Ek is nie skaam om te sê dat ek my grootste emosionele vrese en seer vierkantig in die gesig moes staar die jaar wat verby is nie. Daar is soveel issues waarmee ek moes klaarspeel hierdie jaar. Die afgelope week met dinge wat in my kinderjare gebeur het. Maar waarom alles so op een slag … Lees meer Groei ten spyte van die seer.
Maand: Desember 2016
Tien strawwe – Deel 6
Daar heers 'n oorverdownde klank oor die hele Egipte. Die sprinkane het soos 'n swart wolk uit die Ooste van die land gekom en op elke moontlike plek oor die hele land gaan sit. Vroue en kinders gil terwyl die mans die kos probeer red wat oorgebly het na die Hael en vuur. Die sprinkane … Lees meer Tien strawwe – Deel 6
Tien strawwe – Deel 5
Farao staan weer op die bank van die Nyl rivier wat verby sy paleis vloei. Kort kort waai hy 'n steekvlieg weg. Hy het 'n kort sweep van leerstukkies laat weef om die vlieë te probeer wegwaai soos die beeste met hul sterte doen. Hy het vir Moses en Aäron laat roep. Hierdie plae is … Lees meer Tien strawwe – Deel 5
Tien Strawwe – Deel 4
"Farao! Farao!" Farao hoor 'n skerp en skril stem. Dit kan net een persoon wees. Sy vrou Naftalí. Farao staan op die balkon van die paleis en uitkyk oor die woedende Egipte. Naftalí bars by die uitkyk vertrek in. Farao probeer wegkruip maar hy gril so erg vir die paddas wat skielik van die skrik vir Naftalí … Lees meer Tien Strawwe – Deel 4
Tien Strawwe – Deel 3
Dit is nog donker toe Moses en Aäron opstaan. Hulle gaan vandag wèèr na Farao. "Moses, jy is al tagtig en ek drie en tagtig. Waarom is jy so aanhoudend? Farao gaan mos nooit die volk laat gaan nie." Aäron begin twyfel. Hy tuur by die venster uit terwyl Miriam hul kossak pak. Moses stap … Lees meer Tien Strawwe – Deel 3
Tien strawwe – Deel 2
Moses en Aäron word by Farao se troonkamer ingelei. Die hoë pilare en hirogliewe mure is steeds baie bekend aan Moses. Die reuk van wierook en geofferde vleis hang swaar in die paleis en bring vele herinneringe aan Moses terug. Hy kom tot stilstand voor Farao. "Moses. My lang verlore broer van Egipte. Waaraan het … Lees meer Tien strawwe – Deel 2