Om te skryf.

image

Om ‘n boek of enigiets anders te skryf is nie maklik nie…. Jy kry dae wat alles net uitvloei soos reviere sonder end. Liters en liters woorde val by die waterval van gedagtes af; vinnig en sterk.

En dan….

Dan kry jy dae soos wat ek vandag ervaar. Ek sit voor ‘n leë skerm, gereed om met hoofstuk drie te begin. My raamwerk is perfek, maar ek annaliseer en oor annaliseer ALLES!!!! Dit is seker die grootste frustrasie moontlik…. ‘n tipiese geval van skrywers blok. Een twee drie blok myself!!! Ironies dat ek by “drie” sou blok….

En nou? Nou sit ek maar hier op my bed, in die winterson en kry myself jammer tot in die verderf in omdat…. ek weet wat ek wil skryf, maar ek weet nie? Is dit wat ‘n boek ‘n goeie boek maak? Mense dink dit is sommer maklik om te skryf, gooi net so paar woorde en sinne bymekaar abra kedabra en siedaar!

Nee. Nie so nie.

En dan is daar weer ander wat dink, wel, jy het mos skrywers gene in jou. Dit maak dit mos makliker. Ja, ek het skrywers gene, my ouma se niggie was Anna Neethling Pohl, maar dit maak dit ongelukkig ook nie makliker nie.

Ek WIL skryf, maar nou sit ek hier in die son op my bed  en tik my mees morbiedste blog nog vanaf my foon, wat ek sekerlik gaan berou, omdat my rekenaar in die koue sitkamer gestationeer is en ek nie wil vrek van die koue daar nie. Ek was veronderstel om ‘n notebook te koop verlede maand, maar agv onvoorsiene omstandighede moes ek daardie geld gebruik vir ander meer nodige goed en nou kry ek myself sommer jammer daaroor ook, want as ek die notebook eerder gekoop het kon ek nou baie lekker in die son gesit en tik het…..

Ugh, ek depress myself.
Dalk sal Clarens my môre weer inspireer.

Ek gaan koffie maak.

En lees.

Nou.

One thought on “Om te skryf.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s