Tien Strawwe – Deel 4

“Farao! Farao!” Farao hoor ‘n skerp en skril stem. Dit kan net een persoon wees. Sy vrou Naftalí. Farao staan op die balkon van die paleis en uitkyk oor die woedende Egipte. Naftalí bars by die uitkyk vertrek in. Farao probeer wegkruip maar hy gril so erg vir die paddas wat skielik van die skrik vir Naftalí teen hom opspring, dat hy self bokspring by die vertrek in. Hy gril van oor tot toon en skud die paddas van hom af. Naftalí gaan staan met haar hande in haar sye voor hom. “Farao, ek sê nou vir jou. Hierdie padda pes is jou skuld. Laat roep vir Moses sodat hy die paddas kan laat weggaan. Anders…” Farao is te bang om te vra. Hy stem in. Sy het nie gesê hy moet die volk laat trek nie. Sy het net gesê hy moet vra dat Moses die paddas wegkry.

Moses en Aäron stap by die troonkamer in. Teen die tyd is dit nie meer nodig vir bekendstelling nie. Die wagte is te bang om hul monde oop te maak. Hul elkeen het al ‘n ondervinding gehad met ‘n glibberige padda wat by hul mond onverwags inspring. Hulle gaan staan voor Farao. “Jy het ons laat roep Farao.” Aäron praat met autoriteit. “Bid asseblief dat ons kan ontslae raak van hierdie plaag. As jy dit vir my doen sal ek die volk laat gaan.” Moses is so verras dat hy self vir Farao antwoord. “Hoelaat wil jy hê moet ons dit doen?” “Teen môre asseblief.” “Nou maar goed. Ons sal dit so doen. Hierdeur sal jy dan ook weet dat daar net een God is.”

Moses is weer in sy binnekamer. Daar waar hy gereeld die Here ontmoet. Hy vra die lewende God om die Egiptenare te verlos van die plaag paddas. Sodat die volk kan trek. Die Here het Moses se gebed verhoor en die paddas het skielik gevrek. Oral in die pad en in die huise en veld was dooie paddas. Die Egiptenare het dit by die hope bymekaargemaak en die land het verskriklik gestink daarvan.

Toe Farao sien dat die paddas weg is het hy weer sy hart verhard en die volk weer nie laat gaan nie. Moses het die Here se aangesig weereens gaan soek. Hy was moedeloos. “Wat moet ek doen Here? Die volk is kwaad vir my en Aäron.” Toe gee die Here aan Moses die volgende instruksies. “Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.” Aäron het so gemaak. Die hele Egipteland was deurtrek met muskiete. Oral waar die Egiptenare beweeg het, het die muskiete hul gesteek. Farao het sy towenaars laat roep en aangesê om dieselfde te doen, maar tevergeefs. Hulle het erken dat dit net ‘n ware God is wat dit kon doen. Die hele Egipteland het aan Farao se deur geklop. Kreunend en woedend vir die muskiete plaag.  Maar Farao se hart was verhard en wou hy nie die volk laat trek nie.

Vroeg die volgende oggend het Moses homself gereed gemaak. Farao het afgestap na die water toe en Moses het hom daar ontmoet. Die gezoem van die muskiete was baie hard en moes hul harder praat om mekaar te hoor. Farao se slawe staan nader om die muskiete weg te waai met groot vere waaiers. “Farao, laat die volk gaan sodat hulle die lewende God kan dien. As jy hulle nie laat gaan nie sal Hy steekvlieë stuur. Dit sal oral in Egipte wees. Dit sal selfs op die grond wees waarop julle loop, maar in die land Gosen waar die volk bly sal daar geen steekvlieë wees nie sodat jy kan weet daar is net een God.” Farao het steeds sy hart verhard en geweier om die volk te laat gaan.

Dou voor dag die volgende oggend het groot swerms steekvlieë Egipte getref. Oral in Egipte was daar vlieë, maarnie in die land Gosen waar die volk van die Here gebly het nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s