Die bliksemstraal – Deel 2

Oom Piet Verwey het baie ongeduldig begin raak. Dit is al meer as ‘n jaar en nog geen druppel reënt nie. Sy spaargeld is amper op en die bank wil sy plaas kom eis. Daar het nognie eens een mieliepit op sy plaas gegroei die laaste twee jaar nie. Helfde van die volk moes ander werk loop soek het. Oral hoor hy van boere met rekord oeste, maar nie hy nie. Nee, hy kan nie saampraat nie.

“Anna, jy karring teveel. Jy gaan die beeste leeg melk en dan kan ons nie eens die melk verkoop nie, want dan is daar nie meer nie.” Oom Piet staan neffens ta’ Anna waar sy in die bloedige hitte staan en karring. Sy karring al hoe stadiger. Kou so bietjie aan sy woorde. “Piet. Los my uit. Ten minste kan ek die botter en room verkoop kry.” Oom Piet skud sy kop. “Ja, vir ‘n pennie of twee. Dit gaan nie eens voer kan koop vir die beeste nie.” Ta’ Anna staan regop. Sy vee haar hande aan haar voorskoot af. Haar neus se punt raak raak aan oom Piet sin. Haar warm asem blaas oor sy gesig. Hande in die sye daag sy hom uit. “Piet. Ek had mos nou gesê jy moet vir my uitlos. Anders…” “Anders wat?” Sy begin so vanaf haar borskas, onder haar nek, hoër op oor haar hele gesig rooi word.  Oom Piet se broek bewe, maar hy waag dit tog om te vra. “Anders stuur ek jou om te loop werk soek op die Stander plaas. Had jy my?” Oom Piet bly doodstil staan. Ta’ Anna draai stadig om en  gaan sit weer by die karringkontrêps.

As daar een ding is van oom Piet wat julle nodig het om te weet is dit oor sy trots. Oom Piet was ‘n man van baie trots. Die Stander familie was die rykste in die kontrei. Oom Piet sou eerder deur ‘n bliksemstraal getref word voordat hy by hulle loop werk soek. Daar is selfs sprake dat hulle ‘n dorp wil oprig op hul plaas en dit na hulself wil vernoem? Kan jy jouself indink?

Oom Piet stap oor sy omgeploegde lande. Sy .303 oor sy regterskouer. Hy buk af op sy hurke. Hy bid. “Asseblief Here stuur vir ons reënt. Asseblief.” ‘n Verlore traan rol oor oom Piet se linker wang. Hy vee dit vinnig af, kyk rond of iemand hom gesien het. Daar is nie ‘n asem in sig nie. Dit is asof die Here se oë oor die hele aarde gaan, maar nie oor sy plaas nie. Die grond is uitgedroog. Nie eens onkruid groei daar nie. Oom Piet teken ‘n prentjie in die sand. ‘n Land vol mielies. ‘n Son. ‘n Dorre leë land. Hy stap huis se kant toe. Môre sal hy weer kom. Môre sal hy weer vra.

Johanna het gekook. Die laaste bees is verlede week geslag. Hulle het maar die vleise spaarsamig verdeel en die beendere skoongesny. Kookvleis met aartappels en wortels. ‘n Aartappel en wortel groei mos enige plek. Ta’ Anna is stil. Aan die rondings van haar bolwange kan oom Piet sien sy is nog die horries in. “Anna, ek het weer gevra. Ek het weer gebid vir reënt.” Hy krap in sy bord rond. Skaam oor die gekibbel vanoggend. Ta’ Anna kyk op. Sy sit haar hand op sy moedelose skouer. “Is reg my man. Die reënt. Die reënt sal kom.”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s