Drome word waar!

image

Om jou drome in te haal verg baie geduld en deursettingsvermoë. Maar bo dit alles moet jy BAIE braaf wees. Jy stel jouself bloot aan die buitewêreld. Die wêreld buite die samelewing se boksie waarin ons gedwing word om te lewe.

My gedwonge boksie het so maand of drie gelede net eenvoudig te klein geraak en ek het uitgebreek! Weg van alles en almal wat my probeer definieër en vir my dikteer. My reënboog gedagtes wou net eenvoudig nie meer ingeperk word nie. Die ongelooflike vryheid wat ek van toe af ervaar motiveer my net al hoe meer om ander te help om los te breek uit hul boksies. Banale, vervelige, voorspelbare boksies.
Ek kom agter dat ek al hoe meer dinge bevraagteken. Byvoorbeeld: Iemand sê pastel kleure is die nuwe swart. Ek sê: “Hoekom? Hoekom nie helder oranje of geel nie?” As jy wil swart dra, dan dra jy swart. As jy wil pastel dra, dan dra jy pastel. As jy ‘n ekele streep oor ‘n bladsy trek en dit kuns noem dan ondersteun ek jou.

Ek het nog altyd die droom om mense te inspireer, hul te motiveer en mense wat nie ‘n stem het nie te help om te skree! Elkeen is geregtig tot sy eie opinie en sy eie manier van dinge doen. As jy wil dans, dan dans jy. As jy wil sing, dan sing jy so hard as wat jy kan! Niemand kan vir jou sê jy mag nie…. Ek wens ek het hierdie GUTS as tiener meisie gehad! Jinne! Maar ek moes self ook eers die skille van my oë laat afval, voordat ek kon sien.

As dogtertjie het ek gedroom van my man, trou en kinders hê. Nou het ek dit. Ek wou aktrise word sodat ek die wêreld kon beïnvloed, maar nou? Nou beïnvloed ek tOg die wêreld een dag op ‘n slag, een persoon op ‘n slag.

Ek wil mense help om die droom wat God in hul geplant het water te gee en dit te laat groei! Daar is ‘n rede waarom die Here daardie droom vir jou gegee het en wanneer jy dit besef sal jy, jou roeping erken en begin uitleef!

My droom om mense te inspireer en die wêreld te verander is 100% gewortel in my liefde vir my God! Wanneer mense my sien en my hoor praat moet hul Hom sien. Ek moet bloot net die spieël wees wat Hom aan die wêreld wys. Mense moet besef dat hul hier is sodat Hy verheerlik kan word. Nie omdat ons so goed is nie, maar omdat HY die almagtige God is!

En as jy gewonder het, dit is waarom ek vir die SARIE voorbladgesig ingeskryf het. Môre oggend 08:00 sluit die inskrywings. As ek inkom, great! As ek nie inkom nie, great! Dan het die Here my op kleiner skaal nodig. Ek was nog altyd iemand wat groot gedroom het. My verbeelding hardloop die vlaktes in met my wanneer ek begin dagdroom. 

Hoekom wag jy vir die regte tyd? Môre kan ons almal dalk al in die Hemel wees. Begin VANDAG! Droom VANDAG! Leef VANDAG!

En as jy my weer in die winkels sien dans op die maat van die musiek en sien saamsing, kom groet en dan dans ons saam.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s