Geroep uit die veld – Deel 3

Die son brand helder oor die tent van Isai. Samma kom uit die tent gestap. Hy is lank en skraal. Sy gietswart hare hang los op sy skouers. Dit krul soos Isai s’n. Hy rek en strek wyd met sy arms uit. Gaap en krap sy kop. “Môre ma. Waar is pa?” Isai se vrou kom orent voor die vuur. “Middag Samma. Hy is veld toe saam met Dawid. Dawid het hom gaan wys waar hy die beer en die leeu verslaan het. Sit, ek bring vir jou iets te ete.” Samma gaan sit op ‘n kussing onder die skadudak van die tent. Abinàdab kom ook uitgestap. “Môre broer.” Groet Samma. “Dag.” Abinàdam is maar ‘n grommige man wanneer hy wakker word. Hy gaan sit-lê langs Samma. “Ek wil oorlog toe gaan. Hulle kan doen met ekstra hande.” Abinàdab staar voor hom uit asof sy kop reeds op die slagveld is. “Jy weet wat het pa gesê.” Maan Samma hom. “Ja, ek weet, maar my lojaliteite lê by die volk.”

Op die horison kom ‘n boodskapper aangestap. Abinadàb, Samma en hul ma staan nader. “Goeiedag. Ek groet julle in vrede. Ek bring ‘n boodskap van Koning Saul. Hy roep alle manne op om by die oorlogsveld aan te meld. Julle word versoek om voor sonop by Migmas te wees. Julle sal verdeel word tussen Koning Saul en Jónatan. Tweeduisend vir Koning Saul en eenduisend vir Jónatan. Die wat nie gekeur word nie sal terug gaan na hul tente.” Samma neem die brief by die boodskapper. “En as ons nie gaan nie?” Die boodskapper kyk stip na hom. “Ek sou voorstel dat julle eerder gaan.”

Laatmiddag kom Isai en Dawid terug vanuit die veld met die skape. Hulle is diep in gesprek. Jaag die skape in die kraal en stap reguit tent toe. Isai sien iets brom onder die seuns. Hy gaan sit langs Abinàdab. “Dag seuns.” “Dag pa.” Kom dit soos ‘n koor uit. Isai se vrou kom aangestap. Sy oorhandig die brief aan hom. Hy lees dit aandagtig. Frommel dit in sy handpalm en gooi dit in die kampvuur. “Nou maar goed. Julle mag gaan, maar Dawid bly.” Dawid kyk verskrik op. “Hoekom pa?” Isai staar na die vuur. Dan kyk hy na Dawid. “Jy is sterk genoeg om ‘n leeu en ‘n beer te verpletter, maar jy is te jonk vir Goliat.” Dawid rus sy elmboë op sy knieë wat hy opgetrek het. “Goed pa.”

Dawid was nog altyd sy pa se gehoorsaamste kind. Hy eer die wet wat sê ‘Eer jou vader en jou moeder.’ Hy rebeleer nie teen sy pa se gesag nie. Anders as sy broers wat altyd net wil veg.

Dit is nog donker toe die sewe seuns van Isai die tent verlaat. Die maan verlig die pad waarop hulle reis. Elkeen met sy eie kameel. Swaargepak aan kos en toerusting vir die oorlog. Isai, sy vrou en Dawid staan buite die tent. Hulle het gegroet en kyk die seuns agterna. “Mag ons God hulle beskerm met Sy almagtige hand.” Isai strek sy hand uit na sy seuns. Onseker of hulle weer sal terugkeer. Dawid omarm sy pa en ma. “Ons God het my beskerm, Hy sal hulle ook beskerm.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s