ek bid dit vir jou ook toe.

 

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s