Ek skrop nie potte nie!

image

Geen vrou hou van potte skuur nie, VERAL nie ek nie. DAAROM het ek so paar maniere gekry om dit totaal en al te vermy! Selfs al maak jy “moerby aandete”. 😉

Ek gebruik my potte byna elke liewe keer wat ek kosmaak. In die verlede het ek dit gelos vir ons huishoudster, maar aangesien ons nie meer een het nie… doen ek dit maar self.

1. Tap water in jou potte onmiddelik nadat jy die kos uitgeskep het. Ja, ek weet jou mond water vir jou lekker kossies, maar deur dit te doen bly die kos wat agterbly sag en is dit amper net uitvee werk wanneer dit gewas word. Skep ALLES uit, indien daar oorbly, skep dit sommer in ‘n kosblik vir môre.

2. Omdat ons aandag so maklik afgelei word kan die kos vinnig brand. Ek het agtergekom dat dit sommer baie vinnig sag word wanneer jy skottelgoedseep/domestos oor die bodem gooi, water intap tot bo en dit oornag laat staan. Wanneer jy dit dan die volgende dag wil was kan jy die gebrande bodem net afkrap met ‘n lepel, dit in die toilet afgooi en die pot was.

3. Van hierdie een hou ek die meeste. Die skottelgoedwasser!! Ek is baie bevoorreg om een te hê, dus gebruik ek myne ELKEDAG! Ek het nie die tyd om voor die wasbak te gaan staan nie, so ek spoel my potte uit nadat ek kos gemaak het en sit dan die potte dadelik in die skootelgoedwasser nadat ek dit uitgespoel het wanneer ons geëet het. Teen die tyd wat ons klaar geëet het is dit klaar gewas en kan ek die potte net wegpak. Maak net seker dat jy, jou “filter” gereeld was.

4. Eet uit of kry wegneem etes!
Hoewel hierdie een nie die gesondste is nie, help dit sommer baie dat jy nie ekstra skottelgoed sal hê nie, maar dit sal jou bietjie “padding” gee vir die winter. Haha!

Ek hoop jy het hierdie inskrywing geniet en dat jy ook nou sal OPHOU potte skuur.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s