Geroep uit die veld – Deel 4

Dit is nou 21 dae vandat Isai se sewe seuns sy tent verlaat het. Hy dink dag in en dag uit aan hulle. Hulle is almal sterk in hul eie talente. Abinàdab hul leier. As eersgeborene het hy automaties die plek van leier ingeneem en sy broers hom automaties gevolg. Samma is altyd gereed om sy broers se rûe te beskerm. Elke een van hulle ‘n mens in hul eie reg. Nou manne. Isai het altyd gewonder hoe dit sou wees om ‘n dogter te kon grootmaak. Sy vrou moes behoorlik hare op haar tande groei met die seuns. Isai dink aan die dag wat hulle haar skrik gemaak het en al die skoon wasgoed op die woestyn vloer voor die tent geval het. Sy was so kwaad dat sy hulle elkeen gedwing het om vir die volle week daarna hul eie wasgoed te was, op te hang, uit te vryf, te vou en weg te sit. Hulle moes dit ook met haar en Isai se klere doen. Hulle het haar nie weer skrik gemaak nie.

“Waaraan dink jy so my man.” Isai is verlore in sy gedagtes. “Isai, wat pla?” Isai kyk op na sy pragtige vrou. Die jare het al sy merk op haar gelaat, maar anders as hy het sy net so paar silwer hare. Sy vryf oor sy kop. “Waar was jy nou?” Sy glimlag en gaan sit langs hom. Hy neem haar hand in syne. Die eenheid tussen hulle was nog nooit verbreek nie. “Ek dink aan ons seuns. Hulle is nognie terug nie, so ek verneem dan dat hulle in die leër opgeneem is.” “Ek is seker dit gaan goed met hulle. Ons vertrou so.” Isai vee met die agterkant van sy hand oor haar wang. “Jy het altyd die regte woorde om my gerus te stel.” Hy lig haar ken en soen haar.

“Pa! Ma!” Dawid kom aangehardloop met sy skape agterna. Dit klink soos ‘n stormloop. “Pa! Hulle kom huistoe! Hulle is terug!” Isai spring op en hardloop Dawid tegemoed. “Wat skree jy so? Wat gaan aan?” Dawid kom tot stilstand. Hy buk vooroor en stut homself met sy hande op sy knieë. Hy sukkel om sy asem terug te kry. “Pa…” Hy hyg. “Hulle…” Isai help Dawid regop staan. “Wat ís dit kind?” Dawid kyk na sy pa. Sy oë vlak van die trane. “Hulle is terug pa. My broers. Kyk.” Hy wys na die heuwel. Abinàdab en die res kom aangery op hulle kamele. Isai hardloop terug tent toe. “Vrou! Vrou! Ons seuns is terug!” Hy klap sy hande saam van blydskap.

Die sewe broers los hulle kamele by die waterput. Hulle kom aangestap. Abinàdab loop voor. “Dag pa.” Hy glimlag. Omhels sy ma. “Dag ma.” Almal groet deurmekaar. “Welkom terug seuns. Ons is dankbaar julle is hier.” Isai gaan sit saam met sy seuns onder die tent se koelte. Die son is op sy warmste vandag. “Wat maak julle hier? Ons het gedink julle is slagveld toe. “Ons was amper pa.” Sê Samma vinnig. “Maar koning Saul het droogemaak.” Abinàdab keer Samma om verder te praat. “Seun? Wat het gebeur?” Isai kyk bekommerd na Abinàdab. “Samma is reg pa. Koning Saul het bietjie droogemaak.” Isai verstaan nie. “Wat het gebeur?” Die seuns vertel van Samuel die profeet wat na Gilgal moes gaan. Hy het te lank gevat en die manne het begin verstrooid raak. Hulle het teen koning Saul begin rebelleer. Hulle wou gaan veg, maar die brandoffer moes eers gedoen word. Toe Saul sien dat Samuel so lank vat het hy self die offer regekry. Samuel het op die nippertjie opgedaag. Hy was baie kwaad. Samuel het aan Saul verduidelik dat hy verkeerd opgetree het en God sy koningskap van hom ontneem as gevolg van sy optrede. “Ons wou aanbly, maar oudste het gesê ons kan nie onder ‘n koning gaan veg wat nie God se wet respekteer nie.” Eindig Samma die verhaal. Isai is stomgeslaam. Hy kan nie glo wat hy hoor nie. “Samuel het ook aan Saul gesê dat God ‘n ander man as koning oor die volk sal aanstel. God het vir Hom ‘n man na sy hart gesoek; en die HERE het hom as vors oor sy volk aangestel. Niemand weet wie die nuwe koning is nie. Samuel sal hom bekend maak.” Samma gaan sit na die opwinding. Isai se ma bring vir hul brood en kaas om te eet. Die reis het hul uitgehonger.

Dawid gaan kyk na die skape in die kraal net voor skemer. Hy speel op sy harp. Sy hart is dankbaar oor sy broers se terugkoms. Hy sing lofprysings liedere aan God. Gesange van dankbaarheid. Onbewus van God se plan.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s