Hoe ek geweet het ek is klaar met babas hê.

12711107_831662746942795_2286277115282908210_o

Elke vrou dink sy sal soos haar ouma grootjie wees en moontlik 12 babas in die lewe bring. Wel, nie ELKE vrou nie, maar die groter persentasie. Ek wou self op ‘n stadium my eie rugby span begin het…. Ek was net duskant twintig jaar. Toe ontmoet ek my man en skaal af na slegs vier kinders…. Na ons eerste baba was ek gereed vir nog en nog en nOg! Ek het gelukkig nou tot my sinne gekom. Asseblief, moenie my verkeerd verstaan nie, daar is NIKS verkeerd met vier of meer kinders hê nie. Twee van my niggies het elk vyf babies en ek dink dit is WONDERLIK! Ek haal my hoed af vir elke vrou wat meer as een of twee of vier babas het, ek weet nie hoe jy dit doen nie. Jy is vir my werklik ‘n inspirasie en dit is beslis jou roeping om ‘n mamma te wees.

Maar hoe het EK geweet dat twee babas vir my net perfek is? Of hoe het ek geweet dat ek klaar is met ‘n gesin vergroot? Ek was so rukkie terug by die ginekoloog en het vir hom die volgende gevra: “Dink jy dit is dalk tyd vir my om die fabriek toe te maak?” Sy antwoord: Hy kan dit nie vir my besluit nie. Dit sal ‘n besluit wees wat ek en my man sal moet maak. Ek vra hom toe, maar hoe sal ek weet? Ek was weer so effe broeis gewees…. Hier is my antwoord:

Wanneer jy ‘n swanger vrou sien en jy nie meer ‘n hunkering het na dit nie. Hierdie gevoel kom eintlik heel laaste, maar ek wil eerste met dit begin. Nou nog wanneer ek ‘n pragtige swanger magie sien trek daar iets aan my hartsnare, maar dan onthou ek weer hoe naar en moeg en seer ek was met my laaste enetjie en vryf ek eerder die magie as om dit self te groei. Elke swanger vrou het my innigste simpatie, want hoewel dit die wonderlikste geskenk in die wêreld is en ‘n nog groter voorreg, weet ek dat dit BAIE harde werk is wat niemand werklik verstaan nie, of eerder, geen man verstaan dit nie.

Wanneer jy iemand se pasgebore baba vashou. Wanneer jy iemand se pasgebore baba vashou en die geselsies en liefies en warm lyfie geniet, maar dit is lekkerder om daardie baba weer terug te gee, dan weet jy…

Wanneer jy uitsien na die kinders se grootwees. Niemand kan jok nie. Wanneer jy ‘n ouer is, is dit die wonderlikste ding om net ALLEEN te kan gaan stort of die toilet besoek sonder dat daar twee pare ogies vir jou staar en vra wat maak jy, of wanneer jy nie hoef op die bad se rand half kaal voor jou badtyd te sit en borsvoed nie, wanneer jy kan deurslaap. Ja, mens raak selfsugtig.

Wanneer dit vir jou ‘n verligting is om van die klein baba kleertjies en baba goed ontslae te raak. Alhoewel ek ‘n traan pik wanneer ons twee babies groter klere begin dra of nie meer met die baba goed speel nie, is dit vir my ietwat van ‘n verligting ook dat dit verby gaan.

Ek onthou dit nog soos gister hoe ek al van kleins af gedroom het oor my trou dag of die dag wanneer ek my eerste baba sal vashou. En toe ontmoet ek my man en toe droom ons saam, maar vandag was ons vir die eerste keer in byna ‘n jaar alleen vir die middag. Ons kon binne sekondes in die kar klim. Ons kon uiteet en rustig gesels. Ons het gaan fliek! Ons kon rustig deur die klere winkels loop. Oppad uit het ons in die motor geskerts oor die dag wanneer ons seun of meisie vir die eerste maal sal uitgaan op ‘n “date”…. Daar sal ‘n haelgeweer betrokke wees…. hahahaha! En net daar het ek besef, ek is wErklik nou klaar met die baba fase van my lewe. Nou sien ons uit na die grootmaak, die tiener fase, die universiteit fase, die drome, die prestasies en eendag as die Here wil, ons eie kleinkinders.

Ek vertrou dat jy ook sekerheid sal kry indien jy ook wonder oor hierdie saak. Dit is ‘n massiewe besluit, maar dit is die wonderlikste gedagte om te dink dat ons nou in die grootkind fase ingaan.

Toodles!

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s