My mees ongemaklike situasie.

44b0a6792696f561b1e3f97e48fac10a

Dit was ‘n yskoue Standerton Hoëveldfees dag en ek onthou dit steeds soos gister. Al was dit maar so paar maande terug…

Ons het by die “skou” rondgeloop in die ysigste koue nog! Ons tweede baba was maar skaars 4maande oud. Ons oudste het saam geloop en gekyk na al die interessante goedjies. Nadat ons deur die “skou” geloop het, dit vat nie te lank nie, het ons besluit om by een van die plaaslike kerke se restaurant te gaan sit om ietsie te eet en drink om warm te word.

Als was heerlik en die atmosfeer was netso lekker. Almal het gelag en gesels, bekendes en onbekendes saam. As daar nou een ding is wat ons ou Standertonners goed kan doen, is dit KUIER! Ons kan behoorlik lag en gesels! Nou ja, soos ons toe nou klaar eet en drink besef ek, dat ek ‘n noot het. Nee, nie ‘n pienke, groene, bloue of gele nie….’n water noot. Hier in my blaas…

Dit is sulke tyd vir my en ek besluit ek moet ‘n draai loop. You know, a girl’s gotta do what a girl’s gotta do… Ek stel my man in kennis. ons byna drie jarige seuntjie hoor dit. Hy is pas van die doeke af en besef dat hy ook skielik so water noot ontwikkel het. Ek probeer hom oortuig dat hy saam pappa eerder moet gaan, maar hy hou voet by stuk en wil saam met my gaan.  Ek is nie oor die algemeen ‘n “fan” van so publieke ruskamer nie, maar hierdie een was darm mooi skoon.

Omdat hy nog klein was laat ek hom toe saam met my in dieselfde hokkie ingaan…. Onvermybare fout. Ek laat hom eerste gaan en toe gaan sit ek…. weereens, onvermybare fout. Soos ek gaan sit vang sy oog dit wat ek nou nie wil hê hy moet sien nie. Die dialoog loop as volg:

“Mamma, het jy ‘n eina?”

“Jip”

“Mamma, wat maak jy? Poef jy?” (Ek sê weer. P-u-b-l-i-e-k-e ruskamer…. Hy is byna drie so het geen volume knoppie nie. Net een verstelling…. Kliphard!)

“Nee babes, ek pieps.” (Bloedrooi gesig.)

“Nee mamma, poef jy?

“Nee babes, ek pieps. Shuut nou!” (Que scary eyes.)

“JY POOOEEEF, JY POOOEEEF!!!!!” (Kliphard….)

Survival mode engage!! Trek op die broek, spoel die hande en hol!!!

Ek weet nie wie was saam ons in daardie badkamer nie, maar hul het seker besef ek is eintlik maar Flash in disguise!

Toodles!

 

 

 

2 thoughts on “My mees ongemaklike situasie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s