Wat is familie?

IMG-20160427-WA0011

Wat is familie?

Ons almal word gebore in ‘n biologiese familie in. D.w.s ons DNA is basies dieselfde, ons lyk na mekaar en ons doen dinge wat dieselfde is. Dan word ons groter. Ons begin maats maak. Hulle is ons verhoudings familie. Sommige van hul stap die pad saam met ons vir die res van ons lewens, ander is maar net vir ‘n seisoen van groei saam met ons. In daardie seisoene kry ons heel moontlik seer, maar ons leer daaruit en dit vorm ons karakter.

Na die kinderjare ontmoet jy jou man of vrou, julle trou en julle biologiese families smelt saam. Jy kom nie noodwendig oor die weg met die nuwe familie in liefde (#skonies) nie, maar as jy so geseënd is soos ek vind jul mekaar en bestaan die woord “skoonfamilie” nie vir jou nie.

Lekker ingesettle by jou familie in liefde, begin jy en jou man of vrou ‘n gesin. Uit liefde word een of meer kinders gebore. Jy maak hul groot en wys hul die regte pad aan om te loop, dan brei jul uit. Hul ontmoet iemand en word dit jou “son- or daughter-in-love”. En so gaan dit aan.

Maar dinge werk nie altyd soos ons dit beplan nie, en biologiese families bly nie altyd onder een dak nie. In vandag se tyd is dit ‘n rare verskynsel dat jy steeds jou biologiese ouers as getroud sal sien op hul oudag. ‘n Baie hoë getal van getroude paartjies regoor die wêreld skei, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander keer.

Toe ons 16jaar terug as vreemdelinge op Standerton gearriveer het, (lekker Jan van Riebeeck style) het ek NET my biologiese familie geken. D.w.s my ooms en tantes, niggies en neefs wat hier gewoon het. Ek het van die Kaap af gekom en soos julle weet doen ons ou “Capies” dinge maar heelwat anderste as die “Platties”. My ouers was byna 5jaar geskei en my moeder het ‘n wonderlike man ontmoet met wie sy toe getroud is en dit het toe gelei daartoe dat ons ‘n nuwe familie gekry het.

Die slim mense sê dit vat ‘n nuwe gesin so twee jaar om mekaar te vind. Dit is hoe dit vir ons gewerk het. Hoewel ons steeds nie sommer om dieselfde vuur dit nie, sal ons tog vir mekaar  baklei wanneer die ander een leed aangedoen word Ons is steeds lief vir mekaar. Die groter deel van die nuwe familie soos die ooms en tantes het ons dadelik aanvaar. Die familie kamp vir die jaar was altyd vir my ‘n hoogtepunt. Nou na 16jaar voel my “aangetroude familie” (hulle het ‘n ander woord daarvoor…. Haha!) nader as my biologiese familie. Ek het ook ‘n ander familie wat gehelp het om my groot te maak. My peetma is so byna twee jaar gelede oorlede aan borskanker en elke keer wat ek aan haar dink (daagliks) voel dit net weer asof ek sopas die nuus gekry het. Sy was ook vir my ‘n ma en is daar ‘n leemte sonder haar.

My oorlede ouma Ans het my geleer: ” ‘n Pa is die een wat die klere aan jou lyf sit, die een wat jou kos in jou bord sit, jou leer van reg en verkeerd en die dak oor jou kop sit.” Wyse woorde van ‘n vrou wat ek ook elke dag mis. Familie kan soms aangenome ook wees. Of hulle kan net jou vriende wees.

Die punt is, familie is diegene wat vir jou lief is, die wie jou aanvaar net soos jy is, die wat jou ken van binne en buite en steeds van jou hou. Familie kan hard baklei, maar harder vergewe. Familie kan mekaar afskryf, maar is onmiddelik daar wanneer jy swaarkry. Familie IS liefde!

Fenominaal

Aanmekaar geweef

Met

Innige

Liefde

In

Eenheid

Ek is lief vir my familie.

Toodles!

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s