Boer met jou vetplante.

Dit is nou al ‘n geruime tyd wat ek hierdie oulike manier met jul wil deel, maar ek moes eers ‘n klompie weke wag voordat ek genoeg stap vir stap foto’s kon kry. UIteindelik het die tyd aangebreek!

Ons almal se ma’s en ouma’s en vriendinne het al vir ons gesê dat om vetplante meer te maak so maklik soos een twee drie is. “Jy pluk net ‘n blaar af en steek hom in die grond.” is die raad wat ek meeste van die tyd gerky het. Dit is omtrent so maklik, maar as jy hier op Standerton bly sal jy weet dat die voëls hier byna enigiets sal eet en is dit dus nutteloos om te probeer om net die blaar in die grond te steek, want die volgende dag is dit moontlik uitgepluk of opgevreet. Toe gaan loer ek so bietjie op my heel gunsteling webtuiste genaamd Pinterest en kom toe om die vreeslikste oulikste blad af wat jou baie mooi stap vir stap verduidelik. Ek probeer dit toe en dit werk! Nou ja toe, ek het jul nou lank genoeg in die donker gehou.

Ons almal ken daardie pragtige “Karoo rosies” ook geken as “Woestynrose”. Ek het so paar in my tuin, maar wou dit graag meer maak.

Wanneer jy jou woestynrosie wil vermeerder knip hom af. As hy reeds geknip is, is dit ook goed. Daardie steeltjie wat agterbly sal weer  uitloop, so moenie hom uit die grond pluk en weggooi nie. Nou sit jy met hierdie plant in jou hand. Pluk die blare ferm maar nie te hard nie van onder af boontoe los. Wikkel die blaar so bietjie los en dan trek jy tot hy “afpop”. Dit sal dan soos volg lyk:

20160621_082741.jpg

Die ogie sal duidelik sigbaar wees. Die “ogie” op die foto het nou al begin uitdroog, maar dit lyk min of meer so as dit reg afgepluk is. Wees sag en geduldig wanneer jy die blaartjies pluk. Wanneer jy genoeg blaartjies gepluk het kan jy weer daardie stukkie wat oorgebly het in ‘n potjie grond plant. Dit sal weer uitloop en ‘n nuwe blom vorm. Sit jou geplukte blaartjies op tissue papier in ‘n vensterbank waar baie lig is. Besprinkel dit net een of twee keer per week met water. Die blare neem self die nodige hoeveelheid water op wat dit nodig het. WEES GEDULDIG! Voordat jou nuwe plantjie gaan groei moet die “ogie” eers uitdroog en ‘n doppie vorm. Die nuwe plantjie sal die doppie self laat afval. Moenie dit aftrek nie. Dit vat omtrent twee tot drie weke voordat die nuwe plantjie begin. Nie al jou blare gaan nuwe plantjies maak nie. Hul gaan net eenvoudig doodgaan. Jy sal self kan voel, die stewige stywe blare maak gewoonlik plantjies, die ouer sagter blare doen nie sommer nie, dit kan, maar nie sommer nie.

20160621_082816.jpg

Jou nuwe plantjie sal so lyk wanneer dit uitkom. Moet dit nognie op die grond in die bak sit nie… Ek weet jy wil, maar moenie, gee die plantjie kans om worteltjies te vorm. Besprinkel steeds een na twee keer per week met water. Dit vat nog ‘n week of twee vir die worteltjies om uit te kom.

20160621_082838.jpg

Dit is hoe jou eerste worteltjies gaan lyk. Dit is sulke klein rooi puntjies wat soos voelers begin lyk. Die “voelers” groei in alle rigtings opsoek na grondkos. NOU mag jy dit maar bo-op die grond sit.

20160621_082906

Kry vir jou ‘n lekker groot houer soos ‘n roomys bak of ‘n groot plant pot en maak dit vol grond. Sit nou jou blaartjies met hul nuwe plantjies bo-op die grond. Die worteltjies vind self hul pad in die grond in. Dit is nogal ongelooflik om te sien hoe wonderlik die natuur werk. Hou aan met die water besprinkel een na twee keer per week.

20160621_082916.jpg

Van hier af gaan dit vinniger. Sodra die worteltjies hul pad na die grond gekry het groei hul baie vinnig langer en begin dit in die grond inplant. Hou aan met die water besprinkel een na twee keer per week.

