Om ‘n pa (Vader) te wees.

image

Hierdie inskrywing is een van my seerste seer, maar ook my grootste oorwinning. Mag dit vir jou ook so wees.

Die laaste maand was een geestelike oorlog op die volgende vir my. Dit het gekom presies op die tyd wat ek begin het met die fiksie storie wat ek skryf en grotendeels die oomblik wat ek besluit het om ALLES in te sit in my verhouding met die Here. Ek was op die mees positiefste ‘high’ wat ek al ooit ervaar het en toe…. Toe kom die oproep. “Sus. Dad is by Wimpy…” Die res van die gesprek gaan ek nie deel nie.

Nou toe. Hier is die agtergrond… My hele lewe lank het ek al ‘daddy issues’ gehad. My ouers is geskei toe ek 9jaar oud was. Dit maak dit dan dus hierdie jaar 20jaar. Vir die afgelope 20jaar het ek probeer om verhouding met hom te bou. My broer het naweke om op my skouer gehuil wanneer ons ander boetie en sus na hul ma toe kon gaan vir die naweek of vakansie en ons het nie ‘n idee gehad waar ons biologiese pa was nie. Ek het my ouers (my ma en grootmaak pa) se foon rekening rooi gebel opsoek na hom. Elke nommer in die foonboek met sy naam het ek gebel  Sy ID nommer gebruik om hom te soek by die polisie ens ens ens. Hy het spoorloos verdwyn vir amper 5jaar. Toe ek veertien was het hy uiteindelik kontak gemaak. Daarna het ons so een vakansie per jaar gaan kuier. Hy het gereeld sy nommer verander en was die soektog van voor af. So het dit aangegaan tot 4weke terug.

Kyk, asseblief. Ek praat hom nie sleg nie. Hy is NIE ‘n slegte mens nie. Inteendeel, ek dink sy hart is dalk net te groot. Maar hy is ‘n man wat sy eie pad stap en ek dink nie dit sal verander nie. Ek sê weer, hy is NIE ‘n slegte mens nie.
Hy het hier aangekom en ons het vir hom verblyf gekry en probeer werk kry. Na twee weke het hy besluit om na groener weivelde te gaan soek en is weg uit Standerton. Hy het nie gegroet nie. My hart was hierdie keer in meer as glas skerwe gebreek. Jy weet daardie splinters wat glas maak wanneer dit breek? Jip, sulkes. Ontelbaar baie. Ek het besef dit is ‘n direkte aanval van die vyand. Hy het my geslaan waar dit die seerste maak. Ek het na die plek gegaan waar hy gebly het. Gevra of hy enigiets agter gelaat het. Niks. Ek was benoud! Net daar is ek direk na ons pastoors paar wat ook vir my as ouer pa is. Oppad na hulle het my gees reageer en ek het ‘n hulpkreet uitgeroep na die enigste Een in wie ek gewortel is. Die alomteenwoordige Vader. As ek nou terugdink besef ek dat Hy saam my in my motor was, want ek het oor die afgrond van breekpunt gegaan. Die tyd wat ek ander moes motiveer het ek gebreek. Dalk was dit presies wat die Here wou hê? Jy sien, Hy kan ons alleenlik help wanneer daar niks van ons oor is nie. My pastoors ouerpaar was genadiglik dadelik beskikbaar en ek dank die Here daarvoor. As dit nie so was nie, het ek moontlik die grond getref nadat ek oor die afgrond is. Ek het gesukkel met die volgende: Ek wou my pa eer. Soos die Woord van die Here ons leer, maar ek wou ook verantwoording doen vir sy optrede en dit my liewe vriende en vriendinne glo ek is die gevaarlikste plek wat jy ooit kan wees. Hoe is dit om te rou oor iemand wat steeds lewe? Ek het nognie woorde daarvoor nie. Dit is ‘n hartseer wat in jou keel sit en jy kan dit nie sluk nie. Dit is ‘n benoudheid wat van jou besit neem en jy geen uitweg sien nie. Die enigste rou wat ek dink erger as dit is, is wanneer ‘n ma haar kind moet begrawe. Maar om oor iemand te rou wat steeds lewe? Dit is onbeskryflik. Ek het besef dat ek my pa deur alles STEEDS moet eer. God het hom gebruik om my in die lewe te bring. As hy nie die instrument was nie, was ek dalk nie eens hier nie.

God sê Hy sal ‘n Vader vir die vaderloses wees. Psalm. 68:5.

Die geheim in daardie skrif is dat ons dit moet aanvaar. My lewe lank lees ek dit en hoor ek dit, maar nou? Nou GLO ek dit!

Na twee weke op ‘n ander dorp het my pa weer besluit om iewers anders te gaan. Ek het besef dat daar is niks anders wat ek of my broer sal kan doen nie. Ons sal ewig lief wees vir hom. Ons sal aanhou bid dat die Here sal ingryp en onderneem, maar die beste wat ons sal kan doen nou op hierdie stadium is om hom te laat gaan. Ek het hom vrygespreek en vergewe. Ek sal hom altyd eer as biologiese pa.

Hoe nou van hier af? Ek was baie geseënd met ‘n grootmaak pa. Nee, nie stiefpa, PA. Ek sien uit om hom hierdie vadersdag te bederf. Na al die jare wat hy soveel ingesit het om vir my waardes en standaarde en geloof in God te leer verdien hy om as PA ge-eer te word. Ek sal graag op ‘n ‘father-daughter date’ wil gaan met hom. Ek sien uit na verhouding met hom.

Maar die grootste van als? Die grootste oorlog in my lewe glO ek is oorwin. Want soms is die enigste manier om te wen om slegs weg te stap. Ek weet Wie is in beheer en omdat ek Sy oogappel is en Hy my liefhet, omdat Hy my alreeds vir Sy glorie eenkant gesit het in my moeder se skoot weet ek dat ek weet ek het ‘n Vader wat my inniglik liefhet. ‘n Vader wat bereid was om Sy Seun te gee sodat ek Sy liefde kan ken. ‘n Vader wat bereid was om Sy rug op Sy Seun te draai op die kruis sodat Sy Seun, Jesus, die hartseer sou ken waardeur ek moes gaan sodat die las vir my ligter sou wees. Hoe wonderlik is dit? Lank voor my eerste hartklop het my Vader reeds voorsienning gemaak om my te troos.

Ek bid dat hierdie getuienis ook in jou die lewe van verhouding met jou Vader sal skep. Ek bid dat waar jy moedeloos voel omdat jou biologiese pa nie betrokke was/is in jou lewe nie, jy die krag sal vind om hom steeds te eer.

Blessings.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s