Die geheime boek – Deel 4

Soos elke ander besluit om beter te word in jou menswees het die uitdagings soos in ‘Die geheime boek’ ook maar sy eie kinkels in die kabel.

Soekie vat ‘n ander roete huistoe van die skool af vandag. Die soet reuk van die Jasmyn bloeisels fladder saam met die effense briesie verby haar neus. Haar hare is deurmekaar en slierte val hier en daar uit. Soekie is haastig. Vandag was bevrydend en om Jana se verskoning te hoor het haar hoop gegee vir die opperste groep. Haar swart skoolskoene kraak die akkers wat op die teerpad lê. Al waaraan Soekie kan dink is hoe sterk Johan se bo-arms vandag gelyk het in sy wit langmouhemp met sy skoolbaadjie oor sy linkerskouer gehaak. Sy het so skaam gekry toe hy met haar kom praat het dat sy bloot net omgedraai  en weggeloop het. Wat as hy haar gesien bloos het? Hy sou beslis snuf in die neus gekry het.

Soekie draai in by die kwekery. Opsoek na haar gunsteling blom. ‘n Sonneblom. Haar ma het haar gereeld haar sonskyn genoem en daarvandaan die liefde vir die Sonneblom. Sy stap na die vloerklerk toe. “Verskoon my. Het julle dalk Sonneblomme?” Die klerk glimlag verwelkomend. “Nee, ongelukkig is dit nognie blomtyd daarvoor nie,maar ons het sade.” Skielik onthou Soekie die opdrag was dat sy die saad van haar gunsteling blom kry. “Dit sal perfek wees. Dankie.” Die klerk vergesel haar tot by die sade rak en verduidelik presies hoe om hierdie saad te plant. Soekie koop die saad met potgrond daarby en ‘n mooi potjie wat sy ook dan sal verf.

By die woonstel gekom sien Soekie die deur staan oop en die veiligheidshek is gesluit. Sy klop. “Mamma!” Sandra kom vanuit die kombuis aangestap. Haar oë geswel en rooi gehuil. Sy vee haar hande aan haar voorskoot af en sluit oop. “Mamma? Wat is fout?” Soekie is bekommerd. Sy sit die goedere op die tafel neer en gee haar ma ‘n drukkie. Sandra begin weer huil. “Soeks, jou pa wil hê jy moet by hom gaan bly.” Soekie is tot in haar wese geskok. Waarom nou? Na al die jare? “Ek weier!” Sandra vat Soekie se hand. Sy lei haar na die rusbank toe. “Soeks, as jy wil; mag jy regtig maar. Ek weet jy het nog altyd oor hom gewonder.” “Hoekom sal ek by ‘n wild vreemde man wil gaan bly? My plek is hier by mamma. Ek het tog ‘n sê in die saak?” Sandra knik. Jy het ongelukkig eers ‘n sê wanneer jy agtien jaar oud is oor waar jy wil gaan bly.” Soekie knik. Nou maar goed. Ek verjaar in November. Ons kan sê dat ek hier my matriekjaar wil klaarmaak en dan sal ek besluit.” Soekie is beïndruk met haar flinkdink, haar ma ook.  “Soeks; daar is nog iets.” Sandra kyk af. “Wat is dit mamma?” Sy probeer oogkontak met haar ma maak. “Ek is vandag afgelê. Die ekonomie is swak en hulle het ‘n hele paar saam met my laat gaan.” Soekie skud haar kop in ongeloof. “Dit kan nie wees nie!” “Ai my sonskyn. Dit is ongelukkig so. Daarom sal dit ook beter wees as jy dalk by jou pa gaan bly.” Soekie gaap haar ma aan. “Ek hoop werklik mamma maak ‘n grap as mamma so sê. Ek sal by mamma staan deur dik en dun. Ons sal ‘n plan maak. Ons gaan hierdeur kom!” Sandra kyk haar dogter moedig aan. “Wanneer het jy so gou groot geword?” Soekie glimlag. “Vandag.”

Sandra is besig met die aandete. Sy wil tafeldek, maar sien dan die pakkie. “Soekie, is hierdie joune?” Soekie kom aangedraf. “Oja! Hierdie; mamma, gaan  ons lewens verander.” Sy pak die goedjies op die kombuiskas uit. “Sal mamma my help asseblief?” Sandra en Soekie gooi die potgrond halfpad in die potjie, sit ‘n enkele saad in die middel en gooi it toe tot bo. Soekie gooi water in die potjie en sit dit op die kombuisvensterbank. Genoeg sonlig, liefde en suksessvolle take sal hierdie saadjie laat ontkiem en ‘n hele nuwe lewe skep.

Na aandete gaan bad Soekie en spring in die bed. Die aand is koel. Sy kry haar flitslig en boek in die hande.

Dag 2…

 

2 thoughts on “Die geheime boek – Deel 4

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s