Tien strawwe – Deel 6

Daar heers ‘n oorverdownde klank oor die hele Egipte. Die sprinkane het soos ‘n swart wolk uit die Ooste van die land gekom en op elke moontlike plek oor die hele land gaan sit. Vroue en kinders gil terwyl die mans die kos probeer red wat oorgebly het na die Hael en vuur. Die sprinkane verteer alles… Selfs die bome…

Farao haal sy hooftooisel af en laat roep weer vir Moses en Aäron. Moses stap voor Aäron by die troonkamer in. Farao lyk onbekend sonder sy hooftooisel. Net sy kaalgeskeerde kop weerkaats in die blink son wat oor hom skyn. Die sprinkane beweeg weg om die areas waarin Moses en Aäron loop. Farao stap nader. “Ek het gesondig teenoor die Here. Vergewe my asseblief en vra die Here om die plaag van sprinkane weg te neem.” Moses en Aäron gaan staan neffens Farao. “Dit is goedso, maar dan moet jy die volk laat trek. Moses het die Here gevra om die sprinkane weg te neem en ‘n sterk wind uit die weste het opgekom en die sprinkane weggewaai tot in die skelfsee. Alles en almal oor Egipte het bedaar. Farao se hart het weer hard geword. “dankie Moses, maar die volk sal nie trek nie.”

Daardie nag in Moses se binnekamer het die Here hom beveel om weer sy staf oor die hele Egipteland uit te steek. moses was gehoorsaam en daar het ‘n digte donker nag oor Egipte gedaal. So donker dat die een die ander een nie eens kon sien nie, maar in die gedeelte waar die volk gebly het was daar lig. Baie Egiptenare het net op die plek bly sit waar hul was toe die donkerte neergedaal het. Naftalí en Farao se oudste seun wag stilleweg in hul kamer. Farao kom ingestap. Hy het ‘n lamp by hom, maar die donkerte is so erg dat nie eers die lig van die lamp dit kan verdrywe nie. “Farao,” Naftalí smeek by hom. “Laat die Israeliete gaan. Ons sal weer herbou.”

Drie dae later het die donkerte oor die land weer gelig. Farao het weer na Moses laat roep. Moses en Aäron was steeds vasberade en sterk in hul geloof. Hul het met autoriteit na die troonkamer van farao gestap. “Jy het ons laat roep?” Farao probeer sien waar hul staan, maar kan nie eens sy eie neus sien nie. “Die volk mag trek, maar die skape, beeste en kleinvee mag nie saamgaan nie.” Moses tik met sy staf op die marmervloer van die paleis. “Nee, ek kan dit nie aanvaar nie. Wat moet ons dan aan ons God, die God van die Hebreërs offer?” Farao raak meteens kwaad. “Gaan weg van my af! Pas op dat jy my nie weer kom sien nie, want as jy weer kom sal jy sterf!” Moses staar Farao stu aan. “Jy is reg Farao, jy sal my nie weer sien nie.” Farao weet nie of dit ‘n dreigement of waarskuwing is nie. Dalk is dit net ‘n instemming om op te hou vra dat die volk moet trek… Farao se seun hardloop in na hom toe en spring is sy arms. “Jy het hulle gewys pappa.” Farao lag hardop en speel met sy seun.

Daardie nag maak die Here dit aan Moses bekend dat Hy nog net een plaag oor die hele Egipteland sal uitstuur, maar eers moet die volk van die Here wag tot die veertiende dag van die maand. Hierdie maand sal die eerste maand wees van die jaar vir die volk. Elke gesin moet ‘n jaaroud rammetjie hê van die skape of van die bokke. Julle moet hom slag op die veertiende dag teen die aand en die bloed moet julle aan jul deurposte smeer en ook die drumpel van die deur. Die vleis moet oor die vuur gebraai wees met bitter kruie. Die volk moet dit met ongesuurde brode eet. Alles moet gebraai word en geëet word. Julle moet dit eet met jul skoene aan jul voete, staf in die hand en heupe omgord. Dit is die pasga vir die Here.

Daardie nag het die Here deur die Hele Egipteland getrek. Hy het elke eersgeborene van die Egiptenaars mens en dier om die lewe gebring.

Vroeg die volgende môre het die geween van manne en vroue in Egipte opgekom saam met die son. Farao se voetstappe weergalm deur die paleis soos Naftalí skree en roep na hul eersgebore seun wat nou slap in haar arms lê. Farao het by die kamer ingestorm. “Waarlik! Die God van Abraham, Isak en Jakob is die ware God!” Sy geroep en geween het saam ander die lug opgegaan.

Moses en Aäron het hul pakdonkies en vee bymekaargemaak. Die hele Israel het uit hul huise gekom ook met hul eie goedere, diere, en kleinvee. Moses het sy staf in die lug gesteek as teken dat die uittog it Egipte begin. Die volk het lofdiedere gesing en gejuig tot die almagtige god wat oorwin het oor Egipte.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s