Fotograwe met ‘n missie

IMG_0054.0

Soos ek instap na die studio word ek vriendelik gegroet deur ‘n aantreklike skraal man met ‘n glimlag wat die seerste traan sal wegdryf. Hannes van Oudtshoorn. Ons drink koffie en chit chat totdat Danie by ons aansluit. Hierdie is twee dinamiese manne met ‘n doel. Jy kan dit in hul oë sien. Die passie om IETS te maak wat vir jare steeds sal staan en baie herinneringe sal vasvang vir talle mense.

Fotografie. So klein woordjie, maar so breë spektrum. Aitch Vee Oh Photography is in albei se gedagtes “verwek” en toe “gebore” in middel Maart 2016. Hoewel hul nog nie baie lank aan die gang is nie, kan jy sien hierdie twee werk met ‘n doel!

Hannes het BA Kommunikasie studeer en in menigte hoë kringe van bekendes beweeg. Hy was maar altyd van sy skool jare af agter die lens. Gereeld by sport byeenkomste, optredes en enigiets interessants wat sou gebeur, daar sou jy Hannes vind. Danie ook dieselfde. Danie was, nes Hannes, ook altyd agter die lens. Mens kan eintlik ‘n kans vat en sê dat fotografie HUL gekies het.

Fotografie is albei se passie. Hannes werk aan die Tegniese en kunstige aspekte, waar Danie aan die “Whimsical” deel werk. Saam maak hul ‘n baie sterk span. Hul kommunikeer op ‘n vlak wat bitter baie mense begeer. Hul styl is “anders”. Kunstig. Eksentriek.

Met die aanvraag op hul 10jaar plan antwoord albei baie opgewonde dat ‘n Kersfees in New York vakansie beslis op hul te doen lys is. Ek wil nie graag hul groot plan weg gee nie, maar ek kan wèl sê dat hul groot droom en ek dink dit is FANTASTIES! Ons plattelandse dorpie het mense soos Hannes en Danie nodig! Mense wat vooruit dink. Mense wat jare vorentoe beplan. Mense wat droom.

Hannes en Danie is albei ook joernaliste by ons plaaslike Kosmos koerant. Danie is al sedert 2012 daar en Hannes sedert 2015 nadat hy vanaf Johannesburg en Potch Standerton toe getrek het.

Ek was self ook voor Hannes se lens. Ek was heel op my gemak en kon nie ophou lag nie. Hannes het die manier om jou persoonlikheid na vore te bring. Jou diepste verlange sal in jou oë deurskyn voor Hannes se lens.

Ek glo dat elke persoon ‘n roeping in hul lewe het en verseker het hierdie twee dit gelukkig gou genoeg ontdek. Kontak hul gerus en gaan “Like” sommer hul facebook page ook. Goeie diens en pragtige foto’s sal jy beslis by hulle kry! https://www.facebook.com/aitchveeoh/?fref=ts

Toodles!

 

Lewer kommentaar