Liefde uit die land – Deel 3

Nadia sit op die stoep van die opstal. Die familie Bybel op haar skoot. Haar verouderende hand vee daaroor. Soveel keer het die woorde wat in hierdie boek haar ook deur diepe waters gedra. Sy sluit haar oë in ‘n oomblik van herinnering. Dit is nou drie maande vandat hul uit die kamp gekom het. Hul het die opstal herbou en ‘n ekstra vertrek bygebou. Josef het van sy vriende van die buurplase wie se eienaars nie teruggekom het nie aangestel op die plaas. Riana en Nadia het vir Josef as voorman aangestel. Hy doen goed op die plaas. Hy het al ‘n hele groentetuin bymekaar gesit en ‘n nuwe kraal gebou so saam met die opstal en skuur met die ekstra hande. Dan hoor sy ‘n perd se gallop. Op die horison sien sy iemand op ‘n perd aangery kom. Riana kom uitgestap. Sy vee die los meel aan haar voorskoot af. “Verwag ons gaste?” Nadia staar in die verte. “Nie waarvan ek weet nie.”

Die vreemdeling maak sy perd eenkant aan die boom vas en stap nader aan Riana en Nadia. Riana sit haar kappie op en ontmoet die vreemdeling halfpad. “Goeiedag.” Hy groet Riana vriendelik en lig sy hoed. “Dag meneer. Waarmee kan ons help?” Riana staan tog effe op ‘n afstand. Haar lyftaal waarsku die kuiergas. Hy maak keel skoon. “My naam is Benjamin. Ek is opsoek na werk. My ma en suster is in die kamp oorlede en my pa het op die veld gesterf. Ons plaas is oorgeneem deur die regering.” Hy laat sak sy hoed en vroetel daarmee. “Ek is nie die baas op hierdie plaas nie, maar kom ons hoor. Stap saam.” Riana stap voor met Benjamin kort op haar hakke. Nadia staan op. Riana stel Nadia en Benjamin aan mekaar voor. “Ma, Benjamin. Benjamin, my ma.” Hy lig sy hoed. “Goeiedag mevrou.” Riana gaan voort. “Benjamin is opsoek na werk.” Nadia frons. “Het jy nie jou eie plaas nie?” “Ongelukkig nie meer nie mevrou. Die regering het dit oorgeneem.” Nadia skud haar kop in erkenning. “Nou goed. Kan jy hout kap?” “Ja mevrou.” “Kan jy tuinmaak?” “Ja mevrou.” “Kan jy plant en ‘n goeie oes oplewer?” “Ek kan net die plantwerk doen mevrou. Die Here sorg vir die oes.” Nadia glimlag tevrede. “Dan is jy meer as welkom. Jy kan jou perd saam jou in die skuur tuismaak en bedags kan hy in die kraal wees. Jy sal verantwoording doen aan Josef. Hy is ons voorman. Ek glo jul sal goed saamwerk.” Benjamin bedank Nadia verlig. Riana neem Benjamin na Josef en die res van die plaaswerkers.

Nadia gaan sit weer in haar stoel. As daar een ding is omtrent Riana is dit dat die eensaamheid aan haar knaag, maar sy kla nie een woord nie. Riana kom ingestap. Sy haal haar kappie af. “Gawe man.” Sê Nadia. “Hy het ‘n oop gesig.” Riana bloos. “Hm,” Dan stap sy kombuis toe om die brood te knie. Nadia glimlag. “Here, ek sien die verlange in my kind se oë. As U hierdie man gestuur het, maak ‘n vlam in die twee se harte wakker vir mekaar. Laat dit vurig brand soos hul liefde vir U.”

Riana sit aandete voor. Josef en Benjamin sit oorkant mekaar en Riana en Nadia aan weerskante. “Groentesop en vars brood. Water vir enigiemand?” “Nee dankie.” Antwoord almal in ‘n koor. Dit is nou ses maande sedert Benjamin hier aangekom het. Hy vra die seën oor die kos. Die plaas gaan sterk vooruit en hy en Josef werk as ‘n span saam. Hy het selfs nou al vir hom ‘n hut gebou om in te bly. Benjamin maak keel skoon. “Ek het iets op die hart.” Nadia en Riana kyk verbaas op. “Ek wil graag die plaas koop.” “Koop?” Nadia kan die benoudheid in haar stem nie keer nie. “Mevrou sal steeds die grootste besluite saam met my neem en Josef sal steeds voorman wees. Alles sal bly soos dit is.” “Nou goed. Ek het geen seuns meer nie en geen man nie. Ek sien nie waarom jy dit nie kan koop nie.” “Is ma seker hieroor?” Riana is verward oor wat nou so vinnig hier gebeur het. “Ek is doodseker. Die Here sal sorg.”

Riana gee vir Nadia ‘n beker koffie aan. “Ek sien die blos op jou wange wanneer Benjamin naby is.” Sy kyk uit oor die donker plaas. Die einde van herfs word aangekondig deur die geniepsige windjie wat ‘n string hare oor Riana se voorkop waai. “Ek hou van hom.” Sy kyk af en vroetel met haar koffie beker. “My dogter. Jy mag vir hom voel. My seun het jou nie behandel soos hy moes nie. Hy was ‘n seun. Hierdie is ‘n man.” “Ek is bang ma.” Nadia sit vorentoe. “Gaan maak vars koffie en neem die opsitkers saam.”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s