‘n Hele nuwe begin

a new beginning

Daar is baie dinge in die lewe wat ek al geleer het ondoenbaar is, maar daar is een ding wat nooit ondoenbaar sal raak nie.

‘n Nuwe begin.

Om oor te begin. Skoon te begin.

Daar was al menigte kere in my amper dertig jaar waar ek die keuse gehad het en soms eenvoudig geforseer was om oor te begin. As kind is dit moeilik om die konsep van “oor begin” te begryp. Vandat ek kan onthou het ons rondgetrek. Huis tot huis, dorp tot dorp. Die dorp tot dorp was altyd die moeilikste, daar was altyd vreemde mense, nuwe vriende en altyd die nuwe (ou) boelie. Met al die gerondtrekkery het ek gesien dat ‘n boelie, maak nie saak van geslag nie, ALTYD dieselfde geneigdheid het. Haar/sy/hulle doel is altyd om jou te probeer af bring na hulle vlak toe, maar dit is ‘n blog vir ‘n ander dag. 😉

Ek het die life detox oorleef! Dertig dae van elke dag iets doen om al die negatiewe dinge en mense uit te vee. Dit het my geleer dat hoe minder jy het, hoe minder spanning het jy. Ek het geleer om asem te haal die dag wat ek voel ek wil net aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie, want die hartseer om te rou oor iemand wat steeds leef is net te swaar. Ek het geleer om die verlede te aanvaar en dit wat met jou gebeur het alleenlik ‘n teken van innerlike krag is en nie swakheid nie. Ek het geleer dat jou verlede jou nie definieer nie. Om aan die verlede te klou kan seerder maak as om te laat gaan. Die enigste manier om ‘n moeilike tyd te oorleef is om deur dit te gaan. Al beteken dit dat jy moet kruip of leopard crawl. Elke tree vorentoe is ‘n tree nader aan jou vrye toekoms. Die grootste ding wat ek geleer het?

Dit is nooit te laat om weer te begin nie. Skoon. Nuut. Vars. Wees net jouself.

Romeine 8:1 in die Amplified Bybel:

“Therefore there is now no condemnation [no guilty verdict, no punishment] for those who are in Christ Jesus [who believe in Him as personal Lord and Savior].”

Hierdie skrif sê dat ons ‘n besliste nuwe begin kan hê in Jesus Christus. As jy glo dat Hy jou verlosser en Saligmaker is, is jy nuut in Hom. Daar is geen meer veroordeling vir jou nie! Dit maak alles soveel makliker om te laat gaan van die verlede en sy mense.

Ek het myself al soveel maal oorgemaak. ‘n Nuwe styl, nuwe haarkleur, nuwe klere, nuwe maniere, maar nognie een maal het al net probeer om myself te wees nie. Ek is toe gekonfronteer met die vraag: Wie is ek? Behalwe volgeling van Christus, vrou vir my man en ma vir my kinders. Wie is ek?

Dit het innerlike ondersoek gevat, maar ek het tot die volgende gevolgtrekking gekom:

Ek is ‘n kunstenaar. Ek is baie meer gemaklik wanneer ek boheems aangetrek is. Dit weerspieël die innerlike Sonèll. Ek kan maklik oor enigiets met enigiemand gesels, maar ek verkies temas soos kinders, politiek…, die Bybel, God en die universiteit van mense en menswees. Ek is gemaklik tussen ‘n groot klomp mense, maar ek is op my mees gemaklikste wanneer ek omvou word in die stilte van my eie geselskap.

Na die dertig dae detoks het ek hierdie ongelooflike smagting na ‘n “skoner” huis. Ek weet nie of julle dit ook doen nie,maar ons is so geneig om die mees onnodigste goed op te gaar. Papiere in laaie en skroefies, en naelknippers…. Ja, ek het vier naelknippers in ons huis gevind… Anyhoo… Die vroutjie wat vir my werk en ek het Dinsdag wat verby is begin met die enorme werk. Elke dag vat ons een vertrek en dan sorteer ek elke laatjie, elke rakkie en elke hoekie uit. Dan haal ons die gordyne af, alles van die mure af en ons was die vertrek van bo tot onder. Ons is nou deur drie vertrekke en ek het al amper ses groot swartsakke vol goed weggegooi. Dit sluit nou die goed wat ek gaan saai uit. Nou moet jy verstaan. haha! Als voel alreeds skoner en makliker om asem te haal.

So met die uitsorteer het ek op foto’s van my kinderdae afgekom. Toe ek dit in my hande hou en ek sien die kind wat ek was en ek bekyk die volwassene wat ek geword het, het my hart gebreek. Ek wou so graag daardie “klein ek” vashou. Ek wou so graag vir haar vertel hoe baie haar lewe sal verander nadat sy uit die Kaap sal trek op dertien. Ek wou haar so graag beskerm. Daar was ook briefies van my vriendinne wat ek as daardie meisie in die Kaap gehad het. Die nostalgie van herinneringe het oor my gespoel. Ek is oortuig dat dit die laaste wolk van depressie weggespoel het. Dit was alles die einde van die donkerste vyftien jaar in my lewe. Soos ek hier tik het ek net trane van dankbaarheid dat die Here my deur alles gedra het. Elke dag wat ek benoud en met ‘n swaar hart skool toe geloop het. Elke dag wat ek na ‘n pa gesoek het wat sy eie pad soek. Elke dag wat ek geglo het elke dag is ‘n dag nader aan vryheid. En weet jy wat? Dit was! Elke dag het Hy my gedra in Sy arms. Dae wat ek nie kon asem haal van al die verlange na lugkastele wat nooit sou realiseer nie. Min het ek geweet dat Sy toekoms vir my lugkastele insluit geverf in al die kleure van die reënboog.

Daar is soveel nog wat aan my karakter geskaaf moet word. Ek faal daagliks in talle areas en daarbysaam kom die geveg in my denke die skuldgevoel oor waarom ek faal in daardie areas. Een ding weet ek verseker, ek kan nie my volle potensiaal bereik as ek dit in my eie krag gaan probeer doen nie. Ek kan dit alleenlik met die hulp van die Here vermag! Omdat ek weet Sy Gees leef in my is ek verseker dat ek die volle potensiaal wat Hy in my geplaas het SAL bereik en Sy plan met my SAL in werking tree. Gouer as binnekort. Nie omdat ek oulik is nie, maar omdat HY al die eer daarvoor verdien.

Ek wil jou aanraai om ook ‘n lewens detoks te doen. Daar is soveel wat jy van jouself sal leer. Jy sal jouself, die lewe en die mense om jou in ‘n ander lig sien. Mag hierdie blog jou inspireer om jou volle potensiaal na te jaag en in te haal deur die krag van ons Here. Ek wil hê jy moet nooit opgee nie. Ek wil hê jy moet aanhou deurdruk. Ek wil vir jou sê dat die pyn van vandag jou getuienis van jou toekoms sal wees. Sodra jy oorgee sal Hy jou lei.

Blessings.

 

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s