Die bliksemstraal – Deel 3

Die maan sit nog hoog. Daar begin ‘n skamele bries te waai. Oor die nagdonker horison kom die wolke van belofte aangedreun. Saggies, soos ‘n trapseutjies. Ta’ Anna draai oor op haar ander sy. Sy vou haar arm om haar geliefde man. “Hoor jy dit Piet?” Piet Verwey grom deur die slaam. “Hoor ek wat?” “Luister.” Fluister ta’ Anna weer in sy oor. Die weer kom nader en dreun weer. Klanke van belofte. Piet gaan sit regop. “Ek hoor! Ek hoor!” Hy hardloop uit op die stoep. In die helder maanlig sien hy die wolke aankom. Hy gaan sit in sy rystoel op die stoep. Die wind begin effe sterker waai, maar dit bring die wolke nader. Piet Verwey glimlag breër met elke dreun.

Die son is besig om te sak oor die plaas. Oom Piet sit steeds op sy stoel. Die wolke het oorgewaai. Hy rook dik wolke aan sy pyp. Nou die enigste belofte van die donderweer oor sy kop. Ta’ Anna kom staan langs hom. “Toemaar my man. Die reënt gaan kom. Ek belowe.” Oom Piet laat sak sy pyp. Skud die agterblyfsels van tabak uit. “Hoe kan jy so iets belowe vrou? Is jy God? Kyk, die droogte het nou alles gevat. Die plaasdam is leeg, die windpomp werk nie meer nie. Al ons veë is geslag. Ons werkers loop soek werk iewers anders. Die Here het ons verlaat. Hoe kan jy reënt belowe?” Ta’ Anna gaan sit langs hom op die bankie langs sy rystoel. Sy stryk haar voorskoot glad met haar hande. “Onthou jy vir Job?” Sy tuur voor haar uit. “Wat het Job hiermee te doen ou vrou?” Sy maak nie oogkontak met hom nie. “Job is van alles ontneem. Sy vrou, sy kinders, sy huis, sy vriende, sy gesondheid. Hy het in sak en as op die ashoop gaan sit. Nadat hy steeds aan die Here getrou was en Hom vertrou het, Het God hom geseën. Ons moet net geduldig wees.” Oom Piet vlieg skielik op. Sy pyp volgestop. Hy probeek die tabak aansteek met bewende hande. “Ek is Piet Verwey. Ek is nie Job nie. Ek sal nie gespot word nie!” Met daardie laaste woorde neem hy sy .303 op en stap die lande in. Ta’ Anna kyk hom agterna. Ja, hy is Piet Verwey. Een wat nou einde ten laaste sy laaste hoop gaan gebruik.

Oom Piet se spore gaan lê diep in die dorre sand grond. Hy stap tot in die middel van die omgeploegde land. Hy trek ‘n streep in die sand voor hom met die punt van sy geweer. Die son brand nog warm in die skemer agter hom. Die sweet rol vanaf sy voorkop oor sy wange soos diamante. Hy steek sy geweer op na die hemele en begin praat. “Ek is Piet Verwey. My plaas is dor. My veë is als uitgewis. My lande is onvrugbaar. Die bank soek my bloed. Ek smeek nou al byna twee jaar vir reënt, maar niks.” Hy staan met sy geweer gepunt na bo. Daar is geen wolk in die lug. Geen wind wat waai. Geen gedruis nie. Net een…. Een bliksemstraal. Hy tref Piet verwey reg by sy derde oog. Een harde knal. Sy voetspore bly agter, selfs ‘n holtetjie waar sy elmboog die grond getref het met die ruk slag, maar geen oom Piet. Geen Piet Verwey.

Ta’ Anna sit op die stoep. Sy tuur uit oor die vlaktes. Dan hoor sy die harde slag! Sy besef Piet het met sy .303 die lande ingestap. Voor sy haarself kan keer dra haar bene haar tot by die plek waar oom Piet gestaan het. Sy sien net die plekke waar hy gestaan het met sy swaar leerskoene en die plek waar sy elmboog getref het. Geen Piet.

Daar was baie stories rondom die dag se tragedie. Baie het gesê hy was soos Elia of is dit nou Elisa die hemele opgeneem nes hy is, sonder dat hy doodgegaan het. Ander het weer gesê hy het homself gedisintegreer met sy geweer, maar die waarheid het uitgekom en is die plek van alle verskuilde geheimenisse ontbloot. Ta’ Anna het aangebly op die plaas. Sy het aanhou vertrou en het die daaropvolgende jaar ‘n rekord oes gehad in die streek.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s