Die verfkwas – Deel 2

Lydia gooi haar handsak op die rusbank van haar hotelkamer neer. Die vermetelheid! Hoe durf hy haar nog nooi vir ontbyt. Na alles. Na alles wat hy aan haar gedoen het? Lydia gaan sit op die voetenend van die bed met haar elmboë op haar knieë en haar vingers verstrengel deur haar hare. Haar selfoon lui. Sy weet dit is Pieter. Hy wil seker weet waarom sy nie opgedaag het vir die na-vertoningparty nie. Hy kan gaan doppies blaas. 

Pieter staan buite die teater. Die winterlug knyp die punt van sy neus. “Tel op. Tel op jou foon.” Hy staan met sy linker arm in sy jas se sak. Sy serp is knus om sy nek, maar daar is ‘n koue in hom wat net nie wil wyk nie. Lydia is so hardkoppig. Fyngevoelig en oorsensitief. Nes dit ‘n aktrise betaam… Sy ignoreer hom meskien nou, maar sy gaan môre mooi verduidelik. Hy sal seker maak daarvan. 

Die warm water van die stort rol oor Lydia se wange. Haar grimering word weggewas deur haar trane. Sy het met die oopdraai van die krane begin huil en nog gladnie opgehou nie. Haar geheue herroep die boodskap wat sy op Pieter se foon gelees het.

Sien ons mekaar vanaand? Jou plek of myne? 

Sandra

Die blote gedagte dryf haar tot raserny. Hoe kon hy? Wie is Sandra? Hoe lank gaan dit al aan? Lydia staan op. Sy skink ‘n whisky om haar senuwees te kalmeer. Haar selfoon lui weer. Pieter. 

“Meneer, Ons wil graag die kroeg en kombuis sluit. Wou u dalk nog iets gehad het?” Pieter verdaag die kelner met ‘n handgebaar. Hy druk die foon ergelik dood. Waaroor kon sy so ontsteld wees? Hy weet sy is oorsensitief en emosioneel, maar om so op te tree? Lydia het nog nooit ‘n na-vertoningsparty gemis nie. Daar kom ‘n boodskap deur op Pieter se foon.

Niks van jou gehoor nie. Wanneer kan ons mekaar weer sien? Ek het ‘n oulike idee.

Sandra

Pieter bel Sandra terug. ‘n Rasper stem antwoord. “Hi daar!” Sy antwoord opgewonde met ‘n glimlag in haar stem. “Hallo. Ek het vergeet van ons na-vertoning party  vanaand. Jammer daaroor. Kan ek nou oorkom?” Sandra glimlag hoorbaar. “Jy is meer as welkom.” 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s