Hoofstuk een: ‘n Uittreksel.

Baie baie dankie vir elke getroue leser. Ons het ons tweeduisend lesertal merk behaal vir 2016 en ons is nou eers in die helfte van die jaar. Daarom het ek dit goed gedink om ‘n uittreksel uit my boek, wat ek steeds besig is om te skryf, met jul te deel. Dit is ‘n verhaal van vergifnis en selfontdekking. Ek hoop jul geniet die stukkie. 😉

Dit is al donker toe Ester by die huis kom. Sy stap by die trappe op in die woonkamer in. Als is donker. Johan slaap seker al. Sy motor staan in die motorhuis. Stadig sluip sy kamer toe. Johan sit die lamp aan in die sitkamer.

is dit nou die tyd om hier aan te kom?”Johan se hande bewe. “Waar was jy.”Ester draai om. Ek was in die mall.” Tot nou toe!?” Ja, ek moes dink.” Aan wat!?” Aan ons.” Ester neem haar handsak onder haar arm en stap kamer toe. ESTER!” Johan se stem brul agter haar. Haar nekhare rys. “Ester ek praat met jou!”Ester kyk hom stip in die oë; toe val die eerste hou! Ester is so onverwags gevang dat sy agteruit styer. Toe sy nie gou genoeg antwoord nie val die tweede, en die derde en die vyfde hou. Teen die derde skop roggel sy in haar bloed.

Nag.

NEE! Mevrou!!” Jane storm die kamer binne. “Mevrou! Word wakker!! Jinnetjie tog, hoe lank lê jy al hier?!” Jane tel Esther op in haar arms en sit haar kop op haar skoot neer. Esther is bewusteloos. Haar oë is toegeswel en bloed loop my die hoek van haar volronde mond uit. Jane toets vir ‘n pols. Eers sukkel sy om dit te kry, maar sug van verligting toe sy wél ‘n pols kry. “Byt vas mevrou, ek gaan die ambulans loop bel. Byt vas.” Jane hardloop heen en weer. “Toe nou Jane Januarie! Nou is nie die tyd om te panic nie, bel en bel gou!” Esther hoor vaagweg stemme. Sy herken Jane se stem, maar hoor nie vir Johan nie. Sy voel hoe sy opgelig en gedra word. Haar nek is in ‘n stut en iemand gee haar suurstof. Deure van ‘n motor slaan toe en sy sak terug in ‘n donker gat.

Dr. gaan sy oraait wees?” Jane se stem bewe. “Mevrou, ek kan u nog nie verseker sê nie. Sy is in ‘n baie swak toestand en ons sal haar elke paar minute moet monitor. Haar bloedruk is gevaarlik laag en sy kom en gaan uit die koma. Sy het drie gebreekte ribbes aan haar linkerkant en een aan haar regterkant wat so lelik gebreek het dat dit byna haar long raakgesteek het. Was sy in ‘n motorongeluk? Wie is u?”

Ek hoop hierdie het die “agie haartjies” gekielei. 😉

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s