Groei ten spyte van die seer.

Ek is nie skaam om te sê dat ek my grootste emosionele vrese en seer vierkantig in die gesig moes staar die jaar wat verby is nie. 

Daar is soveel issues waarmee ek moes klaarspeel hierdie jaar. Die afgelope week met dinge wat in my kinderjare gebeur het. Maar waarom alles so op een slag hierdie jaar? 

Sodat ek volwasse genoeg kan wees om dit wat kom te hanteer.

Sodat ek ander wat deur dieselfde gaan kan wys: “Jy gaan ok wees. Jy gaan oorleef.”

Ek dink nie daar was al ooit ‘n tyd in my lewe waar ek so hard gebid het dat Jesus fisies aan my moet verskyn sodat ek net teen Sy bors kan lê en antwoorde kry op al die vrae nie. Maar, dit werk nie so nie. Ek kan wél tyd in Sy teenwoordigheid spandeer deur die Heilige Gees en ek kan ook antwoorde kry wanneer Hy in my gees spreek. Hy plaas ook mense in ons lewens om vir ons in te tree wanneer ons dit die nodigste het. Wonderlik né? 🙂 

Hierdie jaar het my geleer, al voel ek eensaam en verwerp sal my Koning my altyd aanvaar en nooit verlaat nie.

Wanneer jy vergewe en ook omverskoning vra maak dit jouself en ook die ander persoon vry. 

Verhoudings (alle tipes) kom van albei kante af, maar die hoeveelheid wat die ander persoon insit in die verhouding moenie jou hoeveelheid beïnvloed nie. Gee altyd meer as wat van jou verwag word en doen dit met liefde.

Jou verlede bepaal nie jou posisie by God nie. Sy genade is genoeg vir jou en elke dag nuut. 

Ek het my liefde vir skryf herontdek en ‘n boek geskryf. Ook ‘n hele paar kortverhale. 🙂 

Ek het my vrees om voor mense te praat oorkom d.m.v die vlogs en ‘live’ sessies. Nou mag julle my maar bespreek vir julle funksies vir 2017. 😉 Haha!

Groei ten spyte van die seer…

Wanneer jy ‘n kind is en groei kry ons iets genaamd groeipyne. Dit gebeur ook in ons volwasse lewe, maar is nie fisies nie. Dit is emosioneel en geestelik. Dit maak seer. Jou vlak van geloof en deursettingsvermoë sal bepaal wat die uiteinde daarvan sal wees. Gaan jy groei of gaan jy eerder verlep? Ek het voor die vraag gestaan: Die lewe of die dood? (Dit is nou geestelik bedoel) Ek het die lewe gekies omdat ‘n ewigheid sonder my Jesus vir my angswekkend is. Ek het Hom te lief om te laat gaan en Hy het my te lief om my te los soos ek is. Die gevolg is dan dat ek moes vasbyt en deurdruk. Besluit of my verlede my gaan definieer of nie. Besluit om die droom wat in my hart geplaas is in te haal en daarmee te hardloop. 

Daar is nog so baie wat ek kan sê oor die afgelope 2016, maar ek is die Here ewig dankbaar dat Hy my gedra het deur elke situasie. As ek nou terugkyk na die mees eensaamste jaar in my lewe kan ek met sekerheid sê ek was nie alleen nie. 

Ek is dankbaar vanaand vir elke liewe persoon wat wysheid in my lewe ingespreek het. Elke liewe nuwe leser van Suid Afrika tot in Egipte, die VSA, Israel, Indië… Die lys gaan aan en aan. Baie dankie dat jul my inskrywings lees. Ek glo 2017 hou groot en nuwe dinge in. Julle sal eerste weet wanneer die boek sal uitkom. Dit gaan my verstand te bowe dat die leser tal hierdie jaar gestyg het met 1,709 nuwe lesers! Waar ons verlede jaar op 1,857 vir die jaar ge-eindig het staan ons vanaand op 3,566 lesers vir 2016! Ek is julle ewig dankbaar. Dit is bloot bewyse dat wanneer jy in die rigting beweeg waar God jou wil hê en getrou is aan Hom stort Hy sy seën oor jou uit. 

Mag 2017 net groot dinge vir jou inhou. Mag jy van krag tot krag gaan. Mag Sy ryke seën swaar op jou lewe rus. 

Tot volgende jaar (week 😉 )

Toodles! 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s