Volk in ‘n vrou se hand – Deel 3

Debóra staan met haar swaard steeds in haar regterhand. Sy tuur uit oor die slagveld. Die Here het waarlik die geveg in hulle hande oorgegee. ‘n Verlore krul sak onder haar helm uit en kielie haar wang. Die sagte streling herinner haar aan die sagtheid waarmee die teenwoordigheid van haar God haar vul. Die teerheid van sy aanraking.

Abinóam kom  teen die heuwel opgestap. Hy het sy swaard teruggesit in sy gordel. “Vrede Debóra” Sy glimlag. “Dit is inderdaad vrede.” “Die Here het ons verlos uit die greep van Sísera. Hom oorgegee aan die hand van ‘n vrou.” “Waarlik! Die Here is goed.”

Abinóam en  Debóra begin saamsing. Die lofsang van Debóra. Hulle sing oor Die Here. Lofprysing aan Hom. Die berge wankel voor Sy aangesig. Alles wat hul besit is van die Here. Mag die vrou van Heber, Jael, bo alle vroue geseënd wees. Sy het haar hand na die tentpen uitgesteek en haar regterhand na die hamer. Sy hamer Sísera se kop verpletterd. Sy het sy slaap deurboor sodat sy kop verbrysel is. “So moet al u vyande, Here, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag.”

Debóra trek haar wapenrusting uit. Die Here het haar as sterk vrou en regeerder opgerig. Rigter en profeet van die volk. Làppidot kom by hul kamer ingestap. Hy vee haar hare uit haar nek. Soen die holte agter haar oor. Hy streel haar regterarm ligweg. Die fyn haartjies oor haar bo-arms en skouers staan orent.

‘n Paar uur later kom hul uitgestap. “Mamma mamma!” ‘n Klein seuntjie kom aangehardloop. “Joas, my seun.” Debóra tel hom op en lig hom bo haar kop. Sy kielie sy magie totdat hy skaterlag. Làppidot, Debóra en Joas stap die vlaktes in om die sonsondergang van die Here te gaan bewonder.

Na hierdie groot oorwinning het die land van Israel veertig jaar lank gerus.

 

 

 

2 thoughts on “Volk in ‘n vrou se hand – Deel 3

  1. Liefie Boyens sê:

    Hi Sonell,

    Ek hou van die tussenspel; menswees, vroulikheid & ma – kind verhouding.
    Baie mooi!

    Asook die leierskap van Debora! Soms gebruik God vroue, as daar nie mans is om die werk te doen nie. Hoera vir vroue met durf!

    Voorspoed!

    Liefde

    Tannie Liefie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s