Die geheime boek – Deel 6

Wanneer jy droom. Is dit bloot net droom; of is dit ‘n geheime wens wat opgaan?

Soekie sit die twee kleinbordjies in die wasbak. Jana sit al by die etenstafel met haar boeke oop. Soekie kan sien sy kan nie konsentreer nie. Sy gooi vir hul elk ‘n glaas koeldrank in en gaan sit by Jana. “Jana, jy weet jy kan maar met my praat as jy wil? Ek belowe ek sal vir niemand vertel nie.” Jana kyk op. Haar oë skiet vol trane. “Hoekom is jy so goed vir my? Ek was nog altyd net afsydig teenoor jou?” Soekie glimlag. “Omdat ek weet dat selfs die seerste hart soms ‘n gewillige oor nodig het om te luister.” Jana kyk af na haar boeke. “Dit het in die dorpsbiblioteek begin. Hy het my gevat om boeke uit te neem. Sy het ons gehelp. Daarna het ek nog ‘n keer of twee gaan uitneem. Hy het elke keer saamgegaan. Toe kom my ma agter dat hy heeltyd op sy foon is, toe begin hy al hoe later werk. ‘n Paar maande later hier sit ons en hy op ‘n eiland saam sy flêrrie.” Sy huil. “Ek is so jammer dit het met jou gebeur Jana. Dit is nie maklik nie.” Soekie is besorgd oor Jana. Sy is nie in ‘n goeie plek nie. Die res van die middag probeer Soekie haar moed inpraat. Sy praat die aand met haar ma om raad te kry oor die situasie. Sandra is nie gewoond aan so situasie nie. Sy het altyd vir Soekie alleen grootgemaak. Sy moedig Soekie aan om net ‘n goeie vriendin te wees vir Jana en ‘n gewillige oor te wees.

Die son kom stadig oor die heuwel aangekruip. Sandra maak Soekie wakker. Soekie gryp eerste na haar boek. Dag nege!

Dag nege, 10 Augustus 2016

Vandag is jou laaste dag. Baie geluk! Ek weet die uitdagings was nie maklik nie, maar dit het vir jou ‘n blink toekoms uitgelê. Jou laaste taak is om hierdie boek vir iemand te gee wat dit ook nodig het. Gee dit met ‘n oop hart en hand. As jy gaan vashou hieraan sal die deure toegaan. Wees daarop paraat dat jou hart oop is. Geniet jou toekoms! 

Soekie dink dadelik aan Jana. Sy sukkel om vinnig genoeg aan te trek vir skool. Sy draf in die gang af. “Môre mamma! Ek gaan nie iets eet nie. Ek moet by Jana uitkom. Sal sommer stap skooltoe.” “Als reg. Sterkte!” Sandra se foon lui. “Sandra hello?” “Sandra, dit is Jana se ma Isabel…” Sandra gaan sit. Sy wil nie die nuus glo nie.

Soekie draf by die trappe van die skoolingang op. Sy gooi haar tas neer by haar eerste klas. Sy soek na Jana. Jana is altyd eerste by die skool. Vroeg die oggend al. Johan staan eenkant. Sy stap nader. Haar handpalms sweet. “Johan, het jy vir Jana iewers gesien?” Johan kyk haar stip in haar oë. “Het jy nie gehoor nie?” “Het ek wat nie gehoor nie?” “Jana het vanoggend omstreeks drie uur selfmoord gepleeg. Sy het haarself opgehang in hul garage voor haar pa se kar. Haar ma het te laat op haar afgekom.” Soekie steier terug van skok. Sy gaan lê met haar rug teen die muur oorkant Johan en sak af. “Hoe? Hoe is dit moontlik? Sy was ok toe sy gister huistoe is van my af?” Johan staan met sy hande in sy sakke. Hy trek sy skouers op. “Ek weet nie. Sy het glo ‘n brief gelos, maar niemand weet wat daarin staan nie.” Soekie skud haar kop in ongeloof.

‘n Harde slag laat Soekie wakker skrik. Die Winterson maak langskaduwees in haar kamer. Sandra stoot die deur stadig oop. “Soeks, aandete is gereed.” Soekie spring op. “Mamma! Waar is Jana?” “Seker by haar huis? Waar sal sy wees?” Soekie is verward. “Wat is die datum?” “Tien Julie Tweeduisend-en-sestien. Soeks? Wat is dit met jou? Gaan was jou gesig. Ek dink nie jy is heeltemal mooi wakker nie.” Sandra maak die deur agter haar toe. Soekie swaai om na haar lessenaar. Sy val oor die los matjie. ‘n Paar plankies kom uit die vloer. Soekie sien dit is hol daaronder. Sy maak dit verder oop. Binne in is ‘n boek…

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s