Ek staan voor jou
Jy is bleek, wit, niks
Ek beverf jou met die kleure van die reënboog
Laag, middel, hoog
Met my roomwit roos verf ek jou,
Die lewe,
Geel, want jy bring geluk,
Swart, want jy bring ongeluk,
Blou, want jy besit vrede,
Swart, want jy besit die wrede,
Rooi, want jou asem is passie,
Swart, want jou asem is lui,
Pienk, want jy besit vreugde,
Swart, want jy besit die verlede,
Blanco bladsy, jy is amper iets
Kinkels, krulle, lyne
Ek verf lyne van geluk,
Lyne van jubel,
Lyne van dans,
In jou,
Lewe,
In jou sal ek dans
In jou sal ek snik,
In JOU, in jou.
Pragtig geskrywe, elke keer as ek dit lees, lees ek meer raak.
Baie baie dankie! Dit was my eerste keer, so ek kan nog baie leer. Jou kommentaar beteken die wêreld vir my! Groete*