Doen afstand van negatiwiteit.

image

Thanksgiving for Deliverance from Death.
A Psalm; a Song at the Dedication of the House (Temple). A Psalm of David.
30 I will extol and praise You, O Lord, for You have lifted me up,
And have not let my enemies rejoice over me.
2
O Lord my God,
I cried to You for help, and You have healed me.
3
O Lord, You have brought my life up from Sheol (the nether world, the place of the dead);
You have kept me alive, so that I would not go down to the pit (grave).
4
Sing to the Lord, O you His godly ones,
And give thanks at the mention of His holy name.
5
For His anger is but for a moment,
[a]His favor is for a lifetime.
Weeping may endure for a night,
But a shout of joy comes in the morning.
6
As for me, in my prosperity I said,
“I shall never be moved.”
7
By Your favor and grace, O Lord, you have made my mountain stand strong;
You hid Your face, and I was horrified.
8
I called to You, O Lord,
And to the Lord I made supplication (specific request).
9
“What profit is there in my blood (death), if I go down to the pit (grave)?
Will the dust praise You? Will it declare Your faithfulness [to man]?
10
“Hear, O Lord, be gracious and show favor to me;
O Lord, be my helper.”
11
You have turned my mourning into dancing for me;
You have taken off my sackcloth and clothed me with joy,
12
That my soul may sing praise to You and not be silent.
O Lord my God, I will give thanks to You forever

Ek was onlangs in ‘n plek van totale gaos na my grootste “geveg”. Nie fisies nie, maar geestelik. Ek het in ‘n vorige inskrywing reeds daaroor gesels. Na dit was ek fisies en geestelik uitgeput. Ek het met die Here daaroor gesels en Hy het aan my gewys dat sekere dinge in my lewe minder sal moet word, sodat Hy meer kan word. Toe gaan soek ek ‘n praktiese manier, want ek is ‘n praktiese mens. Kom af op die 30 dae minimaliserings uitdaging en besluit toe sommer dit is tyd vir ‘n “Life detox”. Nou ja, een van my uitdagings was nou om afstand te begin doen van negatiewe mense.

Jy sal dalk nou snak na jou asem  want is dit nie sosiale selfmoord om afstand te doen van mense nie? Nope. Om afstand te doen van negatiewe mense en jou te omring met positiewe mense is beslis nie ‘n fout nie. Ja, jy gaan vind dat die waarvan jy afstand doen jou dan sal bespreek agter jou rug. Is dit jou probleem of hulle s’n? Bloot vir die feit dat die wat jou ken nie ‘n woord sal glo nie en wanneer iemand jou bespreek, sê dit eintlik meer van hulle as van jou…

Ek het my groepe vriende gaan maak en opgestel in my kop. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat daar NET 8 (volwasse) mense is wat my positief beïnvloed, aktief deel is van my en my gesin se lewens en aan wie ek bereid is om ‘accountable’ te wees. Hulle het ek in my direkte sirkel geplaas. Dan het ek ‘n sirkel OM hulle gemaak en daarin mense gesit wat een maal in ‘n maand of alleenlik wanneer hul mý nodig het kontak maak. Laastens het ek ‘n sirkel dan om daardie groep mense getrek en in die laaste sirkel mense soos kennisse en wat ek in die verbygaan groet en klein geselsies mee maak geplaas.

Na die sortering het ek na my Facebook profiel gegaan en begin sif. Almal wat geen bydrae lewer tot my of my gesin se lewe of wat ek nooit sien of ooit sal sien het ek ‘unfriend’. As hul nie eens op Facebook met my kontak maak nie neem ek aan dat hul ook nie tenagekom sal voel as ek hul ‘unfriend’ nie. Dit is werklik niks persoonlik nie, dit is bloot ‘n kwessie van die feit dat ek díe wat ‘n impak op my lewe maak en gemaak het op my vriendelys wil hê. Die res is meer as welkom om my blad te gaan like en daar geïnspireer word en my vordering as skrywer kan dophou. 🙂 https://m.facebook.com/Sonell-van-Niekerk-750068475101539/

En so het ek ook my kringe geminimaliseer. As jy nie gereeld uit jou eie kontak maak met my of my gesin en ek weet dat ek my deel gedoen het om ‘n verhouding met jou te bou sal jy ongelukkig in die twee buitekringe beland. Dit is niks persoonlik nie, ek omring myself nou eenvoudig net met mense wat werklik omgee. As jy weet jy doen jou deel het jy niks om oor bekommerd te wees nie. 😉 Ek is steeds altyd bereid om te help waar ek kan, jou plekkie in die kring bepaal nie hoe gretig of ongretig ek sal wees om te help nie. Jou plekkie in die kringe bepaal net hoeveel ek met jou sal deel en hoeveel inspraak jy in my of my gesin se lewens sal hê. Na die gesif voel ek ook tonne ligter, want my identiteit lê nie in dit wat mense van my dink nie, maar wat God van my dink.

Daar is ‘n gesegde wat lui: “Wees versigtig met wie jy jou hart deel, daar is vriende wat net nuuskierig is.”

Dink daaroor.

Toodles!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s