Die Heuwels IS Fantasties!!!

image

↑ Die eerste van nog baie “coolste” oomblikke in my lewe!

Die dag toe ek hoor Die Heuwels Fantasties (DHF) kom Standerton toe het ek onmiddelik geweet ek MOET hul interview. Hul musiek is poëties en praat met ‘n mens. Hulle sing oor die lief en leed van die alledaagse lewe.

Aangekom by die gastehuis word ek gegroet deur elkeen met ‘n stywe handdruk. Ek voel sommer welkom in my eie dorp. 😉 Pierre is aansienlik langer as wat ek hom geskat het en Hunter gesels maklik.
Ek wou hierdie onderhoud iets anders maak. Nie die usual nie. Hul het baie vinnig die leer van bekendheid geklim, binne 8jaar en soos meeste sal dink, wanneer jy nou bekend is het jy mos jou droom bereik? So where do you go from here? Hul antwoord: Ons wil net ons musiek verbeter elke keer. Mense moet verras wees met die nuwe musiek. Daar is sprake van ‘n nuwe album, maar nog niks is finaal nie.

Toe ek vra oor hul internasionale status het hul met my gedeel dat hul nou binnekort weer oorsee gaan wees en ook in Australië ‘n toer gaan doen. So aan my Australiese lesers, kyk uit vir daardie plakkate! Hul het ook gedeel dat daar ‘n ongelooflike groot groep Afrikaners (expats) in die buiteland woon en hul dit geniet om vir hul op te tree. Daar is ook ‘n paartjie van Swede wat hul shows opsoek wanneer hul in SA kom vakansie hou.

Hul musiek video van “Leja” het my hartsnare getrek en ek vra toe uit oor die insperasie daaragter. ‘N vriend van DHF het ‘n dokumentêr gedoen oor Damnville en die resies baan Mahem. Dit was kreatief en gepas  vir die song.  Klein Tambotieboom is my gunsteling song van DHF. Die storie daaragter is: Dit was ‘n familielid van Hunter en het hul daaroor geskryf. Dit is ‘n song van heimwee en nostalgie. Die Heuwels Fantasties maak nie net musiek nie, hul maak kuns! (My woorde…)

Om soveel dae lank saam op die pad te wees kan ‘n groot invloed op jou gemoed hê en veral ook spanningsvol wees as jou gesin by die huis is. Kom hulle ooit NIE oor die weg nie? Nee. Hul ken mekaar op so vlak dat hul besef om bakleierig te raak gaan niemand help nie. Maar hoe hou hul hulself besig? “Ons praat stront.” Hehe! En natuurlik musiek en nuwe songs. Omdat hul gesinne het is dit vir hul belangrik om werk en gesinstyd te balanseer. Hul probeer dus om nie langer as 10 dae te toer nie. Dit help ook baie om “voete op die grond” te hê. Byvoorbeeld as jy naby vriende se tuisdorpe is kan jy ‘n vinnige show reel. Skole toere werk ook goed.

DHF het in 2008 ontstaan en het binne 8jaar baie vinnig baie bekend geword. Juis omdat hul musiek so “close to home” is. Hul is ‘n groot groep vriende wat uit ander bands uit DHF begin het. Pierre en Hunter was onderskeidelik betrokke by ander bands, maar toe die tyd aanbreek om ‘n breek te vat het hul Die Heuwels Fantasties gestig. Hul is steeds soms betrokke by f**ofpolisiekar, van Coke ens. Hul het al saam baie bekendes opgetree en ook vir internasionale bands soos Kings of Leon geopen en ook ons local groot naam AKing.

Maar niemand doen iets vir sommer net nie… Hoekom doen hul wat hul doen? Een sin: Hul hou daarvan. So maklik soos dit. Hul ken niks anders nie en ek moet bieg, ek kan nie een van die vier band members iewers anders insien nie. Hulle plek is verseker op die verhoog.
“If you love what you do, you will never work a day in your life.”

Ek was na hul show toe en moet sê dit was elektries! My kop wou nie stilsit op my nek nie en my voete wou net dans. Die jongmense het verseker aanklank gevind by hul. Dit was lekker om net vir een aand te kon ontspan. Mommy’s night out!

Gaan loer gerus na hul website: http://www.dieheuwels.co.za vir besprekings ens.

Hierdie onderhoud het my nog meer geïnspireer om my drome na te jaag en in te haal. Om met bekendes te gesels en vir ander hoop te gee dat jy nooit op jou drome mag opgee nie. You are never too old to start. 

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s