2015 – Wat ek geleer het.

2015

Hallo daar!

Hierdie jaar was behoorlik opwindend en het met ‘n groot hoogtepunt vir my afgesluit. Ek het vanoggend die opsomming van my blog gekry en was wonderlik verras toe ek dit lees! Baie dankie aan elke liewe een wat hier lees, dit laat my uiters spesiaal voel en motiveer my net nog meer om te skryf. Nou goed, ek het hierdie week my jaar 2015 in perspektief geneem en bestudeer.

2015 was verseker ‘n hoogtepunt wat ek nooit sal vergeet nie. Die eerste keer in ‘n paar jaar kan ek met eerlikheid sê dat ek hierdie jaar meer voorspoed as teëspoed gehad het. WONDERLIK!

Ek het ‘n hele paar dinge van myself geleer en ek wil dit graag met jul deel.

Vergifnis en blydskap loop hand aan hand. 

Toe ek 2014 agter gelaat het, het ek besluit om negatiwiteit, onvergifnis en alles wat verkeerd is agter te laat. Ek wou nie hê dat my kinders moet dink dit is “ok” om ‘n wrok te hou nie, want dit is nie! Ons is nie gemaak om hartseer en eensaam te wees nie, ons is gemaak om vol blydskap te wees oor alle dinge. Omdat ons gewortel is in God, is ons blydskap ook in Hom gewortel en vloei dit automaties uit deur Hom na ons toe. Daarom is dit so uiters belangrik om in alles dankbaar en vol blydskap te wees. Met my eerste tree in 2015 het ek almal wat ek gevoel het my seergemaak het vergewe en aan beweeg. Deur dit te doen is ou verhoudings herstel en nuwes gebou. Deur dit te doen het ek weer my blydskap gevind.

Daar is nie grys nie, net wit of swart.

Hierdie opskrif handel nie oor ras nie. Dit handel bloot eenvoudig oor reg of verkeerd. Morele waardes. Ek hou nie van ‘n meskien antwoord nie, ek verkies ja of nee. Netso. Wanneer ek ja of nee sê is daar ALTYD ‘n rede. Ek gee nie ‘n meskien as antwoord nie. Dieselfde gaan vir my waardes en standaarde. Dit is OF reg OF verkeerd. Hoewel my hare al blou-grys was die jaar is dit geensins van toepassing op my waardes nie.

Ek hou nie net van lees nie, ek is MAL daaroor.

Ek het nog altyd gehou van lees, maar hierdie jaar het ek ontdek dat om te lees my “vakansie” is. Om te lees verbreed jou kennis en oefen jou verbeelding. Natuurlik brei dit ook jou woordeskat grootliks uit. Ek lees grootliks fiksie, maar dit moet ‘n “les” agter die storie hê. Ek wil altyd iets leer.

Politiek is vir my uiters interessant.

Hoewel ons land se politiek ‘n sirkus is, geniet ek dit om dit te volg. Dit is soos ‘n sepie. Dan volg ek ook die huidige oorlog wat aan die gang is. Hulle sê dat as al die lande deur vrouens regeer moes wees, sal daar nie oorlog wees nie, net ‘n klomp lande wat nie met mekaar praat nie. (Katish! 😉 )

Ditjies en datjies.

Ek het geleer wat my gunsteling kleur is. My gunsteling liedjie en ook my gunsteling kos. Ek verkies blink goed soos juwele, maar iets anders, nie die normale nie.

Deursettingsvermoë. 

Ek het in 2015 geleer dat ek baie meer guts, wat deursettingsvermoë aanbetref, het. Al sak die storm om my toe en sukkel ek om die lig in die duister te sien, bly ek positief. Ek gaan slaap so bietjie en dan lyk alles beter, want so bietjie slaap en koffie maak alles reg..

Jy is nie ‘n vloerlap nie. 

Die dae wat ek gebruik is vir ander se vuil werk is verewig verby. Die oomblik wat jy jouself deur ander se oë begin sien sal jy, jou eie waarde besef. Make yourself irreplaceable.

Wat het jy in 2015 van jouself geleer? Deel dit asseblief met my. 🙂

 

Toodles!

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s