Volk in ‘n vrou se hand – Deel 1

Die donderweer dreun buite die styf gespande tent. Yusuf het die weer al vroeg vanmiddag sien aankom. Daarom het hy die veë vroeg in die krale en stalle ingejaag. Die storm het vinnig gekom. Netso vinnig soos Imaan se kraampyne. Sy het vroegoggend begin sleg voel. Hy het haar teen ‘n hoop kussings op hul strooibed laat sit. Sy het die grootste deel van die dag geslaap. Hagar; hul helper, het haar dopgehou. Teen die middag het die pyne begin. Van agter na voor getrek. Hagar het vir Amín gestuur om vir Yusuf in die veld te gaan roep. Hy was alreeds oppad terug oor die storm wat aan die kom is.

Imaan kreun van die pyn. Sy maak diep, dierlike klanke. Deborah; die vroedvrou, het haar aangemoedig om dit te doen. Dit verlig die pyn en help haar fokus. Yusuf vryf haar rug met albei hande. Sy sit vooroor, kreun diep. Hy vryf lings, dan regs. Sy klap sy hande weg. “Los nou asseblief, jy maak dit erger.” Yusuf staan moedeloos op. Deborah vee Imaan se gesig met ‘n klam lap af. Die pyne kom nou vinnig op mekaar. Soos die golwe van ‘n storm see. Hoog en sterk. Deborah is so besig soos ‘n By. Sy het Hagar aangesê om water te kook. Sy kry skoon lappe bymekaar. “Yusuf, ek dink dit gaan beter wees as jy buite staan. Hierdie kan ‘n morsige gesig word.” Deborah jaag Yusuf vlugtig uit die tent. Sy maak die tentflap vas sodat die wind dit nie oopwaai nie. Yusuf gaan soek skuiling by Amín in die stal. Deborah kyk stip na Imaan. “Dit is tyd. Hierdie baba gaan nóú gebore word. Jy moet saamwerk. As ek sê druk, dan fokus jy ondertoe en druk met alles in jou. Goedso?” Imaan knik net. Sy het nie die krag om te praat nie. Hagar staan nader met die water. “Hagar, help my om haar op haar hurke te kry.” Deborah en Hagar help Imaan op. Sy is uitgeput en staan met moeite op.

Deborah help Imaan afsak op haar hurke. Hagar ondersteun haar met haar hande onder Imaan se arms. Die kraampyne is op hul sterkste. “Ek kan nie.” Hyg Imaan. “Jy kan. Luister net na my stem.” Imaan is in ‘n beswyming van pyn. Sy kyk vir Deborah. “Goed. Een, twee, drie druk.” Imaan fokus ondertoe. Sy druk op haar hardste vir tien tellings. “Haal asem.” Imaan asem in en uit soos Deborah haar lei. “Goed. Een, twee, drie, druk.” Imaan kreun hard. Sy druk met alles in haar. “Die baba kroon. Jy is amper daar! Haal asem.” Imaan voel hoe die drukking van die kraampyne weer oor haar spoel. Sy druk vir ‘n laaste keer. Die baba gly deur. Deborah draai die koord om die baba se nek los. Die baba begin skree. Imaan lag en huil tegelyk. Vreugde oor haar eerste baba. Nadat die nageboorte uitgekom het help Hagar haar tot op die bed. Deborah was die baba versigtig en draai haar toe in skoon lappe. “Baie geluk Imaan. Dit is ‘n dogter.” Imaan neem haar in haar arms. Hagar het vir Yusuf gaan roep. Sy is perfek. Tien vingers en tien tone. Deborah help Imaan om die baba te voed.

Yusuf kom ingestap. Die storm het bedaar. Hy stap nader. Die dowwe olielamp lig skyn op Imaan se gesig. Yusuf gaan kniel langs haar. Hy bekyk die baba van kroon tot toon. “Sy is perfek. ‘n Pragtige dogter. Die Here het ons waarlik geseën.” Deborah stap nader. “Baie geluk. Wat sal haar naam wees?” Yusuf en Imaan kyk na mekaar. Hul antwoord gelyk.

“Deborah.”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s