Die bliksemstraal – Deel 1

As jy ‘n man vra wat sy storie is, is dit maar ‘n standaard antwoord: “Ek het nie ‘n storie nie.” Maar oom Piet Verwey. Hy, ja hy het nou vir jou ‘n storie gehad.

“Johannes! Johannes! Bring daai melk. Ek moet begin karring voor die weer opsteek.” Ta’ Anna staan met haar volronde lyf aan die ooste kant van die huis. Die karring kontrêpsie op die staander. Sy gaan sit op die handgemaakte driepoot stoeltjie. Daar pas eintlik net een boud op, maar sit, sit sy. Sy roep weer. “Johannes!” Sy het so egte skril gil aan haar. Nes elke ou boerevroutjie, maar as sy eers beginne roep dan moet jy weet. Johannes kom aangedraf met die melkan. Vars uit die ou Jersey se spene. Hy hou sy hoed styf op sy kop en probeer maar nie teveel stort nie. “Daarsy.” Hy sit die kan neer langs ta’ Anna. “Dankie Johannes. Waar is Bessie?” Bessie is die huishulp. Ook maar lekker rond. Al die varsgebakte brood en beskuit elke tweede dag. Die egte plaasbotter en room mik ook reguit vir die heupe. “Bessie is daar by die wasgoed. Hy was daar met die emmer om water te loop haal vir afspoel.” Ta’ Anna knik. “Dankie Johannes. Sê haar sy moet die wasgoed vroegtydig afhaal. Hier kom groot reënt.” Johannes knik en draf in Bessie se rigting. Daar is nie ‘n enkele wolkie of briesie in die lug nie.

Dit is die jaar van die groot droogte. Oom Piet Verwey loop elke dag uit na die lande om te kyk of daar nie dalk al reënt aan te kom is nie, maar niks. Dit is al amper oestyd en nog geen reënt. Oom Piet gaan hurk so op een van sy lande. “Ag Vader. Stuur tog net vir ons so bietjie reënt. Anna gaan by my kla as daar nie meel in die huis is nie. U weet tog hoe kan sy kla as die beskuit opgeraak het.” Hy skep die dorre grond in sy hand en laat val dit tussendeur sy vingers. Daar is nie eens meer een enkele druppel se vog in die grond nie. Doer op die horison sien oom Piet ‘n belofte van wolkies, maar niks meer as net ‘n gedagte nie. Nie eers ‘n enkele briesie nie. Dit is so droog sy tong plak aan sy verhemelte vas.

Oom Piet stap aan huistoe. Hy sien Anna daar hard aan die werk met die karring kontrêpsie. Daar is mos nou niks in die lewe lekkerder as vars plaasbotter op vars plaasbrood nie. Hy moet sommer nog so insmelt soos jy hom smeer. “Anna, jy gaan nog omkap as jy aanhou so in hierdie hitte karring.” Ta’ Anna kyk op. “Ai my man, ek weet mos hoe lief is jy vir vars plaasbotter en daar is lekker vars plaasbrood in die buiteoond.” “Ja nee ou vrou, jy weet ook net hoe om my sag te maak. Daar is nog geen teken van reënt op die lande nie. Dit is dor dor dor.” Ta’ Anna staan op. Hande in haar sye. “Die reënt sal kom. Hy sal kom.”

Wat oom Piet nooit geweet het nie, en hulle is al meer as dertig jaar getroud, is dat Ta’ Anna ‘n neus vir die reënt gehad het. Sy kon dit ‘n maand voor die tyd al begin ruik. Dan, as sy hom eers geruik het begin sy karring. Die mense op die dorp het altyd gesê Ta’ Anna karring die reënt nader.

2 thoughts on “Die bliksemstraal – Deel 1

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s