“Poefel is nie ‘n vloekwoord nie.”

It was my birthday weekend and I had received several gift cards, so my family and I headed out to an outlet mall for the day.  Turning into the parking lot we saw an African American man, probably...:

“My voete lyk soos poefel. MAAR poefel is nie ‘n vloekwoord nie!”

-Nicolaas 3jaar en byna 6maande.

Kan jy nie net ‘n kind opsoen wanneer hul onskuldigheid so deurskyn nie? Die bogenoemde sin het my seuntjie vir my so paar aande terug gesê toe hy in die bad sit en na sy vreeslike modder vuil voete kyk. Ek probeer my uiterste bes om hom te leer om eerder nie te vloek nie. Nadat ek myself byna ‘n papie gelag het vir sy uitdrukking het hy met die volgende opgevolg:

“Leeu, Luiperd en k** is vloekwoorde.” Vreeslik ernstig en effe huiwerend het hy die laaste woord gesê… Ek kon nie my lag hou nie! Hy het daardie sin so haarfyn beplan dat ek reg in die strik getrap het. Ek leer hom toe dat die eerste twee woorde diere is, maar die laaste woord mag hy nie sê nie. Hy verstaan. So rukkie later roep ek sy pa en vra toe vir Nicolaas soos wat lyk sy voete? Hy antwoord “Poefel! Maar dis nie ‘n vloekwoord nie!” WEER maak ek my byna nat soos wat ek vir hom lag. Ek vra hom toe, “En wat is vloekwoorde?” “Leeu en Luiperd is diere name en die ander wood mag ek nie sê nie…” Ek probeer hom uitlok on sê dat dit ok is, hy mag dit maar vir pappa sê; waarop hy heel slim antwoord: “Ek mag dit nie sê nie, maar as pappa dit weer sê sal ek vir mamma sê.” Haha! Jinne, hy is ‘n grysgat!

Hy is vol dinge deesdae. Mens noem dit grootword… 🙂

Ons ry so ruk terug huistoe nadat ek hom en sy sussie opgelaai het by hul ouma. Hy vra of hy kan ysies kry. Sussie is knieserig en ek sien nie kans om te stop by die kafee nie, dus sê ek vir hom dat ek nie geld het nie. Hier volg die gesprek:

“Mamma, kan ek asseblief ysies kry?”

“Babes, mamma het nie nou geld nie.”

“Ek het.”

“Hoeveel geld het jy?”

“BAIE!” Arms wyd uitgestrek.

“Watse geld is dit?”

“JOU geld!”

Neewat, hy is hopeloos te slim. Ek sien ‘n baie opwindende tyd wat voorlê met hom wanneer hy ‘n tiener is!

 

Goed gaan!

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s