20160621_082927.jpg

Wanneer die worteltjies gevestig is in die grond sal die “moederblaar” waaruit die nuwe plantjie gegroei het begin uitdroog soos in hierdie foto. Die agterpunt begin eers en dan werk dit vorentoe. Dit vat ook so paar weke. Ek weet, dit is bietjie hartseer, maar dit moet gebeur. 😉 🙂

20160621_082933.jpg

So lyk dit dan wanneer die “moederblaar” uitgedroog is… Ek belowe, hierdie word nie geklassifiseer as ‘n misdaadtoneel nie. 🙂 🙂 Jou nuwe plantjie sal dan wegbreek van die dooie blaar en heeltemal “settle” in die grond. Van daar af sal hy net groei tot ‘n pragtige woestynroos.

20160621_082956

Nie al jou blaartjies gaan plantjies maak nie, maar nie almal gaan vrek nie. Die kleiner blaartjies gaan net worteltjies maak en van daaraf groei.

Daar het julle dit nou. Oulik nè? 😉 Gaan vra nou ‘n vriendin vir ‘n plantjie en dan maak jy dit meer. Lewer gerus hier kommentaar oor hoe jou plantjies groei, of vra ‘n vragie. Ek weet nie alles nie, maar iemand anders wat dit lees kan jou dalk antwoord.

Baie dankie vir elke lojale leser! Dit is julle wat my help om hierdie skrywery wat ek aangepak het te verbeter.

Toodles!

p.s. Wees asseblief so gaaf en deel hierdie met ‘n vriendin of vriend. Jy kan my ook of Facebook volg op my motiverings blad en reis van die skryf van my eerste boek. Volg net hierdie skakel en klik op die “like” knoppie. 😉

https://www.facebook.com/Sonell-van-Niekerk-750068475101539/?ref=aymt_homepage_panel

20110517_552

 

 

25 thoughts on “Boer met jou vetplante.

  1. Miemie Grobler sê:

    Dankie Sonell, ek gaan verseker my rosies vermeerder… hoe maak ekmet die plakkie, wat saad geskiet het, en aan die lang stingel is daar nou klomp nuwe plantjies. En die moeder plant begi ook verwelk… sny ek die stingel in stukkies sodat elke nuwe plantjie nog ‘n ou stukkie stingel het? Kan ek hulle dadelik plant? Of moet dit ook eers droog word.

    • sonell sê:

      Hi Miemie, dankie vir jou vrae en dat jy gelees het. 🙂 Die moeder plant salf self loskom van die nuwe plantjie. Moet eerder nie die stingel wat oorbly opsny nie. Gebruik dit oor en oor. Laat die plantjies eers goed groei voor jy dit verwyder om uit te plant. Jy kan dit dadelik plant. Groete 🙂

  2. Miemie Grobler sê:

    Hallo Sonell, ek is mal oor in die tuin vroetel en plant, het al van die vetplante vermeerder, maar dan dadelik geplant… en soms van hulle verloor. Maar hierdie keer wil ek vermeerder met ‘n doel vir my nuwe huis….. so ek sal jou metodes volg… dankie vir jou antwoord. Vetplant groete. Miemie

  3. Alta sê:

    Hallo, help assblief, wat eet die rosies? My rosies, groei mey mooi, dan is dar iets wat dit eet? Wat is dit? En wat kan ek doen daaromtrent?

    • sonell sê:

      Goeie middag,

      Jong, dit is hoofsaaklik van die droogte. Ek sou voorstel dat jy iewers in jou tuin ‘n bak water sit waar die voëls kan bad en water drink. Jy kan ook, indien moontlik jou plantjies binne die huis hou, maar as jy nie kan nie, probeer die water bak.

      Hoop dit help. 🙂

  4. Hannes Ferreira sê:

    Hallo Sonell, Ons het n troue volgende jaar 24 Oktober en wil graag 70 woestyn rosies in potjies op die tafels sit as ek nou begin sal hulle groot genoeg wees teen daardie tyd.

    • sonell sê:

      Hallo Hannes,

      Dankie vir jou vraag. Ek glo as jy hul mooi gaan nurture en nie buite groei nie sal hul wees.

      Met die droogte een die voëltjies die vetplante vreeslik so ‘n goed verligte vertrek met goeie suurstof of oop vensters sal werk.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s