Die verfkwas – Deel 3

Pieter stop met sy nuwe sportsmotor voor die vyf ster hotel op Hansenstraat. Hy hoop Lydia is al gereed. Hy het spesifiek vyftien minute laat gekom om haar genoeg tyd te gee om haarself gereed te kry. Sy foon lui. “van Staden.” Sy stem is diep en formeel. “Hallo vir jou ook.” Lag die stem aan die anderkant. “Ekskuus. Goed om van jou te hoor Sandra. Gisteraand was aangenaam.” “Dit was ja. Ons maak ‘n goeie span. Kan ons vanaand weer bymekaar kom?” “Ek sal ‘n paar toutjies moet trek, maar vir jou maak ek altyd tyd.” “Nou goed. Jou plek of myne?” “Jou plek is beter. Ek is bang Lydia kom daar aan.” “Kan nie wag nie!” “Ek ook nie.” Pieter is kort van asem. Sandra het ‘n manier om hom opgewonde te kry met haar gewone hallo. 

Lydia smeer haar lippe bloedrooi. Haar lang rooi lokke val oor haar skouers. Sy het nie veel geslaap nie. Die grimering het die sakke onder haar oë verbloem. Sy het haarself reggeruk en gaan Pieter vierkantig in die oë kyk. Die bul by die horings pak en hy moenie eens dink daaraan om haar van plan te laat verander nie. Daar is ‘n klop aan die deur. Lydia gaan staan vir oulaas voor die vollengte spieël. Trek haar bloes reg en asem diep in en stadig uit deur getuite lippe. Haar rooi lippe gee haar moed vir die dag. Sy stap na die deur en maak oop. Pieter staan uitgevat in ‘n perfekte pak. Perfek gemaak vir sy liggaam. Die blote aanskouing van sy breë skouers maak haar lighoofdig. “Is jy gereed?” Sy glimlag. “Vir jou. Altyd.” 

Die restaurant is stil. Sagte klavier musiek speel in die agtergrond. Pieter bestel vir hul elkeen koffie. Lydia tuur by die venster uit. Die dag is bewolk en koel buite. Die kaggel in die hoek van die restaurant voorsien van genoeg hitte vir die vertrek. “Hoe het jy geslaap?” Pieter se stem is sag. “Nie goed nie. Ek het ‘n migraine ontwikkel.” “Waar was jy gisteraand?” “Ek sê mos ek het ‘n migraine ontwikkel. Ek was in my hotelkamer. Waar was jý?” ‘n Suggestiewe boodskap oor haar bevinding. “Ek was by die na-vertoningparty.” “En daarna?” “‘n Vergadering.” Pieter kyk weg. Lydia probeer sy gesiguitdrukking plaas. “Ag weet jy. Jy kan gaan doppies blaas. Ek weet waar jy gisteraand was!”. Lydia staan op. Neem haar handsak in haar hande en kies koers na die uitgang. Pieter hardloop agterna. “Lydia wag.” Sy swaai om. Haar oë is donker en die trane vlak. “Wag? Wag vir wat Pieter? Wag vir die volgende rol. Wag vir jou oproep. Wag vir jou om op te daag. Wag vir jou en Sandra.” Sy storm uit. Pieter gaan sit by ‘n nabye tafel. Sy hande saamgeklem. Hy kyk na haar waar sy in die straat af drafstap en by ‘n boetiek ingaan. Selfterapie. Sy kredietkaart gaan weer seerkry. 

Sandra sit die ketel aan. Haar kort blonde hare is nat en sy los dit sommer om self droog te word. Sy het ‘n slordige sweetpakbroek aan en haar verfhemp is uitgerek om haar nek. Sy druk die voorbeeld van die projek. Dit sal fantasties wees in soliede goud met sagte hare aan die punt. ‘n Meesterstuk. Pieter klop aan haar woonstel deur. “Binne.” Hy stap in. “Goeie naand.” “Hi. Ek het goeie nuus! Die voorbeeld is gereed.” Sy gee die gedrukte foto vir Pieter. Pieter bestudeer die voorbeeld. “Ek hou daarvan. Sal ons dit op eikehout laat lê?” “Dit sal perfek wees. Koffie?” “Hm,” Pieter is ingedagte. Sandra het ‘n meesterstuk aanmekaar gesit. Lydia gaan mal wees hieroor. Nou om haar te oortuig dat hy nie ‘n verhouding het met Sandra nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s